2 November 2025

Facebook
WhatsApp
Inhoud
WOON EN WANDEL DEUR DIE WOORD

Habakuk 1:1-4; 2:1-4 en Psalm 119:137-144; Jesaja 1:10-18 en Psalm 32:1-7; 2 Thessalonisense 1:1-4, 11-12; Lukas 19:1-10  

GEBEDSKERS

Ons bid vir almal wat in plekke van sorg woon en werk. Here, vul hierdie ruimtes met warmte, hoop en lig. 

SONDAG, 2 NOVEMBER

BAIE WELKOM BY DIE EREDIENS!
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Magdalenahuis

• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens, DOOPDIENS – Prediker: Ds Brits Janse van Rensburg
➔ Kleuters tot Gr 3 bly in die kerk, en het nie kategese nie.
Die Gr 4’s – 11’e woon die erediens soos gewoonlik by en het daarna kategese.
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal – Almal is hartlik welkom!

SONDAG, 9 NOVEMBER

Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Badisa Weskus

• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 OggenddiensNAGMAAL EN DANKOFFERFEES
Prediker: Ds Petri Coetzee
Die Kleuterkerk-kinders sowel as die Graad 1-3 kinders woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag dan na hulle lokale: 4 jaar tot Gr R – Die Ou Waenhuis. Gr 1 – Anneks en Kerksentrum. Gr 2 + 3 – Kerksentrum. 
Die Gr 4’s – 11’e woon die erediens soos gewoonlik by en het daarna kategese. 
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal – Almal is hartlik welkom!
• 18:30 Jubelaand by Moedergemeente – Almal word hartlik daarheen uitgenooi! 

BESOEKERS

Welkom by ons erediens! As dit jou eerste keer by ons gemeente is, is ons so opgewonde om jou hier te hê. Jy is deel van ‘n familie waar liefde, geloof en gemeenskap bymekaar kom. Mag vandag se diens jou hart ophef, vir jou vrede bring, en jou inspireer op jou reis met God. Ons nooi jou uit, om na die diens saam met ons ‘n koppie tee/koffie te geniet in die pastoriesaal by die Kerk Sentrum. Ons sal graag met jou wil kennis maak. Daar is ‘n boek by die ingange waar jy jou besonderhede kan inskryf, en die Kerk Kantoor sal met jou kontak maak.

BARMHARTIGHEID

Goeie tweedehandse klere teen billike pryse – Word gerus deel van ons WhatsApp-groep, Van my na jou, en kry goeie tweedehandse klere, wat ons as skenkings ontvang het, teen baie billike pryse te koop. Foto’s van die klere word elke Sondag opgesit.
➔ Stuur ‘n WhatsApp na Anne-Marie Laubscher (Barmhartigheidspan) by 082 327 1683 as jy deel wil word van die groep!

Brood en blikkie-projek: Ons is betrokke by ’n projek waar ons gemeente eenmaal per maand ±50 papiersakke met ’n halwe brood en ’n blikkie proteïenryke kos na Badisa neem om daar uitgedeel te word. Indien u ’n blikkie of twee vir dié doel wil bydra, kan dit asb in die boksies by die kerkdeure geplaas word.

Huis Wittekruin wegneem-etes: Huis Wittekruin verskaf heerlike wegneem-etes van Maandag tot Vrydag teen R50 ‘n ete. Woensdae se ete sluit nagereg in en kos dan R55. Kontak hulle gerus vir verdere inligting by 022 713 2230/9.

STILWORDDIENS (ADORAMUSDIENS)

Neem ‘n blaaskans uit die gejaag van die week en kom vind rus in die Here se teenwoordigheid.

Ons nooit u hartlik uit na ons Woensdae Stilword- Adoramusdienste om 17:45-18:15. Dit is ’n geleentheid waar jy op ’n gestruktureerde wyse in die teenwoordigheid van God kan stil word, en toelaat dat sy Woord iets in jou hart kom doen. Gebruik die geleentheid om by God te kom rus. Dit vind plaas in ons kapel (konsistorie) by die Kerk.

SENIOR LIDMATE

Silwer Vleuels Senior Klub: Hulle kuier saam op Woensdag-oggende vanaf 9:30 in Die Ou Waenhuis. Alle senior dames wat belangstel om by hulle aan te sluit, kan gerus vir Corlene van der Merwe kontak by 084 715 1169.

