WOON EN WANDEL DEUR DIE WOORD
Genesis 28:10-19a en Psalm 139:1-12, 23
24; Jesaja 44:6-8 en Psalm 86:11-17;
Romeine 8:12-25; Matteus 13:24-30, 36-43

GEBEDSKERS
Here, omvou ons geliefde bejaardes
vandag met u liefde, vrede en krag. Amen.
SONDAG, 19 JULIE (GEEN KATEGESE)
BAIE WELKOM BY DIE EREDIENS!
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Huis Wittekruin
• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens -Prediker: Ds Koos Greeff
• 10:00 Geen Teedrinkgeleentheid na die erediens
DINSDAG 21 JULIE (SKOLE HEROPEN)
SONDAG, 26 JULIE (KINDERDIENS)
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Arbeidsbediening Plaaslik
• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Pinkster -Prediker: Ds Brits Janse van Rensburg
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal na die erediens – Kom kuier gesellig saam!
KATEGESE
→ Kleuters tot by gr. 3 bly in die kerk en het nie kategese nie
→ Die gr. 4’s – 11’s woon die erediens soos gewoonlik by en het darna
kategese
BESOEKERS
Welkom in ons gemeente. Mag jy vandag God se vrede, liefde en teenwoordigheid op ’n besondere manier beleef. Ons is dankbaar dat jy saam met ons kom aanbid.
GEBED
Kan ons saam met jou bid?
Stuur jou gebedsversoek (anoniem of met jou naam) per WhatsApp na: 082 256 6669.
Alle versoeke word streng vertroulik hanteer.
Indien jy graag deel wil wees van ons gebedsbediening, stuur asseblief jou naam en nommer met die woord “medegelowige”.
SENIOR LIDMATE
HERFSGENOTE – 30 JULIE
Ons senior volwassenes vergader op 30 Julie om 10:00 in die Die Ou Waenhuis. Tydens dié geleentheid kom Akkerdyk se senior volwassenes saam met ons BINGO speel! Bring asb ’n pen saam. Moenie hierdie prettige saamkuier oggend misloop nie! Alle pensioenarisse – mans en dames – word vriendelik daarheen uitgenooi! Vir meer inligting kontak gerus vir Suselna by 083 232 4163.
Bevestig asb. voor die tyd jou teenwoordigheid by dié geleentheid sodat ons kan weet vir hoeveel persone om voor te berei.
BARMHARTIGHEID
Brood en blikkie-projek: Ons gemeente ondersteun maandeliks ’n projek saam met Badisa deur ± 50 papiersakke met brood en proteïenryke kos te voorsien.
Skenkings van blikkies kan in die boksies by die kerkdeure geplaas word. Kom ons help om die nood te verlig waar dit waarlik nodig is.
Huis Wittekruin wegneem-etes: Huis Wittekruin verskaf heerlike wegneemetes:
- Maandag tot Vrydag teen R50 ’n ete.
- Woensdae se ete sluit nagereg in en kos dan R55. Kontak hulle gerus by 022 713 2230/9.
EIENDOMME BEDIENING VRA HULP
Ons Eiendomme Bediening bestaan tans uit slegs twee lede wat verantwoordelik is vir die beplanning, koördinering en ondersteuning van die instandhouding van ons gemeente se geboue, terrein en tuine.
Hoewel Christo Bouwer die dag-tot-dag instandhouding hanteer en reël, is daar steeds baie ander take waarby die bediening betrokke is.
Indien jy kennis, ervaring of ’n hart het om te help met geboue, terrein of algemene instandhouding, nooi ons jou graag om deel te word van die span.
Kontak gerus die Kerkkantoor of Frikkie van der Merwe by 083 298 7638.
WORD DEEL VAN ONS ONDERSTEUNINGSPAN VIR NAASBETAANDES
Wanneer ‘n geliefde sterf, ervaar families dikwels nie net emosionele verlies nie, maar word hulle ook gekonfronteer met verskeie praktiese en administratiewe uitdagings. Ons gemeente wil graag ‘n ondersteuningspan saamstel wat families in hierdie moeilike tyd kan bystaan en begelei.
