26 April 2026

Facebook
WhatsApp
Inhoud
WOON EN WANDEL DEUR DIE WOORD

Handelinge 2:42-47; Psalm 23; 1 Petrus 2:19-25; Joh. 10:1-10. 

GEBEDSKERS

Here, u genade is vir ons genoeg. Gee dat ons elke dag dankbaar sal wees daarvoor.

SONDAG, 26 APRIL

VIERDE PAASSONDAG
BAIE WELKOM BY DIE EREDIENS!
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Alta du Toit Skool (Kuilsrivier)

• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens -Prediker: Ds Petri Coetzee
Kleuterkerk (4 jaar tot graad R) en graad 1-3 woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag daarna na hul lokale:
4 jaar tot graad R: in dieWaenhuis  
Graad 1: in die Kerksentrum (Moria)
Graad 2: in die Stalle en Kerksentrum (Ararat)
Graad 3: Kerksentrum (Karmel)
Graad 4 tot 11 woon die erediens soos gewoonlik by en het kategese ná die diens.
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal na die erediens – Kom kuier gesellig saam!

SONDAG, 3 MEI

VYFDE PAASSONDAG 
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Huis Wittekruin

• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens -Prediker: Ds Francois Maritz
Kleuterkerk (4 jaar tot graad R) en graad 1-3 woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag daarna na hul lokale:
4 jaar tot graad R: in dieWaenhuis  
Graad 1: in die Kerksentrum (Moria)
Graad 2: in die Stalle en Kerksentrum
Graad 3: Kerksentrum (Karmel)
Graad 4 tot 11 woon die erediens soos gewoonlik by en het kategese ná die diens.
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal na die erediens– Kom kuier gesellig saam!

BESOEKERS

Welkom by ons erediens! Ons is bly jy is hier. Jy is deel van ’n geloofsfamilie waar liefde en gemeenskap saamkom. Mag vandag se diens jou hart aanraak en jou versterk op jou pad met God.

GEBED

Kan ons vir jou bid? Stuur jou gebedsversoek (anoniem of met jou naam) per WhatsApp na 082 256 6669. Alle versoeke word streng vertroulik hanteer. As jy graag saam met ons wil bid, stuur jou naam en nommer met die woorde “medegelowige”.

SENIOR LIDMATE

Silwer Vleuels Senior Klub: Hulle kuier saam op Woensdagoggende vanaf 09:00 in die Waenhuis. Alle senior dames wat belangstel om aan te sluit, kan vir Corlene van der Merwe kontak by 084 715 1169.

STILWORD-GELEENTHEID 

Kom breek weg van die alledaagse gejaagde lewe en word stil voor God. Ds. Petri Coetzee gaan ons begelei om te leer wat die ‘’woestynbelewenis’’ beteken. Kom geniet die naweek saam met ons. Almal is baie welkom! 

Wat:Geestesverdieping-naweek (Retreat)
Wanneer:24–26 Julie 2026
Waar: Swartriet, Jacobsbaai
Koste:R1700.00p/p – verblyf en etes ingesluit

Kontak vir Juanita da la Harpe Coetzee by 079 881 0690 vir meer inligting. 

GEMEENTE-ETE

Kom woon gerus ons Gemeente-ete by. Op 24 Mei 2026, om 12:00, verkeer ons gesellig by Togryersvlei, Jacobsbaai. Die koste van die kaartjies beloop:

  • R220 p/volwassene (driegangmaaltyd), en
  • R120 p/kind. Kaartjies kan gereserveer word by Lydia – 081 817 2054.
OM DIE LAASTE REIS VAN DIE LEWE TE VERSTAAN

Sluit by ons aan vir ’n betekenisvolle en insiggewende praatjie deur dr. Annemarie van der Merwe oor “Hoe sterf ’n mens?”. Hierdie praatjie het ten doel om vrees te verminder en geestelike vrede te bevorder.

Dit sal ons ook toerus om iemand met empatie en insig op die pad te begelei.

  • Datum: 28 April 2026
  • Tyd: 18:30
  • Waar: Pastoriesaal
BARMHARTIGHEID

Brood en blikkie-projek: Ons gemeente ondersteun maandeliks ’n projek saam met Badisa deur ± 50 papiersakke met brood en proteïenryke kos te voorsien.
Skenkings van blikkies kan in die boksies by die kerkdeure geplaas word. Kom ons help om die nood te verlig waar dit waarlik nodig is.

Huis Wittekruin wegneem-etes: Huis Wittekruin verskaf heerlike wegneemetes:

  • Maandag tot Vrydag teen R50 ’n ete.
  • Woensdae se ete sluit nagereg in en kos dan R55. Kontak hulle gerus by 022 713 2230/9.
UITREIK NA VIOOLSDRIFT (15-19 JULIE 2026) 

Ons nooi gemeentelede om deel te word van ons jaarlikse uitreik na Vioolsdrif. Die fokus is op praktiese hulp, gemeenskapsbetrokkenheid en geestelike bediening.
Daar is ook tyd vir saamkuier langs die Oranjerivier.

  • Koste: eie vervoer en etes. Verblyf: tente (ander opsies beskikbaar).
  • Kontak: Koos Meiring (083 240 5743) of;
  • Ds. Koos Greeff (083 651 5686).

Oorweeg dit biddend en sluit by ons aan.

VERJAARSDAE EN LIEF EN LEED

Baie geluk en seënwense aan almal wat in die volgende week verjaar

26 April: Louis de Jonge, Ronel Hanekom
27 April: Marie Koekemoer, Charmaine Pieters, Berto Visser
28 April: Sinra Nortje, Brand van Dyk, Bets Potgieter, Marie la Grange, Cornelis Swart
29 April: Bennet Stofberg, Marco Joubert
30 April: Saartjie Kotze, André Theart, Johann van Wyk
1 Mei: Douglas van Wyk, Adrian Burrows, Anton van Schalkwyk, Willie van Zyl
2 Mei: Mariana Beneke, Vollie Louw, Meyer Milstein

* Ons vra asb voorbidding vir lidmate en hulle gesinne / families wat worstel met siekte en ander buitengewone uitdagings.

* Ons loof en prys die Here vir getuienisse van verhoorde gebede.

* Ons dink met leedwese aan diegene wat in die afgelope tyd ‘n geliefde aan die dood afgestaan het.