WOON EN WANDEL DEUR DIE WOORD
Genesis 18:1-15; Psalm 116:1-2, 12-19; Eksodus 19:2-8a; Psalm 100; Romeine 5:1-8; Mattheus 9:35-10:8

GEBEDSKERS
Here, seën ons dienswerk, gee ons ‘n hart vir mense en wys ons hoe om U liefde uit te leef. Amen.
SONDAG, 14 JUNIE
BAIE WELKOM BY DIE EREDIENS!
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Instituut vir Blindes
• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens -Prediker: Ds Petri Coetzee
Kleuterkerk (4 jaar tot graad R) en graad 1-3 woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag daarna na hul lokale:
→ 4 jaar tot graad R: in die Waenhuis
→ Graad 1: in die Kerksentrum (Moria)
→ Graad 2: in die Stalle en Kerksentrum (Ararat)
→ Graad 3: Kerksentrum (Karmel)
→ Graad 4 tot 11 woon die erediens soos gewoonlik by en het kategese ná die diens.
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal na die erediens– Kom kuier gesellig saam!
SONDAG, 21 JUNIE
VADERSDAG
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Genadefontein
• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Pinkster -Prediker: Ds Petri Coetzee
Kleuterkerk (4 jaar tot graad R) en graad 1-3 woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag daarna na hul lokale:
→ 4 jaar tot graad R: in dieWaenhuis
→ Graad 1: in die Kerksentrum (Moria)
→ Graad 2: in die Stalle en Kerksentrum
→ Graad 3: Kerksentrum (Karmel)
→ Graad 4 tot 11 woon die erediens soos gewoonlik by en het kategese ná die diens.
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal na die erediens – Kom kuier gesellig saam!
18:30 Jubelaand
BESOEKERS
Welkom in ons gemeente. Mag jy vandag God se vrede, liefde en teenwoordigheid op ’n besondere manier beleef. Ons is dankbaar dat jy saam met ons kom aanbid.
GEBED
Kan ons saam met jou bid?
Stuur jou gebedsversoek (anoniem of met jou naam) per WhatsApp na: 082 256 6669.
Alle versoeke word streng vertroulik hanteer.
Indien jy graag deel wil wees van ons gebedsbediening, stuur asseblief jou naam en nommer met die woord “medegelowige”.
SENIOR LIDMATE
HERFSGENOTE – 25 JUNIE Ons senior volwassenes vergader op 25 Junie om 10:00 in Die Ou Waenhuis. Tydens dié geleentheid kom Dr. Marguerite Raath met ons praat oor die onderwerp “Rooi vlag of vals alarm? Wanneer roep my lyf om hulp?”
Moenie hierdie belangrike inligting misloop nie! Alle pensioenarisse (mans en dames), word hartlik uitgenooi.
Bespreek asseblief by Suselna by 083 232 4163 om jou teenwoordigheid te bevestig.
STILWORD-GELEENTHEID
Kom breek weg van die alledaagse gejaagde lewe en word stil voor God. Ds. Petri Coetzee gaan ons begelei om te leer wat die “woestynbelewenis” beteken. Kom geniet die naweek saam met ons. Almal is baie welkom!
• Wat: Geestesverdieping-naweek (Retreat)
• Wanneer: 24–26 Julie 2026
• Waar: Swartriet, Jacobsbaai
• Koste: R1700.00p/p – verblyf en etes ingesluit
Kontak vir Juanita da la Harpe Coetzee by 079 881 0690 vir meer inligting.
BARMHARTIGHEID
Brood en blikkie-projek: Ons gemeente ondersteun maandeliks ’n projek saam met Badisa deur ± 50 papiersakke met brood en proteïenryke kos te voorsien.
Skenkings van blikkies kan in die boksies by die kerkdeure geplaas word. Kom ons help om die nood te verlig waar dit waarlik nodig is.
Huis Wittekruin wegneem-etes: Huis Wittekruin verskaf heerlike wegneemetes:
- Maandag tot Vrydag teen R50 ’n ete.
- Woensdae se ete sluit nagereg in en kos dan R55. Kontak hulle gerus by 022 713 2230/9.
UITREIK NA VIOOLSDRIFT (15-19 JULIE 2026)
Ons nooi gemeentelede om deel te word van ons jaarlikse uitreik na Vioolsdrif. Die fokus is op praktiese hulp, gemeenskapsbetrokkenheid en geestelike bediening.
Daar is ook tyd vir saamkuier langs die Oranjerivier.
- Koste: eie vervoer en etes. Verblyf: tente (ander opsies beskikbaar).
- Kontak: Koos Meiring (083 240 5743) of;
- Ds. Koos Greeff (083 651 5686).
Kom ons gryp die geleentheid aan om saam as ‘n gemeente die gemeenskap met liefde te bedien.
