7 Desember 2025

Facebook
WhatsApp
Inhoud
WOON EN WANDEL DEUR DIE WOORD

Jesaja 11:1-10, Psalm 72:1-7, 18-19, Romeine 15:4-13, Matteus 3:1-12    

GEBEDSKERS

Laat hul arbeid vrug dra tot U eer, en tot die uitbreiding van U koninkryk.   

SONDAG, 7 DESEMBER – TWEEDE ADVENTSONDAG

BAIE WELKOM BY DIE EREDIENS!
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Gideons

• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens – Prediker: Ds Petri Coetzee
• 10:00 Neem asseblief kennis dat daar geen teedrink na die erediens sal wees vanaf Sondag 7 Desember nie. Teedrink sal weer hervat word op Sondag 11 Januarie 2026.

  SKOLE SLUIT 10 DESEMBER 2025 🎉 🎉 🎉 

SKOLE OPEN 14 JANUARIE 2026⚽🏈⚽ 

SONDAG, 11 JANUARIE

Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Huis Wittekruin

• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens – Prediker: Ds Petri Coetzee
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal – Kom kuier gesellig saam!

SONDAG, 18 JANUARIE

Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Badisa Weskus

• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens KINDERDIENS – Prediker: Ds Petri Coetzee 
• 10:00 Indeling van kategese in kerk. Ouers is welkom om in die kerk agter te bly. 
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal – Kom kuier gesellig saam!
• 18:30 Week van Toewyding en Gebed 

DANKFEES

Ons wil graag ons opregte waardering uitspreek teenoor elke lidmaat wat tydens ons Dankfees ruimhartig bygedra het, en vir elkeen se volgehoue ondersteuning en betrokkenheid. Daar is steeds heelwat basaarvleis beskikbaar om by die kerkkantoor aan te skaf. Hierdie verkope sal die basaar-inkomste verder laat groei. 

Finansiële Oorsig – Basaar: 
Inkomstes – R199 100.20 
Uitgawes – R41 858.17 

AANKONDIGINGS

Neem asseblief kennis dat hierdie die laaste aankondigingsblad vir die jaar is. Die eerste aankondigingsblad vir die nuwe jaar sal weer beskikbaar wees op Sondag 18 Januarie. Ons wil graag van die geleentheid gebruik maak om vir elkeen ’n geseënde en vreugdevolle feesseisoen toe te wens. Mag dit ’n tyd van rus, saam- wees en dankbaarheid wees – en mag u en u geliefdes veilig wees waar julle ook al reis of verkeer. Baie dankie vir u ondersteuning en saamreis gedurende die jaar! 

ALGEMEEN

Sluiting van kerkkantoor: Die kerkkantoor sluit op 15 Desember om 16:30 en heropen weer op 5 Januarie 2026 om 7:30. Kontak gerus vir Lydia (081 817 2054) in daardie tyd indien u navrae het of hulp benodig. 

Kersdag-kollekte: Ons Kersdag-diens begin om 9:00. Die Kersdag-kollekte word verdeel tussen Arbeidsbediening Plaaslik, Seelui Saldanha en plaaslike Getuienisprojekte

Oujaarsdiens: Ons Oujaarsdiens vind op 31 Desember om 18:30 plaas. 

Weskus Kersmark: NG Vredenburg-Akkerdyk se Kersmark in die Skilpadsaal strek van 12 Desember tot 23 Desember. Ondersteun hulle gerus!  

BESOEKERS

Welkom by ons erediens! As dit jou eerste keer by ons gemeente is, is ons so opgewonde om jou hier te hê. Jy is deel van ‘n familie waar liefde, geloof en gemeenskap bymekaar kom. Mag vandag se diens jou hart ophef, vir jou vrede bring, en jou inspireer op jou reis met God. Ons nooi jou uit, om na die diens saam met ons ‘n koppie tee/koffie te geniet in die pastoriesaal by die Kerk Sentrum. Ons sal graag met jou wil kennis maak. Daar is ‘n boek by die ingange waar jy jou besonderhede kan inskryf, en die Kerk Kantoor sal met jou kontak maak.

