Woon en wandel deur die Woord
Jeremia 18:1-11 en Psalm 139:1-6, 13-18, Deuteronomium 30:15-20 en Psalm 1, Filemon 1:1-21, Lukas 14:25-33

Gebedskers:
Ons bid vir diegene wat nie kan hoor nie. Here gee aan hulle vrede en vreugde in U teenwoordigeheid.
BAIE WELKOM BY DIE EREDIENS!
SONDAG, 7 September: Bybelsondag / Barmhartigheidsondag
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Bediening aan die Dowes
• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens – Prediker: Ds Brits Janse van Rensburg
† 40 DAE REEKS – Saam is ons beter †
➔Die Kleuterkerk-kinders sowel as die Graad 1-3 kinders woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag dan na hulle lokale: 4 jaar tot Gr R – Die Ou Waenhuis. Gr 1 – Anneks en Pastoriesaal. Gr 2 + 3 – Ou Stalle.
➔ Die Gr 4’s – 11’e woon die erediens soos gewoonlik by en het daarna kategese.
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal – Almal is hartlik welkom!
SONDAG, 14 September: OUPA- EN OUMADAG / TOERUSTINGSONDAG
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Hospitaalbearbeiding
• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens – Prediker: Ds Petri Coetzee
† 40 DAE REEKS – Saam is ons beter †
➔Die Kleuterkerk-kinders sowel as die Graad 1-3 kinders woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag dan na hulle lokale: 4 jaar tot Gr R – Die Ou Waenhuis. Gr 1 – Anneks en Pastoriesaal. Gr 2 + 3 – Ou Stalle.
➔ Die Gr 4’s – 11’e woon die erediens soos gewoonlik by en het daarna kategese.
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal – Almal is hartlik welkom!
MOEDERGEMEENTE DANKFEES
Vrydag 26 September en Saterdag 27 September op ons kerkterrein.
Die hele gemeente word uitgenooi om te kom deel in dié Feesgeleentheid!!!
➡ BESTANDELE, PRODUKTE EN KONTANT – Ons sal dit baie waardeer indien u ons, soos in die verlede, kan help deur die bring van bestandele, te wete kookolie, koekmeel, suiker, versiersuiker, margerien (nie “Lite”), kakao, jelliepoeier, Ultra Mel vla, Ideal melk, volroom kondensmelk, karamel kondensmelk, ingelegde vrugte, eiers.
➡ Kontantbydraes – Kan asb in ons gemeente-rekening inbetaal word, met verwysing – BASAAR
BESOEKERS
Welkom by ons erediens! As dit jou eerste keer by ons gemeente is, is ons so opgewonde om jou hier te hê. Jy is deel van ‘n familie waar liefde, geloof en gemeenskap bymekaar kom. Mag vandag se diens jou hart ophef, vir jou vrede bring, en jou inspireer op jou reis met God. Ons nooi jou uit, om na die diens saam met ons ‘n koppie tee/koffie te geniet in die pastoriesaal by die Kerk Sentrum. Ons sal graag met jou wil kennis maak. Daar is ‘n boek by die ingange waar jy jou besonderhede kan inskryf, en die Kerk Kantoor sal met jou kontak maak.
BARMHARTIGHEID
Goeie tweedehandse klere teen billike pryse – Word gerus deel van ons WhatsApp-groep, Van my na jou, en kry goeie tweedehandse klere, wat ons as skenkings ontvang het, teen baie billike pryse te koop. Foto’s van die klere word elke Sondag opgesit.
➔ Stuur ‘n WhatsApp na Anne-Marie Laubscher (Barmhartigheidspan) by 082 327 1683 as jy deel wil word van die groep!
Brood en blikkie-projek: Ons is betrokke by ’n projek waar ons gemeente eenmaal per maand ±50 papiersakke met ’n halwe brood en ’n blikkie proteïenryke kos na Badisa neem om daar uitgedeel te word. Indien u ’n blikkie of twee vir dié doel wil bydra, kan dit asb in die boksies by die kerkdeure geplaas word.
Huis Wittekruin wegneem-etes: Huis Wittekruin verskaf heerlike wegneem-etes van Maandag tot Vrydag teen R40 ‘n ete. Woensdae se ete sluit nagereg in en kos dan R45. Prys verhoging vanaf 1 Julie – Maandag tot Vrydag teen R50 ‘n ete, en Woensdae se ete wat nagereg insluit sal R55 beloop. Kontak hulle gerus vir verdere inligting by 022 713 2230/9.
