WOON EN WANDEL DEUR DIE WOORD
Genesis 32:22-31 en Psalm 17:1-7, 15; Jesaja 55:1-5 en Psalm 145:8-9, 14-21; Romeine 9:1-5; Matteus 14:13-21

GEBEDSKERS
Vader. Laat ons vandag u liefde uitleef
in alles wat ons dink, sê en doen. Amen.
SONDAG, 2 AUGUSTUS
BAIE WELKOM BY DIE EREDIENS!
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Arbeidsbediening Sinodaal
• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens -Prediker: Ds. Petri Coetzee
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal na die erediens
Kom kuier gesellig saam!
SONDAG, 9 AUGUSTUS
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Radiokansel
• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens -Prediker: Ds. Erik Basson
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal na die erediens – Kom kuier gesellig saam!
KATEGESE
Kleuterkerk (4 jaar tot graad R) en graad
1-3 woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag daarna na hul lokale:
→ 4 jaar tot graad R: in die Waenhuis
→ Graad 1: in die Kerksentrum (Moria)
→ Graad 2: in die Stalle en Kerksentrum (Ararat)
→ Graad 3: Kerksentrum (Karmel)
→ Graad 4-11 woon die erediens soos gewoonlik by en het kategese ná die diens.
BESOEKERS
Welkom in ons gemeente. Mag jy vandag God se vrede, liefde en teenwoordigheid op ’n besondere manier beleef. Ons is dankbaar dat jy saam met ons kom aanbid.
GEBED
Kan ons saam met jou bid?
Stuur jou gebedsversoek (anoniem of met jou naam) per WhatsApp na: 082 256 6669.
Alle versoeke word streng vertroulik hanteer.
Indien jy graag deel wil wees van ons gebedsbediening, stuur asseblief jou naam en nommer met die woord “medegelowige”.
AANLYN BYBELSKOOL
Al ooit gewonder wat moet ons met al die inligting in Genesis 1-11 maak? Kom delf dieper saam in Genesis elke Woensdag om 18:30 vanaf
5 Augustus met ons aanlyn Bybelskool. Jy kan net die skakel hieronder intik en dit sal jou neem na die aanlyn Bybelskool op die Zoom platvorm.
Jy kan ook op ons webwerf (https://ngkvredenburg.co.za) op die betrokke skakel kliek en dit sal jou na die byeenkoms neem. Alternatiewelik kan jy na Zoom (https://www.zoom.com) op die internet gaan en die kode en wagwoord intik. Indien jy nie weet hoe om in te skakel nie, kan jy gerus die kerkkantoor kontak om jou te help. Die portaal sal reeds om 18:20 oop wees, sodat jy dan solank kan aansluit.
https://us06web.zoom.us/launch/jc/83397408655
Meeting ID: 446 874 1323
Passcode: v8itF2
AANDAG ALLE LEIERS!
Alle leiers in ons gemeente! Kerkraadslede, kleingroepleiers en enige ander leier, ons gaan die eerste Maandag van elke maand aanlyn net vinnig saam gesels oor wat die maand gebeur en dat almal net op dieselfde bladsy is. Ons begin Maandag 3 Augustus om 18:30 met ons eerste koördineringsgesprek. Die platform wat ons gebruik, is Zoom en hieronder is die skakel wat jy kan intik of jy kan na Zoom (https://www.zoom.com) se blad op die internet gaan en die kode en wagwoord intik. Jy kan ook die toepassing op jou rekenaar of selfoon laai en dan vanaf die toepassing inskakel. Die portaal sal reeds vanaf 18:20 oop wees sodat jy van dan af kan inskakel.
https://us06web.zoom.us/launch/jc/83397408655
Meeting ID: 446 874 1323
Passcode: v8itF2
BARMHARTIGHEID
Brood en blikkie-projek: Ons gemeente ondersteun maandeliks ’n projek saam met Badisa deur ± 50 papiersakke met brood en proteïenryke kos te voorsien.
Skenkings van blikkies kan in die boksies by die kerkdeure geplaas word. Kom ons help om die nood te verlig waar dit waarlik nodig is.
Huis Wittekruin wegneem-etes: Huis Wittekruin verskaf heerlike wegneemetes:
- Maandag tot Vrydag teen R50 ’n ete.
- Woensdae se ete sluit nagereg in en kos dan R55. Kontak hulle gerus by 022 713 2230/9.
GELOOF DEUR GEHOOR BYBELPROJEK
Die kategeseskool maak weer vanjaar, tydens Augustus, geld bymekaar vir Bybels. Ons ondersteun vanjaar die werk van FEBA Radio, (Far East Broadcasting Association) spesifiek in Tsjad in Noord-Sentraal Afrika. ’n Groot hoeveelheid van die inwoners is arm en ongeletterd en kan dus nie gedrukte Bybels lees nie. Daarom versprei FEBA Radio die Goeie Nuus d.m.v. oudio-Bybels en radio’s. D.m.v. een oudio-Bybel kan ’n hele familie die Woord hoor en getransformeer word daardeur. ‘n Oudio-Bybel kos R450.
Ons mikpunt is om ten minste 40 oudio-Bybels te borg, d.w.s. R18 000 in te samel. Ons maak staat op elkeen in die gemeente se ondersteuning van dié verdienstelike projek! Bydraes wat in die kollektesakkie geplaas word, moet asb. duidelik gemerk wees: BYBELPROJEK.
BLY OP HOOGTE – VOLG ONS WHATSAPP KANAAL!
Wil jy graag op ’n eenvoudige en vinnige manier ingelig bly oor alles wat in ons gemeente gebeur? Volg dan ons NG Kerk Moedergemeente Vredenburg se WhatsApp-kanaal!
Op die kanaal deel ons belangrike kennisgewings, nuus, geleenthede, boodskappe en ander gemeente-inligting. Dit is ‘n maklike manier om op hoogte te bly – sonder dat jou selfoon deur onnodige boodskappe oorlaai word.
Om aan te sluit is maklik en heeltemal gratis. Skandeer die QR-kode, maak die kanaal oop en onthou om op “Follow” te druk.
Moenie iets misloop nie – volg vandag nog ons WhatsApp-kanaal en bly deel van wat in ons gemeente gebeur!