BARMHARTIGHEID

Goeie tweedehandse klere teen billike pryse: Word gerus deel van ons WhatsApp-groep, Van my na jou, en kry goeie tweedehandse klere, wat ons as skenkings ontvang het, teen baie billike pryse te koop. Foto’s van die klere word elke Sondag opgesit.
➔ Stuur ‘n WhatsApp na Anne-Marie Laubscher (Barmhartigheidspan) by 082 327 1683 as jy deel wil word van die groep!

Brood en blikkie-projek: Ons is betrokke by ’n projek waar ons gemeente eenmaal per maand ±50 papiersakke met ’n halwe brood en ’n blikkie proteïenryke kos na Badisa neem om daar uitgedeel te word. Indien u ’n blikkie of twee vir dié doel wil bydra, kan dit asb in die boksies by die kerkdeure geplaas word.

Huis Wittekruin wegneem-etes: Huis Wittekruin verskaf heerlike wegneem-etes van Maandag tot Vrydag teen R50 ‘n ete. Woensdae se ete sluit nagereg in en kos dan R55. Kontak hulle gerus vir verdere inligting by 022 713 2230/9.

SENIOR LIDMATE

Silwer Vleuels Senior Klub: Silwer Vleuels sal op 10 Desember sluit en op 14 Januarie weer heropen. Kontak gerus vir Corlene van der Merwe by 084 715 1169 vir enige navrae. 

LIDMAATSKAPBEWYSE

Vanaf Prins Alfred’s Hamlet Louis SWART   
Vanaf La Rochelle Albertus J POOL en eggenote 
Vanaf Middelburg-Suid Mariana LEWIES (Nou MEYER)    
Vanaf Saldanha Suritha DU PLESSIS   

GEBED

Kan ons vir jou bid? Stuur gerus ‘n gebedsversoek na 082 256 6669 en ons sal saam met jou die saak aan ons hemelse Vader opdra in gebed. Dit kan anoniem wees of as jy sou verkies, kan jy jou naam byvoeg. Ons onderneem dat alle inligting as streng vertroulik hanteer sal word. Indien jy wil aansluit by die groep as ‘n gelowige wat saam met ons bid, kan jy ook jou naam en nommer na hierdie nommer stuur. Voeg net die woord “mede-gelowige” by. Ons benodig ook jou gebed tot ons Vader.

PASTORALE SORG 

Soms gebeur dit dat iemand in die verbygaan vir die dominee sê hy moet kom kuier, en dan glip dit ongelukkig by hom verby. As jy graag ‘n besoek van die dominees wil hê, laat weet asseblief vir die kerkkantoor, of stuur vir die dominees ‘n whatsapp. So maak ons seker dat niemand misgeloop word nie, en dat elkeen die sorg ontvang wat hulle nodig het. Kerkkantoor – 022 713 1724; Ds Brits Janse van Rensburg – 073 008 6732; Ds Petri Coetzee – 084 207 3508  

