WOON EN WANDEL DEUR DIE WOORD
Esegiël 37:1-14; Psalm 130; Romeine 8:6-11; Johannes 11:1-45

GEBEDSKERS
Ons bid vir almal se veiligheid op die paaie gedurende die vakansie en oor die Paasnaweek.
SONDAG, 22 MAART
VYFDE LYDENSONDAG
BAIE WELKOM BY DIE EREDIENS!
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Straatwerk
• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens – Prediker: Ds Petri Coetzee
→ Die Kleuterkerk-kinders sowel as die Graad 1-3 kinders woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag dan na hulle lokale: 4 jaar tot Gr R – Die Ou Waenhuis. Gr 1 – Kerksentrum (Moria). Gr 2 – Ou Stalle en Kerksentrum (Ararat). Gr 3 – Kerksentrum (Karmel).
→ Die Gr 4’s – 11’e woon die erediens soos gewoonlik by en het daarna kategese.
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal – Kom kuier gesellig saam!
VRYDAG, 27 MAART
SKOLE SLUIT – ‘n Aangename blaaskansie word almal toegewens!
SONDAG, 29 MAART
SESDE LYDENSONDAG
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Nuwe Geloofsgemeenskap Ontwikkeling
• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens – DOOP/BELYDENISAFLEGGING Prediker: Ds Petri Coetzee
→ Geen Kleuterkerk of Kategese tydens die vakansie nie.
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal – Kom kuier gesellig saam!
BELANGRIKE DATUMS – MAART EN APRIL
28 MAART:Moedergemeente – Paternoster Basaar om 09:00
30 MAART – 1 APRIL: Groot Lydensweek – Moedergemeente om 18:30
2 APRIL: Belewingsnagmaal – NG Akkerdyk om 18:30
3 APRIL: Goeie Vrydag Nagmaaldiens – Moedergemeente om 09:00
5 APRIL PAASFEES – Vroegoggend Opstandingsgeleentheid om 06:45 op groot rots in Frans Kochstr. Ry op met Deurweg/Uranusstraat, draai links by Sterrezicht in Argostraat in en dan weer links in Frans Kochstraat. Ry aan tot waar die straat doodloop. Bring gerus n stoel of kombers saam om op te sit. Ons gaan in stilte wag vir die son om op te kom en ons dan weer opnuut toewy aan die opgestane Heer. 09:00 Erediens
6 APRIL: Gesinsdag
8 APRIL: Skole Open
12 APRIL: Kinderdiens
MOEDERGEMEENTE PATERNOSTER BASAAR
Dit vind plaas op 28 Maart 2026 in Paternoster Hotel se saal. Ons vra vriendelik vir skenkings in die vorm van bestandele en produkte. Bestandele soos meel, suiker, eiers, margarine, olie, jelliepoeier, kondensmelk, ingedampte melk en vla kan asb nou reeds by die kerkkantoor afgegee word. Kontantbydraes is ook welkom. Kontak ons asseblief indien jy ons kan help met gebak en klaargemaakte poedings (warm of koud).
BARMHARTIGHEID
Brood en blikkie-projek: Ons is betrokke by ’n projek waar ons gemeente eenmaal per maand ± 50 papiersakke met ’n halwe brood en ’n blikkie proteïenryke kos na Badisa neem om daar uitgedeel te word. Indien u ’n blikkie of twee vir dié doel wil bydra, kan dit asb in die boksies by die kerkdeure geplaas word.
Huis Wittekruin wegneem-etes: Huis Wittekruin verskaf heerlike wegneem-etes van Maandag tot Vrydag teen R50 ‘n ete. Woensdae se ete sluit nagereg in en kos dan R55. Wegneemetes kan weer verkry word vanaf 2 Februarie 2026. Kontak hulle gerus vir verdere inligting by 022 713 2230/9.
Huis Wittekruin hou basaar op Vrydag 6 Maart om 15:00 tot 18:00. Kom kuier saam, snuffel vir winskopies en geniet ‘n heerlike aandete.
SENIOR LIDMATE
Silwer Vleuels Senior Klub: Hulle kuier saam op Woensdae-oggende vanaf 09:00 in Die Ou Waenhuis. Alle senior dames wat belangstel om by hulle aan te sluit, kan gerus vir Corlene van der Merwe kontak by 084 715 1169.
BESOEKERS
Welkom by ons erediens! As dit jou eerste keer by ons gemeente is, is ons so opgewonde om jou hier te hê. Jy is deel van ‘n familie waar liefde, geloof en gemeenskap bymekaar kom. Mag vandag se diens jou hart ophef, vir jou vrede bring, en jou inspireer op jou reis met God. Ons nooi jou uit, om na die diens saam met ons ‘n koppie tee/koffie te geniet in die pastoriesaal by die Kerk Sentrum. Ons sal graag met jou wil kennis maak. Daar is ‘n boek by die ingange waar jy jou besonderhede kan inskryf, en die Kerk Kantoor sal met jou kontak maak.
GROOT LYDENSWEEK: 30 MAART – 1 APRIL
Kom berei voor vir die Paastyd tydens ons Groot Lydensweek.