NAGMAAL EN TIENDEMAAND DANKOFFER

Ons Nagmaal en Tiendemaand Dankofferfees vind plaas op 9 November. Indien u nog nie ‘n Tiendemaand Dankofferkoevert ontvang het nie, kan u die kerkkantoor kontak, een by die kerkdeur neem of sommer van enige gewone koevert – gemerk 10e Maand dankoffer – gebruikmaak. 

KATEGESE

Kategese-afsluiting: Die kategese-afsluiting vind in die kerk plaas op 16 November. Kinders van Graad 1-7 word versoek om asb 8:30 op die gras by die kerksentrum bymekaar te kom om in klasverband in die middelblok te gaan sit. Al die kategesekinders kry op daardie dag die geleentheid om hulle Kinderdank-offerkoeverte in te handig en ontvang dan ook hulle getrouheidsertifikate / sterre. Ouers is welkom om in die kerk agter te bly vir dié geleentheid

GEBED

Kan ons vir jou bid? Stuur gerus ‘n gebedsversoek na 082 256 6669 en ons sal saam met jou die saak aan ons hemelse Vader opdra in gebed. Dit kan anoniem wees of as jy sou verkies, kan jy jou naam byvoeg. Ons onderneem dat alle inligting as streng vertroulik hanteer sal word. Indien jy wil aansluit by die groep as ‘n gelowige wat saam met ons bid, kan jy ook jou naam en nommer na hierdie nommer stuur. Voeg net die woord “mede-gelowige” by. Ons benodig ook jou gebed tot ons Vader.

MUSIEKBEDIENING

🎤 Kom wees deel van ons Musiekbediening 🎤

Het jy ‘n liefde vir sang of kan jy ‘n musiekinstrument bespeel? Ons musiekbediening is opsoek na nuwe stemme en talentvolle musikante wat graag saam wil dien deur musiek. Of jy ‘n ervare of net ‘n entoesiastiese deelnemer is – kontak vir André du Plessis by ☎ 083 680 0125 of 066 275 0344.

Ons benodig ook ‘n paar mansstemme vir ons Kerssangdiens hierdie jaar – Kom help ons om die boodskap van Christus se geboorte met vreugde te laat klink! As jy jou stem wil laat hoor tot eer van die Here, kontak vir André du Plessis by ☎ 083
680 0125 of 066 275 0344.

PASTORALE SORG 

Soms gebeur dit dat iemand in die verbygaan vir die dominee sê hy moet kom kuier, en dan glip dit ongelukkig by hom verby. As jy graag ‘n besoek van die dominees wil hê, laat weet asseblief vir die kerkkantoor, of stuur vir die dominees ‘n whatsapp. So maak ons seker dat niemand misgeloop word nie, en dat elkeen die sorg ontvang wat hulle nodig het. Kerkkantoor – 022 713 1724; Ds Brits Janse van Rensburg – 073 008 6732; Ds Petri Coetzee – 084 207 3508  

KOFFIE KUIERS – CAFÉ GRAZE

Vanaf Vrydag 7 November (en elke vrydag daarna, tot verdere kennisgewing) sal die dominees tussen 8h00 en 9h00 by Café Graze wees. Hierdie is n oop-geleentheid vir enige een wat wil kom gesels – oor geloof, die lewe, of sommer net oor koffie. Kom loer gerus in, kom sit saam en gesels ‘n bietjie. Almal is baie welkom. 

VERJAARSDAE EN LIEF EN LEED

Baie geluk en seënwense aan almal wat in die volgende week verjaar

2 Nov: Maria Lotz, Elna Fryer, Leah-Mari Thiart 
3 Nov: Anilda Busch 
4 Nov: Sarel von Wielligh 
5 Nov: Johann Vorster 
6 Nov: Ané van Lill, Gerhard Engelbrecht, Nickie Pienaar, Linda Coetsee 
7 Nov: Floors Momberg, Maggie le Roux, Christo de Wet, Pierre le Grange, Kobus de Wet, Timmo Bell, Engela de Jonge 
8 Nov: Marchané Maritz, Josh du Plessis, MB van Zyl 

* Ons vra asb voorbidding vir lidmate en hulle gesinne / families wat worstel met siekte en ander buitengewone uitdagingsMelinda Gerber, Retha Erasmus, Rudi Brits 

* Ons loof en prys die Here vir getuienisse van verhoorde gebede.

* Ons dink met leedwese aan diegene wat in die afgelope tyd ‘n geliefde aan die dood afgestaan het – Belia Basson