WORD DEEL VAN ONS ONDERSTEUNINGSPAN VIR NAASBETAANDES
Wanneer ‘n geliefde sterf, ervaar families dikwels nie net emosionele verlies nie, maar word hulle ook gekonfronteer met verskeie praktiese en administratiewe uitdagings. Ons gemeente wil graag ‘n ondersteuningspan saamstel wat families in hierdie moeilike tyd kan bystaan en begelei.
Ons nooi lidmate met ‘n hart vir mense en diens uit om deel van hierdie bediening te word. Opleiding en begeleiding sal verskaf word.
Kontak asseblief die kerkkantoor indien u meer inligting verlang of betrokke wil raak.
Indien jy belangstel om deel van hierdie span te word, kontak asseblief die kerkkantoor of Annari Engelbrecht by 083313 5514.
“Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus.”
– Galasiërs 6:2
Leer weer vlieg!
Gefrustreerd in jou berading?
Help mense om uit die kokon te kom en weer te kan vlieg!
Kom leer uiters bruikbare tegnieke om jou te help in berading en lewensbegeleiding, veral met die fokus op trauma-hantering.
TRAUMATIC INCIDENT REDUCTION (WERKSESSIE)
Die kursus is deel van Applied Metapsychology International se materiaal.
Datum: 4 Saterdae: 22 en 29 Augustus; 5 en 12 September om 08:00-17:00
Plek: NG Gemeente Vredenburg
Punte wat verwerf kan word: VBO 30 (NG Predikante)
Aanbieder: Ds. Petri Coetzee (Geakkrediteerde opleier by TIRA International)
Koste: R5 000, sluit lisensiegeld, boek, verversings en een jaar se lidmaatskap by TIRA
en TIRA-SA in.
GETUIENISSE:
“Hierdie kursus het my bekeer van allerhande ander tegnieke wat nie regtig help en die probleem aanspreek nie.”
“Vir die eerste keer voel dit of ek regtig mense kan help as predikant”
“Ek het geleer trauma is die wortel van baie gedragsprobleme in ons lidmate en nou kan ek hulle help!”
“My hele pastorale aanslag het verander. Ek is so opgewonde om meer te kan doen as net ʼn Bybelvers gee en bid.”
“As maatskaplike werker is dit die tegniek wat ek seker die meeste gebruik om stukkende mense op te tel.”
“As sielkundige gebruik ek net TIRA vir ongeveer 85% van die gevalle waarmee ek werk. Dit het my praktyk verander”
KONTAK:
Ds. Petri Coetzee by 084 207 3508, of p3coetzee@icloud.com vir verdere
besonderhede en ’n inskrywingsvorm.

VERJAARSDAE EN LIEF EN LEED
Baie geluk en seënwense aan almal wat in die volgende week verjaar
2 Augustus Lynette Aylward, Denese Williams, Neville Langley, Meiring Tarrant, Magda van Lille, Christina du Plessis, Johan Coetzee (Joël Stransky Singel), Liebre Carstens
3 Augustus Jackie Moolman, Adri Kuys, Dina Kemp, Carla Visser
4 Augustus Nicolaas Laubscher, Edmund Olivier, Larike van Heerden
5 Augustus Maryna Malan, Muriël van Wyk, Beatrice Breedekamp, Johan Bestbier, Malene Nieuwoudt
6 Augustus Mia Coetzee, Ivis Adendorff, Wilma Gregory, Leonie Prinsloo, Lené Fourie
7 Augustus Alkie Kotze, Maria Marais, Rosie Botha, Truia Köhne
8 Augustus Tiaan Stols, Diana Brink, Chantal Lennox, Riko Boonzaaier
* Ons vra asb voorbidding vir lidmate en hulle gesinne / families wat worstel met siekte en ander buitengewone uitdagings.
* Ons loof en prys die Here vir getuienisse van verhoorde gebede.
* Ons dink met leedwese aan diegene wat in die afgelope tyd ‘n geliefde aan die dood afgestaan het.