VERJAARSDAE EN LIEF EN LEED

Baie geluk en seënwense aan almal wat in die volgende tydperk verjaar

7 Desember: Attie Coetzee (VSpilbergenstr), Riaan Schoeman, Corlene van der Merwe, Sakkie Kotze, Antoinette Jöhl, Rina Breytenbach, Michael Engelbrecht, Frikkie Kloppers, Johan Prinsloo
8 Desember: Charlene Frick, Arnold van Niekerk, Susan Lucouw
9 Desember: Marlene van Zyl, Lizda Pretorius
10 Desember: Konrad Toerien
11 Desember: Melanie Drotskie, Marietjie Nel, Retha van der Walt, Sakkie du Toit, Hannes Burger, Juan Langley, Marlu Lennox
12 Desember: Valie Coetzee
13 Desember: Pieter Adlem, Tilla Kotze
14 Desember: Herman Wiehahn, Susan Veldsman, Valmé Olivier, Hercules le Roux
15 Desember: Ernest Reynolds, André Prins, Sanita Kruger, Joggom Smit, Maatjie Stowik
17 Desember: William Minnie, Elsa Visser, Nico Vorster
18 Desember: Sonja du Toit, Karyke Smit, Chandré van der Merwe
19 Desember: Stevé Coetzee, Kallie Strecker, Karen Lewis, Linri van Aardt, Dunnay Kloppers, Eric Heydenrych
20 Desember: Marina Momberg, Helene Terblanche, Essie Nelson
21 Desember: Ronell Green, Lee-Ann de Beer, Andrew Greeff, Turner Wilkinson (jr), Hein Thomas
23 Desember: JS Nieuwoudt, Heila Moag, Johan Kotze, Anlie de Wet, Koos Greeff, Luzelle Bredenhann
24 Desember: Phillip Busch, Christoff Lombard, Tiaan le Roux (Uranusstr)
25 Desember: Barry Bezuidenhout
27 Desember: Bertus du Plessis, Johané Matthee, Catharina Strydom, Leen Vermeulen, Deon Myburgh, Walter Smith
28 Desember: Naudé Marais (jr), Dirk Laubscher, Martin Steenkamp
29 Desember: Denise Kotze, Laetitia van Heerden, Theunis Volschenk, Wynand Kotze, Wilna Bezuidenhout
30 Desember: Brandon Harmse
31 Desember: Helene Hanekom, Sina Rapitsi, Liani Rossouw
1 Januarie: Peet van Tonder, Freda Kotze, Carisma Spamer, Riëtte Laubscher, Johan van Dyk
2 Januarie: Christiaan van Wyk, Zané van Wyk, Suzette Louw, Bees de Jongh
3 Januarie: Johan Hulme, Mindré Stofberg, René van Dyk
4 Januarie: Suretha Bowles, Tertia Botes
5 Januarie: Gert Engelbrecht, Peter Church (sr), Kayla Rossouw
6 Januarie: Charlene Bekker, Zanne van Wyk, Miané Kraft, Daan Britz, Antonette Groenewald
7 Januarie: Johann Dunn, Elaine Tarrant
8 Januarie: Elsabé Coetzee, Erieka Nieuwenhuysen, Sagruida du Plessis, Yolandi van Wyk, Lorette Engelbrecht, Mariëta Vlok
9 Januarie: Nanda Grobbelaar, Manie Spamer, Jurg le Roux, Lianka Jordaan, Wilna Mostert
10 Januarie: Berna Reynolds, Frans Badenhorst (sr), Pierre van Eeden, Gerni van Nieuwenhuizen, James Green
11 Januarie: Gerda Cronjé, Evert van Eck, Antoinette Lerm, Suné Hanekom, Johan Baard
13 Januarie: Chrisna Church, Nadia van Schalkwyk, Nicolé Nel, Franco Laubscher
14 Januarie: Jacques van der Merwe, Zanell Kloppers
15 Januarie: Portia Reinertz, Matilda Pieters, Rina Brits, Naomie Vorster, Frika Human
16 Januarie: Arno Marais, Elske Oosthuizen, Freddy Kemp
17 Januarie: Ronny du Plessis, Gerda Kirchner, Aneska Wilkinson, Adéle Green, Elri Janse van Rensburg

* Ons vra asb voorbidding vir lidmate en hulle gesinne / families wat worstel met siekte en ander buitengewone uitdagings

* Ons loof en prys die Here vir getuienisse van verhoorde gebede.

* Ons dink met leedwese aan diegene wat in die afgelope tyd ‘n geliefde aan die dood afgestaan het.