5 April 2026

Facebook
WhatsApp
Inhoud
WOON EN WANDEL DEUR DIE WOORD

Handelinge 10:34-43 of Jeremia 31:1-6; Psalm 118:1-2, 14-24, Kolossense 3:1-4; Johannes 20:1-18 of Matteus 28:1-10 

GEBEDSKERS

Here lei ons om U wil te doen en ’n lig te wees vir ander. Vul ons met U liefde en vrede, en maak ons sterk in geloof. 

SONDAG, 5 APRIL

PAASFEES
BAIE WELKOM BY DIE EREDIENS!
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
CAD

• 6:45 Vroegoggend Opstandingsgeleentheid 
• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens – Prediker: Ds Williams (Besoekende Prediker)
→  Geen Kleuterkerk of Kategese tydens die vakansie nie. 
• 10:00 Geen teedrinkgeleentheid in Pastoriesaal nie. 

WOENSDAG, 8 APRIL

SKOLE HEROPEN 

SONDAG, 12 APRIL

TWEEDE PAASSONDAG
(Ds. Petri bedien by Huis Wittekruin) 
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Ramot

• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 OggenddiensKINDERDIENS Prediker: Ds Brits Janse van Rensburg 
Kleuters tot gr 3 bly in die kerk, en het nie kategese nie. 
Die Gr 4’s – 11’e woon die erediens soos gewoonlik by en het daarna kategese.   

• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal Kom kuier gesellig saam!

PATERNOSTER BASAAR 

Ons is dankbaar om terugvoering te gee dat ons inkomste tans staan op R33 314,00 met sekere gelde wat nog uitstaande is. 

Baie dankie aan elkeen wat bygedra en gehelp het om van die Paternoster basaar ‘n groot sukses te maak. Jul ondersteuning en harde werk word opreg waardeer! 

BARMHARTIGHEID

Brood en blikkie-projek: Ons is betrokke by ’n projek waar ons gemeente eenmaal per maand ± 50 papiersakke met ’n halwe brood en ’n blikkie proteïenryke kos na Badisa neem om daar uitgedeel te word. Indien u ’n blikkie of twee vir dié doel wil bydra, kan dit asb in die boksies by die kerkdeure geplaas word. 

Huis Wittekruin wegneem-etes: Huis Wittekruin verskaf heerlike wegneem-etes van Maandag tot Vrydag teen R50 ‘n ete. Woensdae se ete sluit nagereg in en kos dan R55. Kontak hulle gerus vir verdere inligting by 022 713 2230/9. 

SENIOR LIDMATE

Silwer Vleuels Senior Klub: Hulle kuier saam op Woensdae-oggende vanaf 09:00 in Die Ou Waenhuis. Alle senior dames wat belangstel om by hulle aan te sluit, kan gerus vir Corlene van der Merwe kontak by 084 715 1169. 

BESOEKERS

Welkom by ons erediens! As dit jou eerste keer by ons gemeente is, is ons so opgewonde om jou hier te hê. Jy is deel van ‘n familie waar liefde, geloof en gemeenskap bymekaar kom. Mag vandag se diens jou hart ophef, vir jou vrede bring, en jou inspireer op jou reis met God. Ons nooi jou uit, om na die diens saam met ons ‘n koppie tee/koffie te geniet in die pastoriesaal by die Kerk Sentrum. Ons sal graag met jou wil kennis maak. Daar is ‘n boek by die ingange waar jy jou besonderhede kan inskryf, en die Kerk Kantoor sal met jou kontak maak.

GEBED

Kan ons vir jou bid? Stuur gerus ‘n gebedsversoek na 082 256 6669 en ons sal saam met jou die saak aan ons hemelse Vader opdra in gebed. Dit kan anoniem wees of as jy sou verkies, kan jy jou naam byvoeg. Ons onderneem dat alle inligting as streng vertroulik hanteer sal word. Indien jy wil aansluit by die groep as ‘n gelowige wat saam met ons bid, kan jy ook jou naam en nommer na hierdie nommer stuur. Voeg net die woord “mede-gelowige” by. Ons benodig ook jou gebed tot ons Vader.

STIL-WORD DIENSTE 

Daar sal geen Stilword- of Adoramusdienste wees nie – tot nadere kennisgewing.   

VERJAARSDAE EN LIEF EN LEED

Baie geluk en seënwense aan almal wat in die volgende tydperk verjaar

5 April: Piet Struwig, Dylan van Zyl, Magdalena Ellis, Arianna Pienaar, Bernice Heydenrych 
6 April: Eileen Struwig, Danie Kotzé, Marie van Niekerk, Marlene Croxford, Harry Burger 
7 April: Marinda Thiart, Lindi Brand, Koos Kotze 
8 April: Elsa Meiring, Cecile Tredoux, Ansunet Pienaar 
9 April: Marelie Meiring, Celest Myburgh, Mynhard Slabbert, Nika Visagé, Anika van Heerden 
10 April: Jan Scherman, Dawie Gouws, Estiaan Coetzee 
11 April: Marguerite Raath, Jaco Coetzee, Elra Janse van Rensburg, Frans Botha, Heidi van Wyk, Doris Truter 

* Ons vra asb voorbidding vir lidmate en hulle gesinne / families wat worstel met siekte en ander buitengewone uitdagings.

* Ons loof en prys die Here vir getuienisse van verhoorde gebede.

* Ons dink met leedwese aan diegene wat in die afgelope tyd ‘n geliefde aan die dood afgestaan het.