Ons het elke aand om 18:30 vanaf Maandag 30 Maart tot Woensdag 1 April, ’n geleentheid in die kerk, waartydens ons nadink oor ’n aspek van Jesus se lyding.
Ons het ook stasies in die kerk waarby jy kan gaan stil word elke aand, na ons kort geleentheid om 18:30. Die stasies sal ook oop wees Maandag tot Woensdag vanaf 9:00 tot 15:00. Jy is welkom om enige tyd in diè tydsgleuf die stasies te besoek deur die dag. Donderdagaand is daar by Akkerdyk Gemeente ’n belewingsnagmaaldiens om 18:30, en Vrydagoggend ‘n nagmaaldiens om 9:00 in ons gemeente.
HULP GEVRA VIR ONS GROOT LYDENSWEEK
Ons is opsoek na mense wat bereid is om gedurende ons Groot Lydensweek van Maandag tot Woensdag, vir ’n bepaalde tyd in die kerk te sit, tydens die tye wat die kerk oop is vir mense om die stasies te besoek, sodat daar net iemand teenwoordig is wanneer die kerk oopstaan gedurende die betrokke tye. Maandag tot Woensdag is die kerk oop vanaf 9:00 tot 15:00. Sondag sal daar na die diens ’n lys wees waarop jy jou naam kan invul, of jy kan die kerkkantoor kontak en vra watter tye is nog oop. Jy kan meer as een keer ook jou naam opsit. Dankie vir jou hulp.
JEUG
#imagine: Hierdie onvergeetlike Christelike kamp vir tieners van 13 tot 18 jaar vind plaas van 28-30 Maart by Bredasdorp Park, Bredasdorp. Die koste is R780.00 (uitsluitend vervoer). Ons wil graag so veel as moontlik van ons tieners laat deel in hierdie ervaring. Borge is beskikbaar. Kontak asb vir ds Brits in hierdie verband.
→ Inskrywingsvorms is beskikbaar by www.imaginemovement.co.za
→ Ons is ook op soek na volwassenes wat as leiers saam met die tieners kan gaan kamp.
GEBED
Kan ons vir jou bid? Stuur gerus ‘n gebedsversoek na 082 256 6669 en ons sal saam met jou die saak aan ons hemelse Vader opdra in gebed. Dit kan anoniem wees of as jy sou verkies, kan jy jou naam byvoeg. Ons onderneem dat alle inligting as streng vertroulik hanteer sal word. Indien jy wil aansluit by die groep as ‘n gelowige wat saam met ons bid, kan jy ook jou naam en nommer na hierdie nommer stuur. Voeg net die woord “mede-gelowige” by. Ons benodig ook jou gebed tot ons Vader.
STIL-WORD DIENSTE
Daar sal geen Stilword- of Adoramusdienste wees nie – tot nadere kennisgewing.
MANNEBEDIENING
Die Mannebediening versamel leë toiletrolletjies (kartonbinneste). Hulle sal dit baie waardeer as jy joune kan bewaar, en saambring kerk toe. Los dit asseblief in ‘n sak vir hulle by die deure van die Kerk.

VERJAARSDAE EN LIEF EN LEED
Baie geluk en seënwense aan almal wat in die volgende tydperk verjaar
22 Maart: Marlise Muller, Wikkie Kruger;
23 Maart: Susan Coetzee, Nedine Enslin, Jan Cordier
24 Maart: Anita Baard, Tania van Dijk, Margie Schoonraad, Heinrich Nel
25 Maart: André Joubert, Pieter Roux, Zelda Mostert, Amoré van Aardt, Isabella West, Berno van Heerden, Annami Simon
26 Maart: Ruan Vlok, Sanet Pienaar, Leané Hanekom, Isabelle Lochner
27 Maart: Marida le Roux
28 Maart: Braam Steenkamp, Ria-Ri Boonzaaier
29 Maart: Antonette Coetzee, Chris Kotze (Jacobsbaai), Li-Handri Grobbelaar, Reinier Drotskie
30 Maart: Wilma Victor, Annette Jansen van Rensburg, Mart-Mari Esterhuizen
31 Maart: Willa van Schalkwyk, Japie Ludeke, Marina Nel, Natasha Lötter, Mené Engel
1 April: Greta Marais, Louisa le Grange, Jana Marais, Marizann Steyn, Erin Swartz, Johanna Pool
2 April: Aldo van Niekerk, Mercia Kruger, Christo Fourie
3 April: Francois van der Merwe, Miané Mostert
4 April: Klarissa Coetzee, Dean van Zyl, Waldene Boonzaaier, Milan Engelbrecht, Michael Kotze, Izelle Rust, Deirdré van Zyl
* Ons vra asb voorbidding vir lidmate en hulle gesinne / families wat worstel met siekte en ander buitengewone uitdagings.
* Ons loof en prys die Here vir getuienisse van verhoorde gebede.
* Ons dink met leedwese aan diegene wat in die afgelope tyd ‘n geliefde aan die dood afgestaan het.