WOON EN WANDEL DEUR DIE WOORD
Haggai 1:15b-2:9 en Psalm 145:1-5, 17-21 of Psalm 98, Job 19:23-27a en Psalm 17:1-9, 2 Thessalonisense 2:1-5, 13-17, Lukas 20:27-38

GEBEDSKERS
Here, gebruik die ligdraers in donker tye, en gee dat hulle nooit moeg sal word om vir ander goed te doen nie.
SONDAG, 9 NOVEMBER
BAIE WELKOM BY DIE EREDIENS!
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Badisa Weskus
• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens – NAGMAAL EN DANKOFFERFEES
Prediker: Ds Petri Coetzee
➔ Die Kleuterkerk-kinders sowel as die Graad 1-3 kinders woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag dan na hulle lokale: 4 jaar tot Gr R – Die Ou Waenhuis. Gr 1 – Anneks en Kerksentrum. Gr 2 + 3 – Kerksentrum.
➔ Die Gr 4’s – 11’e woon die erediens soos gewoonlik by en het daarna kategese.
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal – Almal is hartlik welkom!
• 18:30 Jubelaand by Moedergemeente – Almal word hartlik daarheen uitgenooi!
SONDAG, 16 NOVEMBER
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Huis Wittekruin
• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens, AFSLUITING VAN KATEGESE / KINDERDANKOFFERFEES – Prediker: Ds Brits Janse van Rensburg
➔ Kinders van Graad 1-7 word versoek om asb 8:30 op die gras by die kerksentrum bymekaar te kom om in klasverband in die middelblok te gaan sit. Al die kategesekinders kry op daardie dag die geleentheid om hulle Kinderdank-offerkoeverte in te handig en ontvang dan ook hulle getrouheidsertifikate / sterre. Ouers is welkom om in die kerk agter te bly vir dié geleentheid.
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal – Almal is hartlik welkom!
• Kerssangdiens in Moedergemeente – Almal word hartlik uitgenooi!
➔ Lidmate word vriendelik versoek om nie-bederfbare kos en toiletware saam te bring vir die aanvul van ons noodspens.
BESOEKERS
Welkom by ons erediens! As dit jou eerste keer by ons gemeente is, is ons so opgewonde om jou hier te hê. Jy is deel van ‘n familie waar liefde, geloof en gemeenskap bymekaar kom. Mag vandag se diens jou hart ophef, vir jou vrede bring, en jou inspireer op jou reis met God. Ons nooi jou uit, om na die diens saam met ons ‘n koppie tee/koffie te geniet in die pastoriesaal by die Kerk Sentrum. Ons sal graag met jou wil kennis maak. Daar is ‘n boek by die ingange waar jy jou besonderhede kan inskryf, en die Kerk Kantoor sal met jou kontak maak.
BARMHARTIGHEID
Goeie tweedehandse klere teen billike pryse – Word gerus deel van ons WhatsApp-groep, Van my na jou, en kry goeie tweedehandse klere, wat ons as skenkings ontvang het, teen baie billike pryse te koop. Foto’s van die klere word elke Sondag opgesit.
➔ Stuur ‘n WhatsApp na Anne-Marie Laubscher (Barmhartigheidspan) by 082 327 1683 as jy deel wil word van die groep!
Brood en blikkie-projek: Ons is betrokke by ’n projek waar ons gemeente eenmaal per maand ±50 papiersakke met ’n halwe brood en ’n blikkie proteïenryke kos na Badisa neem om daar uitgedeel te word. Indien u ’n blikkie of twee vir dié doel wil bydra, kan dit asb in die boksies by die kerkdeure geplaas word.
Huis Wittekruin wegneem-etes: Huis Wittekruin verskaf heerlike wegneem-etes van Maandag tot Vrydag teen R50 ‘n ete. Woensdae se ete sluit nagereg in en kos dan R55. Kontak hulle gerus vir verdere inligting by 022 713 2230/9.
STILWORDDIENS (ADORAMUSDIENS)
LET WEL: Daar sal nie op Woensdag 12 November ‘n Stilword- Adoramusdiens gehou word nie.
EKOLOGIEBEDIENING
Die wegspringblokke vir die Ekologiebediening se opwindende 2026 program is opgestel! Elkeen wat belangstel word vriendelik uitgenooi om te kom deelneem aan stapoefening, in vars lug en goeie positiewe geselskap om plastiek wat op Hospitaalbaai uitspoel, op te ruim. Daarna sluit ons die geleentheid af met ‘n gesellige kuier by Daai Plekkie, en geniet die onbelemmerde uitsig oor die blou Atlantiese Oceaan. Saterdag 22 November om 8h00 meld ons met handskoene en plastieksakke aan by Daai Plekie op Jacobsbaai … In diens van ons Skepper!