EIENDOMME BEDIENING VRA HULP
Ons Eiendomme Bediening bestaan tans uit slegs twee lede wat verantwoordelik is vir die beplanning, koördinering en ondersteuning van die instandhouding van ons gemeente se geboue, terrein en tuine.
Hoewel Christo Bouwer die dag-tot-dag instandhouding hanteer en reël, is daar steeds baie ander take waarby die bediening betrokke is.
Indien jy kennis, ervaring of ’n hart het om te help met geboue, terrein of algemene instandhouding, nooi ons jou graag om deel te word van die span.
Kontak gerus die Kerkkantoor of Frikkie van der Merwe by 083 298 7638.
PASTORALE BEDIENING
Voel jy geroep om ander te ondersteun en hoop te bring? Sluit aan by ons Pastorale Bediening en help om mense deur moeilike tye te dra.
Wat behels dit?
- Ondersteuning en besoeke
- Luister en emosionele versorging
- Gebed en geestelike ondersteuning
- Bystand tydens siekte, verlies en uitdagings
Wie kan aansluit?
Enige lidmaat met ’n hart vir mense. Opleiding en leiding word voorsien.
Waarom betrokke raak?
- Groei geestelik en persoonlik
- Dien ander met liefde
- Wees deel van ’n omgee-span
“Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus.”
– Galasiërs 6:2
Stel jy dalk belang?
Kontak die kerkkantoor of Annari Engelbrecht by 083 313 5514 of skryf jou naam op by die inligtingsblaadjie in elke bank.
OPLEIDINGSGELEENTHEID
Al die leiers in die gemeente word hartlik uitgenooi na ’n opleidingsgeleentheid wat op Maandag 22 Junie om 18:30 sal plaasvind.
Kom ons benut hierdie waardevolle geleentheid om saam te groei, ons leierskapsvaardighede verder te ontwikkel en onsself toe te rus vir meer effektiewe diens in God se Koninkryk.
As rentmeesters van die gawes en verantwoordelikhede wat aan ons toevertrou is, is voortdurende ontwikkeling ʼn belangrike deel van ons roeping.
Ons sien daarna uit om saam met u te leer, te groei en toegerus te word vir die pad vorentoe.
HUWELIKSWERKSWINKEL
Om te trou is nie die eindpunt nie, maar die begin van ‘n lewenslange reis saam.
26-28 Junie Pastorie Saal, NG Kerk Vredenburg Moedergemeente
R300 p.p. (Handleiding en verversingsingesluit). Kom geniet ’n naweek van groei, gesprek en praktiese hulpmiddels om jul huwelik verder te versterk. Alle egpare is welkom.
WORD DEEL VAN ONS ONDERSTEUNINGSPAN VIR NAASBETAANDES
Wanneer ‘n geliefde sterf, ervaar families dikwels nie net emosionele verlies nie, maar word hulle ook gekonfronteer met verskeie praktiese en administratiewe uitdagings. Ons gemeente wil graag ‘n ondersteuningspan saamstel wat families in hierdie moeilike tyd kan bystaan en begelei.
Ons nooi lidmate met ‘n hart vir mense en diens uit om deel van hierdie bediening te word. Opleiding en begeleiding sal verskaf word.
Kontak asseblief die kerkkantoor indien u meer inligting verlang of betrokke wil raak.
Indien jy belangstel om deel van hierdie span te word, kontak asseblief die kerkkantoor of Annari Engelbrecht by 083313 5514.
“Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus.”
– Galasiërs 6:2
LIDMAATSKAPBEWYSE
Vanaf Brandfort-Oos, Vrystaat: Jeremia THERON en eggenote

VERJAARSDAE EN LIEF EN LEED
Baie geluk en seënwense aan almal wat in die volgende week verjaar
14 Junie Elmarie Louw, Johan Loubser, Cobrie Jonker
15 Junie Carol von Wielligh, Joey Jacobs, Liam Gerber, Tiné Kraft
16 Junie Silvia Volschenk, Johan Downing, Susan Lingervelder
17 Junie Annette Smit, Shaun de Bruyn, Nadia de Vos, Marina Rust, Nicolise Carosini
18 Junie Carel Ludeke, Madri Nieuwoudt
19 Junie Hannes Rossouw, Vivette van Wyk, James Mitchell, Riana du Preez, Lunhard Slabbert
20 Junie Alrene Coetzee, Pikkewyn Rossouw, Evanke Hockly
* Ons vra asb voorbidding vir lidmate en hulle gesinne / families wat worstel met siekte en ander buitengewone uitdagings.
* Ons loof en prys die Here vir getuienisse van verhoorde gebede.
* Ons dink met leedwese aan diegene wat in die afgelope tyd ‘n geliefde aan die dood afgestaan het.