WOON EN WANDEL DEUR DIE WOORD
Genesis 29:15-28 en Psalm 105:1-11, 45b of Psalm 128;
1 Konings 3:5-12 en Psalm 119:129-136; Romeine 8:26-39;
Matteus 13:31-33, 44-52

GEBEDSKERS
Hemelse Vader, seën ons met wysheid, liefde en krag
om u lig en hoop in elke werkplek uit te dra. Amen.
SONDAG, 26 JULIE (KINDERDIENS)
BAIE WELKOM BY DIE EREDIENS!
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Arbeidsbediening Plaaslik
• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens -Prediker: Ds Brits Janse van Resnburg
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal na die erediens
Kom kuier gesellig saam!
SONDAG, 2 AUGUSTUS
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Arbeidsbediening Sinodaal
• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Pinkster -Prediker: Ds Brits Janse van Rensburg
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal na die erediens – Kom kuier gesellig saam!
KATEGESE
Kleuterkerk (4 jaar tot graad R) en graad
1-3 woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag daarna na hul lokale:
→ 4 jaar tot graad R: in die Waenhuis
→ Graad 1: in die Kerksentrum (Moria)
→ Graad 2: in die Stalle en Kerksentrum (Ararat)
→ Graad 3: Kerksentrum (Karmel)
→ Graad 4-11 woon die erediens soos gewoonlik by en het kategese ná die diens.
BESOEKERS
Welkom in ons gemeente. Mag jy vandag God se vrede, liefde en teenwoordigheid op ’n besondere manier beleef. Ons is dankbaar dat jy saam met ons kom aanbid.
GEBED
Kan ons saam met jou bid?
Stuur jou gebedsversoek (anoniem of met jou naam) per WhatsApp na: 082 256 6669.
Alle versoeke word streng vertroulik hanteer.
Indien jy graag deel wil wees van ons gebedsbediening, stuur asseblief jou naam en nommer met die woord “medegelowige”.
SENIOR LIDMATE
HERFSGENOTE – 30 JULIE
Ons senior volwassenes vergader op 30 Julie om 10:00 in die Die Ou Waenhuis. Tydens dié geleentheid kom Akkerdyk se senior volwassenes saam met ons BINGO speel! Bring asb ’n pen saam. Moenie hierdie prettige saamkuier oggend misloop nie! Alle pensioenarisse – mans en dames – word vriendelik daarheen uitgenooi! Vir meer inligting kontak gerus vir Suselna by 083 232 4163.
Bevestig asb. voor die tyd jou teenwoordigheid by dié geleentheid sodat ons kan weet vir hoeveel persone om voor te berei.
BARMHARTIGHEID
Brood en blikkie-projek: Ons gemeente ondersteun maandeliks ’n projek saam met Badisa deur ± 50 papiersakke met brood en proteïenryke kos te voorsien.
Skenkings van blikkies kan in die boksies by die kerkdeure geplaas word. Kom ons help om die nood te verlig waar dit waarlik nodig is.
Huis Wittekruin wegneem-etes: Huis Wittekruin verskaf heerlike wegneemetes:
- Maandag tot Vrydag teen R50 ’n ete.
- Woensdae se ete sluit nagereg in en kos dan R55. Kontak hulle gerus by 022 713 2230/9.
GELOOF DEUR GEHOOR BYBELPROJEK
Die kategeseskool maak weer vanjaar, tydens Augustus, geld bymekaar vir Bybels. Ons ondersteun vanjaar die werk van FEBA Radio, (Far East Broadcasting Association) spesifiek in Tsjad in Noord-Sentraal Afrika. ’n Groot hoeveelheid van die inwoners is arm en ongeletterd en kan dus nie gedrukte Bybels lees nie. Daarom versprei FEBA Radio die Goeie Nuus d.m.v. oudio-Bybels en radio’s. D.m.v. een oudio-Bybel kan ’n hele familie die Woord hoor en getransformeer word daardeur. ‘n Oudio-Bybel kos R450.
Ons mikpunt is om ten minste 40 oudio-Bybels te borg, d.w.s. R18 000 in te samel. Ons maak staat op elkeen in die gemeente se ondersteuning van dié verdienstelike projek! Bydraes wat in die kollektesakkie geplaas word, moet asb. duidelik gemerk wees: BYBELPROJEK.
BLY OP HOOGTE – VOLG ONS WHATSAPP KANAAL!
Wil jy graag op ’n eenvoudige en vinnige manier ingelig bly oor alles wat in ons gemeente gebeur? Volg dan ons NG Kerk Moedergemeente Vredenburg se WhatsApp-kanaal!
Op die kanaal deel ons belangrike kennisgewings, nuus, geleenthede, boodskappe en ander gemeente-inligting. Dit is ‘n maklike manier om op hoogte te bly – sonder dat jou selfoon deur onnodige boodskappe oorlaai word.
Om aan te sluit is maklik en heeltemal gratis. Skandeer die QR-kode, maak die kanaal oop en onthou om op “Follow” te druk.
Moenie iets misloop nie – volg vandag nog ons WhatsApp-kanaal en bly deel van wat in ons gemeente gebeur!

