19 April 2026

Facebook
WhatsApp
Inhoud
WOON EN WANDEL DEUR DIE WOORD

Handelinge 2:14a, 36-41; Psalm 116:1-4, 12-19; 1 Petrus 1:17-23; Lukas 24:13-35. 

GEBEDSKERS

Here, gee asseblief dat ons elke dag sal dankbaar wees vir dit wat ons het.

SONDAG, 19 APRIL

DERDE PAASSONDAG
(Ds. Petri bedien by Huis Wittekruin) 
BAIE WELKOM BY DIE EREDIENS!
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Alta du Toit Nasorg (Bellville)

• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens -Prediker: Ds Brits Janse van Rensburg 
Kleuterkerk (4 jaar tot graad R) en graad 1-3 woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag daarna na hul lokale:
4 jaar tot graad R: in die Waenhuis  
Graad 1: in die Kerksentrum (Moria)
Graad 2: in die Stalle en Kerksentrum
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal Kom kuier gesellig saam!
• 18:30 Jubelaand by Moedergemeente – Almal word hartlik daarheen uitgenooi! 

SONDAG, 26 APRIL

VIERDE PAASSONDAG 
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Alta du Toit Skool (Kuilsrivier)

• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens -Prediker: Ds Petri Coetzee
Kleuterkerk (4 jaar tot graad R) en graad 1-3 woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag daarna na hul lokale:
4 jaar tot graad R: in die Waenhuis  
Graad 1: in die Kerksentrum (Moria)
Graad 2: in die Stalle en Kerksentrum
Graad 3: Kerksentrum (Karmel)
Graad 4 tot 11 woon die erediens soos gewoonlik by en het kategese ná die diens.
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal Kom kuier gesellig saam!

BESOEKERS

Welkom by ons erediens! Ons is bly jy is hier. Jy is deel van ’n geloofsfamilie waar liefde en gemeenskap saamkom. Mag vandag se diens jou hart aanraak en jou versterk op jou pad met God.

GEBED

Kan ons vir jou bid? Stuur jou gebedsversoek (anoniem of met jou naam) per WhatsApp na 082 256 6669. Alle versoeke word streng vertroulik hanteer. As jy graag saam met ons wil bid, stuur jou naam en nommer met die woorde “medegelowige”.

SENIOR LIDMATE

Silwer Vleuels Senior Klub: Hulle kuier saam op Woensdagoggende vanaf 09:00 in die Waenhuis. Alle senior dames wat belangstel om aan te sluit, kan vir Corlene van der Merwe kontak by 084 715 1169.

HERFSGENOTE-Byeenkoms: Ons senior volwassenes vergader op 23 April om 10:00 in die Waenhuis. Tydens dié geleentheid kom gesels kaptein Tania Helfrich met ons oor die baie belangrike onderwerp – Veiligheid en Paraatheid. Al ons pensioenarisse – mans en dames – word vriendelik daarheen uitgenooi! Vir meer inligting kontak gerus vir Suselna by 083 232 4163. 

Bevestig asb. voor die tyd jou teenwoordigheid by dié geleentheid sodat ons kan weet vir hoeveel persone om voor te berei. 

STILWORD-GELEENTHEID 

Kom breek weg van die alledaagse gejaagde lewe en word stil voor God. Ds. Petri Coetzee gaan ons begelei om te leer wat die ‘’woestynbelewenis’’ beteken. Kom geniet die naweek saam met ons. Almal is baie welkom! 

Wat:Geestesverdieping-naweek (Retreat)
Wanneer:24–26 Julie 2026
Waar: Swartriet, Jacobsbaai
Koste:R1700.00p/p – verblyf en etes ingesluit

Kontak vir Juanita da la Harpe Coetzee by 079 881 0690 vir meer inligting. 

GEMEENTE-ETE

Kom woon gerus ons Gemeente-ete by. Op 24 Mei 2026, om 12:00, verkeer ons gesellig by Togryersvlei, Jacobsbaai. Die koste van die kaartjies beloop:

  • R220 p/volwassene (driegangmaaltyd), en
  • R120 p/kind. Kaartjies kan gereserveer word by Lydia – 081 817 2054.
OM DIE LAASTE REIS VAN DIE LEWE TE VERSTAAN

Sluit by ons aan vir ’n betekenisvolle en insiggewende praatjie deur dr. Annemarie van der Merwe oor “Hoe sterf ’n mens?”. Hierdie praatjie het ten doel om vrees te verminder en geestelike vrede te bevorder.

Dit sal ons ook toerus om iemand met empatie en insig op die pad te begelei.

  • Datum: 28 April 2026
  • Tyd: 18:30
  • Waar: Pastoriesaal
BARMHARTIGHEID

Brood en blikkie-projek: Ons gemeente ondersteun maandeliks ’n projek saam met Badisa deur ± 50 papiersakke met brood en proteïenryke kos te voorsien.
Skenkings van blikkies kan in die boksies by die kerkdeure geplaas word. Kom ons help om die nood te verlig waar dit waarlik nodig is.

Huis Wittekruin wegneem-etes: Huis Wittekruin verskaf heerlike wegneemetes:

  • Maandag tot Vrydag teen R50 ’n ete.
  • Woensdae se ete sluit nagereg in en kos dan R55. Kontak hulle gerus by 022 713 2230/9.
MANNEBEDIENING 

Die Mannebediening benodig nog ‘n klompie leë toiletrolletjies (kartonbinneste). Hulle sal dit baie waardeer as jy joune kan hou, en saambring kerk toe. Los dit asseblief in ‘n sak vir hulle by die deure van die kerk

KOM SOOS JY IS

Hier is genade vir almal.
In ’n wêreld wat dikwels oordeel, vergelyk en druk plaas, nooi Jesus ons persoonlik uit. Nie na ’n plek waar ons sterk hoef te wees of alles reg moet hê nie, maar na ’n plek waar ons eenvoudig kan kom, net soos ons is:

  • Met ons vreugdes en ons dankbaarheid.
  • Met ons vrae en onsekerhede.
  • Met ons seer, ons moegheid en selfs onstwyfel.

Jesus self sê:
“Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.” (Matteus 11:28).

LIDMAATSKAPBEWYSE 

Vanaf Arcadia: AE VAN ZYL  

 

VERJAARSDAE EN LIEF EN LEED

Baie geluk en seënwense aan almal wat in die volgende tydperk verjaar

19 April: Cassidy Greeff, Dries Jansen van Rensburg
20 April: Helmien Laubscher, Jacolize Lewis, Marius Geustyn, Corné van Zyl
21 April: Dawie Mans
22 April: Petro van Zyl, Erika Smalberger, Nicoleen Loubser, Anne-Marie Burger, Reinhardt Lötter, Elizna Rust
23 April: Sarina Carstens, Anika Busch, Sumien Atkinson, Ruan van Aardt, Ria van Wyk
24 April: Pieter Fick, Mandie Geldenhuys, Erika Loubser, Tienie Vermeulen, Susan van der Merwe
25 April: Bianca Kotze, Ronél Thiart, Irené Kraft, Lindie Nelson

* Ons vra asb voorbidding vir lidmate en hulle gesinne / families wat worstel met siekte en ander buitengewone uitdagings.

* Ons loof en prys die Here vir getuienisse van verhoorde gebede.

* Ons dink met leedwese aan diegene wat in die afgelope tyd ‘n geliefde aan die dood afgestaan het.