SENIOR LIDMATE
Silwer Vleuels Senior Klub: Hulle kuier saam op Woensdag-oggende vanaf 9:30 in Die Ou Waenhuis. Alle senior dames wat belangstel om by hulle aan te sluit, kan gerus vir Corlene van der Merwe kontak by 084 715 1169.
Kersfees Kabaret vir Senior Volwassenes: AVBOB borg ‘n Kersfees Kabaret, aangebied deur Crown Create Studios, op 20 November om 10:00 in die Pastoriesaal. Kom luister na gunstelinge soos “I’m dreaming of a White Christmas”, “Come all ye faithful” en “Joy to the world”. Alle senior volwassenes word hartlik daarheen uitgenooi! Kontak gerus vir Suselna (083 232 4163) met enige navrae.
KATEGESE
Kategese-afsluiting: Die kategese-afsluiting vind in die kerk plaas op 16 November. Kinders van Graad 1-7 word versoek om asb 8:30 op die gras by die kerksentrum bymekaar te kom om in klasverband in die middelblok te gaan sit. Al die kategesekinders kry op daardie dag die geleentheid om hulle Kinderdank-offerkoeverte in te handig en ontvang dan ook hulle getrouheidsertifikate / sterre. Ouers is welkom om in die kerk agter te bly vir dié geleentheid.
GEBED
Kan ons vir jou bid? Stuur gerus ‘n gebedsversoek na 082 256 6669 en ons sal saam met jou die saak aan ons hemelse Vader opdra in gebed. Dit kan anoniem wees of as jy sou verkies, kan jy jou naam byvoeg. Ons onderneem dat alle inligting as streng vertroulik hanteer sal word. Indien jy wil aansluit by die groep as ‘n gelowige wat saam met ons bid, kan jy ook jou naam en nommer na hierdie nommer stuur. Voeg net die woord “mede-gelowige” by. Ons benodig ook jou gebed tot ons Vader.
MUSIEKBEDIENING
🎤 Kom wees deel van ons Musiekbediening 🎤
Het jy ‘n liefde vir sang of kan jy ‘n musiekinstrument bespeel? Ons musiekbediening is opsoek na nuwe stemme en talentvolle musikante wat graag saam wil dien deur musiek. Of jy ‘n ervare of net ‘n entoesiastiese deelnemer is – kontak vir André du Plessis by ☎ 083 680 0125 of 066 275 0344.
Ons benodig ook ‘n paar mansstemme vir ons Kerssangdiens hierdie jaar – Kom help ons om die boodskap van Christus se geboorte met vreugde te laat klink! As jy jou stem wil laat hoor tot eer van die Here, kontak vir André du Plessis by ☎ 083
680 0125 of 066 275 0344.
PASTORALE SORG
Soms gebeur dit dat iemand in die verbygaan vir die dominee sê hy moet kom kuier, en dan glip dit ongelukkig by hom verby. As jy graag ‘n besoek van die dominees wil hê, laat weet asseblief vir die kerkkantoor, of stuur vir die dominees ‘n whatsapp. So maak ons seker dat niemand misgeloop word nie, en dat elkeen die sorg ontvang wat hulle nodig het. Kerkkantoor – 022 713 1724; Ds Brits Janse van Rensburg – 073 008 6732; Ds Petri Coetzee – 084 207 3508
KOFFIE KUIERS – CAFÉ GRAZE
Ds Petri & Ds Brits sal op Vrydae tussen 8h00 en 9h00 by Café Graze wees. Hierdie is ‘n oop-geleentheid vir enige een wat wil kom gesels – oor geloof, die lewe, of sommer net oor koffie. Kom loer gerus in, kom sit saam en gesels ‘n bietjie. Almal is baie welkom.

VERJAARSDAE EN LIEF EN LEED
Baie geluk en seënwense aan almal wat in die volgende week verjaar
9 Nov: Lizelle Olivier, Hennie Nieuwoudt
10 Nov: Abrie Baard, Thys van Wyk, Hendrik Steyn
11 Nov: Rita Wickham, Luzane Slabbert, Suzie Brand, Wynand de Goede, Hannelie Niemann, Jakob van der Merwe, Motjie Baard
12 Nov: Johanna Laubscher, Dewald Mostert, Ghunnies Nel, Helen Thiart, Brits Janse van Rensburg
13 Nov: Magda de Lange, Irene Engelbrecht, Alrich du Plessis, Johan Pienaar, Ena Koch
14 Nov: Elizma Boonzaaier, Lecile du Plessis, Jacolené Fourie, Miané Bezuidenhout
15 Nov: Derk de Lange, Alta Pretorius, Annamie Steyn, Halinka Denner, Janneke Jansen, Marike Hibbert
* Ons vra asb voorbidding vir lidmate en hulle gesinne / families wat worstel met siekte en ander buitengewone uitdagings.
* Ons loof en prys die Here vir getuienisse van verhoorde gebede.
* Ons dink met leedwese aan diegene wat in die afgelope tyd ‘n geliefde aan die dood afgestaan het.