WOON EN WANDEL DEUR DIE WOORD
Handelinge 2:14a, 22-32; Psalm 16; 1 Petrus 1:3-9; Johannes 20:19-31

GEBEDSKERS
Here, bring genesing waar daar pyn is, voorsiening waar daar tekort is, en lig waar daar duisternis is.
SONDAG, 12 APRIL
TWEEDE PAASSONDAG
(Ds. Petri bedien by Huis Wittekruin)
BAIE WELKOM BY DIE EREDIENS!
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Ramot
• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens – KINDERDIENS Prediker: Ds Brits Janse van Rensburg
→ Kleuters tot gr 3 bly in die kerk, en het nie kategese nie.
→ Die Gr 4’s – 11’e woon die erediens soos gewoonlik by en het daarna kategese.
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal – Kom kuier gesellig saam!
SONDAG, 19 APRIL
DERDE PAASSONDAG
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Alta du Toit Nasorg (Bellville)
• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens – Prediker: Ds Brits Janse van Rensburg
→ Die Kleuterkerk-kinders sowel as die gr. 1 tot 3-kinders woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag dan na hul lokale: 4 jaar tot gr. R in die Waenhuis; gr. 1 in die Kerksentrum (Moria); gr. 2 in die Stalle en Kerksentrum (Ararat); gr. 3 in die Kerksentrum (Karmel).
→ Die Gr 4’s – 11’e woon die erediens soos gewoonlik by en het daarna kategese.
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal – Kom kuier gesellig saam!
• 18:30 Jubelaand by Moedergemeente – Almal word hartlik daarheen uitgenooi!
STILWORD-GELEENTHEID
Kom breek weg van die alledaagse gejaagde lewe en word stil voor God. Ds. Petri Coetzee gaan ons begelei om te leer wat die ‘’woestynbelewenis’’ beteken. Kom geniet die naweek saam met ons. Almal is baie welkom!
• Wat:Geestesverdieping-naweek (Retreat)
• Wanneer:24–26 Julie 2026
• Waar: Swartriet, Jacobsbaai
• Koste:R1700.00p/p – verblyf en etes ingesluit
Kontak vir Juanita da la Harpe Coetzee by 079 881 0690 vir meer inligting.
BARMHARTIGHEID
Brood en blikkie-projek: Ons is betrokke by ’n projek waar ons gemeente eenmaal per maand ± 50 papiersakke met ’n halwe brood en ’n blikkie proteïenryke kos na Badisa neem om daar uitgedeel te word. Indien u ’n blikkie of twee vir dié doel wil bydra, kan dit asb in die boksies by die kerkdeure geplaas word.
Huis Wittekruin wegneem-etes: Huis Wittekruin verskaf heerlike wegneem-etes van Maandag tot Vrydag teen R50 ‘n ete. Woensdae se ete sluit nagereg in en kos dan R55. Kontak hulle gerus vir verdere inligting by 022 713 2230/9.
SENIOR LIDMATE
Silwer Vleuels Senior Klub: Hulle kuier saam op Woensdae-oggende vanaf 09:00 in Die Ou Waenhuis. Alle senior dames wat belangstel om by hulle aan te sluit, kan gerus vir Corlene van der Merwe kontak by 084 715 1169.
HERFSGENOTE-Byeenkoms: Ons senior volwassenes vergader op 23 April om 10:00 in die Waenhuis. Tydens dié geleentheid kom gesels kaptein Tania Helfrich met ons oor die baie belangrike onderwerp – Veiligheid en Paraatheid. Al ons pensioenarisse – mans en dames – word vriendelik daarheen uitgenooi! Vir meer inligting kontak gerus vir Suselna by 083 232 4163.
Bevestig asb. voor die tyd jou teenwoordigheid by dié geleentheid sodat ons kan weet vir hoeveel persone om voor te berei.
MANNEBEDIENING
Die Mannebediening benodig nog ‘n klompie leë toiletrolletjies (kartonbinneste). Hulle sal dit baie waardeer as jy joune kan hou, en saambring kerk toe. Los dit asseblief in ‘n sak vir hulle by die deure van die kerk.
BESOEKERS
Welkom by ons erediens! As dit jou eerste keer by ons gemeente is, is ons so opgewonde om jou hier te hê. Jy is deel van ‘n familie waar liefde, geloof en gemeenskap bymekaar kom. Mag vandag se diens jou hart ophef, vir jou vrede bring, en jou inspireer op jou reis met God. Ons nooi jou uit, om na die diens saam met ons ‘n koppie tee/koffie te geniet in die pastoriesaal by die Kerk Sentrum. Ons sal graag met jou wil kennis maak. Daar is ‘n boek by die ingange waar jy jou besonderhede kan inskryf, en die Kerk Kantoor sal met jou kontak maak.
DIE KRAG VAN GEBED
Gebed is een van die grootste gawes wat ons as gelowiges ontvang het. Dit is nie net woorde wat ons spreek nie, maar ‘n lewende verbinding met God – ‘n oomblik waar ons harte Syne ontmoet.
Deur gebed bring ons ons vreugdes, ons vrese en ons bekommernisse na Hom toe. In gebed vind ons rus wanneer die lewe swaar raak, en krag wanneer ons swak voel. Die Here hoor nie net ons gebede nie, Hy verstaan ook die stil gebede van ons harte.
Die krag van gebed lê nie in hoe mooi of hoe lank ons bid nie, maar in die geloof waarmee ons na God toe kom. Selfs die eenvoudigste gebed, uit ‘n opregte hart, kan berge versit!
Gebed verander sake
Mag ons elke dag die krag van gebed ontdek, en weet dat ons nooit alleen is nie, want God is altyd naby.

GEBED
Kan ons vir jou bid? Stuur gerus ‘n gebedsversoek na 082 256 6669 en ons sal saam met jou die saak aan ons hemelse Vader opdra in gebed. Dit kan anoniem wees of as jy sou verkies, kan jy jou naam byvoeg. Ons onderneem dat alle inligting as streng vertroulik hanteer sal word. Indien jy wil aansluit by die groep as ‘n gelowige wat saam met ons bid, kan jy ook jou naam en nommer na hierdie nommer stuur. Voeg net die woord “mede-gelowige” by. Ons benodig ook jou gebed tot ons Vader.

VERJAARSDAE EN LIEF EN LEED
Baie geluk en seënwense aan almal wat in die volgende tydperk verjaar
12 April: Sophie Husselman
13 April: Alma Janse van Rensburg, Johan Potgieter (jr.), Erasmus van Zyl, Reghard de Wet, Hermann Eksteen
14 April: Anelle Nel
15 April: Wynand Mostert
16 April: Riëtte Kohn
17 April: Antonet van Zyl, Ethan Breedekamp
18 April: Johan Potgieter (sr.), Ronel van Eck, Johannes Johl, Charné Kotze
* Ons vra asb voorbidding vir lidmate en hulle gesinne / families wat worstel met siekte en ander buitengewone uitdagings.
* Ons loof en prys die Here vir getuienisse van verhoorde gebede.
* Ons dink met leedwese aan diegene wat in die afgelope tyd ‘n geliefde aan die dood afgestaan het.