Ons nooi lidmate met ‘n hart vir mense en diens uit om deel van hierdie bediening te word. Opleiding en begeleiding sal verskaf word.
Kontak asseblief die kerkkantoor indien u meer inligting verlang of betrokke wil raak.
Indien jy belangstel om deel van hierdie span te word, kontak asseblief die kerkkantoor of Annari Engelbrecht by 083313 5514.
“Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus.”
– Galasiërs 6:2
Leer weer vlieg!
Gefrustreerd in jou berading?
Help mense om uit die kokon te kom en weer te kan vlieg!
Kom leer uiters bruikbare tegnieke om jou te help in berading en lewensbegeleiding, veral met die fokus op trauma-hantering.
TRAUMATIC INCIDENT REDUCTION (WERKSESSIE)
Die kursus is deel van Applied Metapsychology International se materiaal.
Datum: 4 Saterdae: 22 en 29 Augustus; 5 en 12 September om 08:00-17:00
Plek: NG Gemeente Vredenburg
Punte wat verwerf kan word: VBO 30 (NG Predikante)
Aanbieder: Ds. Petri Coetzee (Geakkrediteerde opleier by TIRA International)
Koste: R5 000, sluit lisensiegeld, boek, verversings en een jaar se lidmaatskap by TIRA
en TIRA-SA in.
GETUIENISSE:
“Hierdie kursus het my bekeer van allerhande ander tegnieke wat nie regtig help en die probleem aanspreek nie.”
“Vir die eerste keer voel dit of ek regtig mense kan help as predikant”
“Ek het geleer trauma is die wortel van baie gedragsprobleme in ons lidmate en nou kan ek hulle help!”
“My hele pastorale aanslag het verander. Ek is so opgewonde om meer te kan doen as net ʼn Bybelvers gee en bid.”
“As maatskaplike werker is dit die tegniek wat ek seker die meeste gebruik om stukkende mense op te tel.”
“As sielkundige gebruik ek net TIRA vir ongeveer 85% van die gevalle waarmee ek werk. Dit het my praktyk verander”
KONTAK:
Ds. Petri Coetzee by 084 207 3508, of p3coetzee@icloud.com vir verdere
besonderhede en ’n inskrywingsvorm.
LIDMAATSKAPBEWYSE
Vanaf Doringkloof: Hendrina H.A. MANS (nou BOTHA)

VERJAARSDAE EN LIEF EN LEED
Baie geluk en seënwense aan almal wat in die volgende week verjaar
19 Julie Pieter Jonck, Jolina van Zyl, Jaco Carstens, Adéle van Schalkwyk,
Minette Stofberg, Zilke Dames
20 Julie Sakkie Joubert, Jeanette de Waal, Monick Basson, Johan Lindeque
21 Julie Victor Aylward, Christiaan Marais, Carin la Grange
22 Julie Marni Maritz, Krappie Smith, Henda Steenkamp, Johan Steyn, Junius Minnaar, Dané Engel
23 Julie Johan Coetzee (Klipfonteinstraat), Joe Bock, Sebastian Dicks, Albert van Nieuwenhuizen, Caro Carstens, Renier Basson
24 Julie Marietjie Bal, Emil Visagé, Pieter Truter, Lienka Nieuwoudt, Suzette Janse van Rensburg
25 Julie Nico du Toit, Antjie Hugo, Kotie Nauschutz, Ohna Pienaar, Francois Esterhuizen, Luan Coetzee, Ella Cameron, Liana Lennox
* Ons vra asb voorbidding vir lidmate en hulle gesinne / families wat worstel met siekte en ander buitengewone uitdagings.
* Ons loof en prys die Here vir getuienisse van verhoorde gebede.
* Ons dink met leedwese aan diegene wat in die afgelope tyd ‘n geliefde aan die dood afgestaan het.