WOON EN WANDEL DEUR DIE WOORD
Jesaja 2:1-5; Psalm 122; Romeine 13:11-14; Matteus 24:36-44

GEBEDSKERS
Here, ons bid vir al die instansies wat met sorg en steun mense se lewens dien. Seën hulle werk, lei hulle besluite, en versterk elke persoon wat hul hande en harte uitleen om ander te help.
SONDAG, 30 NOVEMBER
BAIE WELKOM BY DIE EREDIENS!
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Badisa Sinodaal
• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens – Prediker: Ds Brits Janse van Rensburg
(Ds Petri Coetzee bedien by Huis Wittekruin)
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal – Almal is hartlik welkom!
• 19:00 Kerssangdiens by NG Kerk Akkerdyk – Almal word hartlik uitgenooi!
SONDAG, 7 DESEMBER
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Gideons
• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens – Prediker: Ds Petri Coetzee
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal – Kom kuier gesellig saam!
JEUGKOMMISSIE
Is dit jou passie om die Woord met ons jeug te deel? Die Jeugkommissie nooi jou uit om deel te raak van ons span, en een van ons Kategete te word. Kontak vir Ds. Brits direk vir meer inligting by 073-008-6732.
FINANSIES
Die finansbediening gee hiermee ‘n kort insig oor die gemeente se finansies vir die tydperk 01 Maart tot 31 Oktober 2025.

Die kerk se inkomstes en uitgawes vir die 8 maande van die finansiële jaar is baie naby aan wat begroot was. Baie dankie vir almal wat ‘n bydra maak tot ons gemeente se finansies. Ons waardeer dit opreg.
BESOEKERS
Welkom by ons erediens! As dit jou eerste keer by ons gemeente is, is ons so opgewonde om jou hier te hê. Jy is deel van ‘n familie waar liefde, geloof en gemeenskap bymekaar kom. Mag vandag se diens jou hart ophef, vir jou vrede bring, en jou inspireer op jou reis met God. Ons nooi jou uit, om na die diens saam met ons ‘n koppie tee/koffie te geniet in die pastoriesaal by die Kerk Sentrum. Ons sal graag met jou wil kennis maak. Daar is ‘n boek by die ingange waar jy jou besonderhede kan inskryf, en die Kerk Kantoor sal met jou kontak maak.
BARMHARTIGHEID
Goeie tweedehandse klere teen billike pryse – Word gerus deel van ons WhatsApp-groep, Van my na jou, en kry goeie tweedehandse klere, wat ons as skenkings ontvang het, teen baie billike pryse te koop. Foto’s van die klere word elke Sondag opgesit.
➔ Stuur ‘n WhatsApp na Anne-Marie Laubscher (Barmhartigheidspan) by 082 327 1683 as jy deel wil word van die groep!
Brood en blikkie-projek: Ons is betrokke by ’n projek waar ons gemeente eenmaal per maand ±50 papiersakke met ’n halwe brood en ’n blikkie proteïenryke kos na Badisa neem om daar uitgedeel te word. Indien u ’n blikkie of twee vir dié doel wil bydra, kan dit asb in die boksies by die kerkdeure geplaas word.
Huis Wittekruin wegneem-etes: Huis Wittekruin verskaf heerlike wegneem-etes van Maandag tot Vrydag teen R50 ‘n ete. Woensdae se ete sluit nagereg in en kos dan R55. Kontak hulle gerus vir verdere inligting by 022 713 2230/9.
SENIOR LIDMATE
Silwer Vleuels Senior Klub: Hulle kuier saam op Woensdag-oggende vanaf 9:00 in Die Ou Waenhuis. Alle senior dames wat belangstel om by hulle aan te sluit, kan gerus vir Corlene van der Merwe kontak by 084 715 1169.
LIDMAATSKAPBEWYSE
Vanaf Akkerdyk: Renier Willem Albertus BASSON
Vanaf Velddrif: Monick VAN DEN BERG (Nou BASSON)
KERKRAADSVERKIESING
Op die Kerkraadsvergadering van 17 November 2025 is die volgende persone verkies as:
Diaken:
Renier Faasen – Mannebediening
Ouderlinge:
Annari Engelbrecht – Pastorale Bediening
Juanita De La Harpe-Coetzee – Spiritualiteitsbediening
GEBED
Kan ons vir jou bid? Stuur gerus ‘n gebedsversoek na 082 256 6669 en ons sal saam met jou die saak aan ons hemelse Vader opdra in gebed. Dit kan anoniem wees of as jy sou verkies, kan jy jou naam byvoeg. Ons onderneem dat alle inligting as streng vertroulik hanteer sal word. Indien jy wil aansluit by die groep as ‘n gelowige wat saam met ons bid, kan jy ook jou naam en nommer na hierdie nommer stuur. Voeg net die woord “mede-gelowige” by. Ons benodig ook jou gebed tot ons Vader.
PASTORALE SORG
Soms gebeur dit dat iemand in die verbygaan vir die dominee sê hy moet kom kuier, en dan glip dit ongelukkig by hom verby. As jy graag ‘n besoek van die dominees wil hê, laat weet asseblief vir die kerkkantoor, of stuur vir die dominees ‘n whatsapp. So maak ons seker dat niemand misgeloop word nie, en dat elkeen die sorg ontvang wat hulle nodig het. Kerkkantoor – 022 713 1724; Ds Brits Janse van Rensburg – 073 008 6732; Ds Petri Coetzee – 084 207 3508
KOFFIE KUIERS – CAFÉ GRAZE
Ds Petri & Ds Brits sal op Vrydae tussen 8h00 en 9h00 by Café Graze wees. Hierdie is ‘n oop-geleentheid vir enige een wat wil kom gesels – oor geloof, die lewe, of sommer net oor koffie. Kom loer gerus in, kom sit saam en gesels ‘n bietjie. Almal is baie welkom.

VERJAARSDAE EN LIEF EN LEED
Baie geluk en seënwense aan almal wat in die volgende week verjaar
30 November: Karla van Zyl
1 Desember: Dalena Human, Johanna Stears, Frans Koch, Lana Myburgh, Marlize Bezuidenhout, Jana Heydenrych
2 Desember: Naudé Marais (sr), André Mostert, Lea Visser, Tokkie Smuts
3 Desember: Alta van den Heever, Neels Esterhuyse, Nelmarie Thurling, John Bowles, Wilmi de Wet
4 Desember: Cobus Boonzaaier, Denelle Kotze, Heyno Kraft, Henno Jacobs, André du Toit
5 Desember: Daniela Dixon, Anné de Goede, Rudy Brits, André Enslin, Janco Coetzee, Jeanne-Mari Boonzaaier, Jannie Fourie
6 Desember: Mia du Plessis, Isabella Joubert, Sophy van Zyl
* Ons vra asb voorbidding vir lidmate en hulle gesinne / families wat worstel met siekte en ander buitengewone uitdagings
* Ons loof en prys die Here vir getuienisse van verhoorde gebede.
* Ons dink met leedwese aan diegene wat in die afgelope tyd ‘n geliefde aan die dood afgestaan het – Rita Wickham en Familie