WORD DEEL VAN ONS ONDERSTEUNINGSPAN VIR NAASBETAANDES
Wanneer ‘n geliefde sterf, ervaar families dikwels nie net emosionele verlies nie, maar word hulle ook gekonfronteer met verskeie praktiese en administratiewe uitdagings. Ons gemeente wil graag ‘n ondersteuningspan saamstel wat families in hierdie moeilike tyd kan bystaan en begelei.
Ons nooi lidmate met ‘n hart vir mense en diens uit om deel van hierdie bediening te word. Opleiding en begeleiding sal verskaf word.
Kontak asseblief die kerkkantoor indien u meer inligting verlang of betrokke wil raak.
Indien jy belangstel om deel van hierdie span te word, kontak asseblief die kerkkantoor of Annari Engelbrecht by 083313 5514.
“Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus.”
– Galasiërs 6:2
Leer weer vlieg!
Gefrustreerd in jou berading?
Help mense om uit die kokon te kom en weer te kan vlieg!
Kom leer uiters bruikbare tegnieke om jou te help in berading en lewensbegeleiding, veral met die fokus op trauma-hantering.
TRAUMATIC INCIDENT REDUCTION (WERKSESSIE)
Die kursus is deel van Applied Metapsychology International se materiaal.
Datum: 4 Saterdae: 22 en 29 Augustus; 5 en 12 September om 08:00-17:00
Plek: NG Gemeente Vredenburg
Punte wat verwerf kan word: VBO 30 (NG Predikante)
Aanbieder: Ds. Petri Coetzee (Geakkrediteerde opleier by TIRA International)
Koste: R5 000, sluit lisensiegeld, boek, verversings en een jaar se lidmaatskap by TIRA
en TIRA-SA in.
GETUIENISSE:
“Hierdie kursus het my bekeer van allerhande ander tegnieke wat nie regtig help en die probleem aanspreek nie.”
“Vir die eerste keer voel dit of ek regtig mense kan help as predikant”
“Ek het geleer trauma is die wortel van baie gedragsprobleme in ons lidmate en nou kan ek hulle help!”
“My hele pastorale aanslag het verander. Ek is so opgewonde om meer te kan doen as net ʼn Bybelvers gee en bid.”
“As maatskaplike werker is dit die tegniek wat ek seker die meeste gebruik om stukkende mense op te tel.”
“As sielkundige gebruik ek net TIRA vir ongeveer 85% van die gevalle waarmee ek werk. Dit het my praktyk verander”
KONTAK:
Ds. Petri Coetzee by 084 207 3508, of p3coetzee@icloud.com vir verdere
besonderhede en ’n inskrywingsvorm.
LIDMAATSKAPBEWYSE
Vanaf Wesmoot: Cornett S. BORNMAN (nou BANCE)

VERJAARSDAE EN LIEF EN LEED
Baie geluk en seënwense aan almal wat in die volgende week verjaar
26 Julie Carla le Roux, Ian van der Linde, Lila Visagé, Brennon Green, Belia Basson, Christelle van As, Talia Basson
27 Julie Pieter Grobbelaar, Johnie Kotze, Su Strydom, Elize Stone
28 Julie Marinda Coetzee, Jannie Fourie, Gerda Wiehahn, Handré Hibbert, Peter Church (jr.), Alice de Goede, Handre Hibbert, Sonél Coetzee
29 Julie Viljoen Human (sr.), Ronelle van der Merwe, Zach du Plessis, Bianca Eksteen
30 Julie Albertus du Toit
31 Julie Marcus van Tonder, Manley Williams
1 Augustus Barbara Engelbrecht, Natashia Kotze, Rikus Myburgh, Uanique Niemand, Geo Nel(jr.)
* Ons vra asb voorbidding vir lidmate en hulle gesinne / families wat worstel met siekte en ander buitengewone uitdagings.
* Ons loof en prys die Here vir getuienisse van verhoorde gebede.
* Ons dink met leedwese aan diegene wat in die afgelope tyd ‘n geliefde aan die dood afgestaan het.