VROUE-ONTBYT
NG Kerk Vredenburg bied aan: Vroue-ontbyt saam met Lindie Strydom op 25 Oktober 2025 om 10:00 te NG Kerk Langebaan Kerksaal. Koste beloop R250.00 per persoon. Vir besprekings kontak Colleen Kotze by 083-963-8120. Moenie hierdie geleentheid misloop nie!
STILWORDDIENS (ADORAMUSDIENS)
Ons begin Woensdag 10 September 17:45-18:15 met ’n Stilword- of Adoramusdiens elke Woensdag. Dit is ’n geleentheid waar jy op ’n gestruktureerde wyse in die teenwoordigheid van God kan stil word, en toelaat dat sy Woord iets in jou hart kom doen. Gebruik die geleentheid om by God te kom rus. Dit vind plaas in ons kapel (konsistorie).
LEIERSKAPVERGADERING (KOöRDINERING EN TOERUSTING)
Ons nooi alle leiers wat êrens betrokke is in die Gemeente, om hierdie leierskapvergadering by te woon in die Pastoriesaal op Maandag 15 September om 18h30.
LOKAALVERHURING BESKIKBAAR
Ons lokale is onlangs netjies en stylvol opgeknap en gereed om jou te verwelkom! Of jy nou ‘n vergadering, kursus, opleiding, of kliënte-afsprake wil hou, ons het die ruimte daarvoor.
• Netjies en gerieflik
• Beskikbaar in die week én oor naweke
• Sentraal en toeganklik
☎ Kontak die Kerkkantoor vandag nog om plek te bespreek – 022-713-1724
SENIOR LIDMATE
Silwer Vleuels Senior Klub: Hulle kuier saam op Woensdag-oggende vanaf 9:30 in Die Ou Waenhuis. Alle senior dames wat belangstel om by hulle aan te sluit, kan gerus vir Corlene van der Merwe kontak by 084 715 1169.
GEBED
Kan ons vir jou bid? Stuur gerus ‘n gebedsversoek na 082 256 6669 en ons sal saam met jou die saak aan ons hemelse Vader opdra in gebed. Dit kan anoniem wees of as jy sou verkies, kan jy jou naam byvoeg. Ons onderneem dat alle inligting as streng vertroulik hanteer sal word. Indien jy wil aansluit by die groep as ‘n gelowige wat saam met ons bid, kan jy ook jou naam en nommer na hierdie nommer stuur. Voeg net die woord “mede-gelowige” by. Ons benodig ook jou gebed tot ons Vader.
GASVRYHEIDSBEDIENING
‘n Bring-en-Braai is só eg Suid-Afrikaans en ’n wonderlike manier om ’n seisoen mee af te sluit, met warmte en gemeenskap. Ons nooi die gemeente hartlik uit na ‘n Bring-en-Braai geleentheid, waar ons saam gaan kuier, lag en die Here gaan dank vir die pad wat ons saam gestap het – ‘n ware viering van Sy goedheid en die gemeenskap wat Hy onder ons gebou het. 🔥 Bring jou vleisie en jou stories, ons voorsien die kole en die geselskap! Laat ons hierdie seisoen afsluit met dankbaarheid, vreugde en ’n bord vol lekkerte. Kontak die kerkkantoor by 022-713-1724 of vir Junius Minnaar by 071-860-8029 as jy saam wil deel in hierdie spesiale geleentheid van feesviering!
🗓 Datum: 29 November 2025 om 14h00|
📍 Plek: NGK Vredenburg Kerkgronde

VERJAARSDAE EN LIEF EN LEED
Baie geluk en seënwense aan almal wat in die volgende week verjaar
7 September: Anmar la Grange, Sandra Novella, Bernadene du Preez, Amber van Wyk
8 September: Eduan Badenhorst, Marietjie van Zyl, Sarene Coetzee, Frans van Wyk, Anne-Marie Laubscher, Riesie Kotzé
9 September: Adela Adlem, Giorello Carosini, Johanni Pienaar
10 September: Christel le Roux, Willem van Zyl, Erasmus van Zyl, Franja Barnard, Agnes Faasen, Pottie Potgieter
11 September: Lorraine Veer, Dina Fourie, Marlo Geustyn, Karlo du Preez, Malan Nelson
12 September: Elton Plowman, Patsy van Zyl, Michelle Engelbrecht, Cara de Kock, Barend Coetsee
13 September: Attie Swanepoel, JP Rossouw, Willem de Jongh
* Ons vra asb voorbidding vir lidmate en hulle gesinne / families wat worstel met siekte en ander buitengewone uitdagings
* Ons loof en prys die Here vir getuienisse van verhoorde gebede.
* Ons dink met leedwese aan diegene wat in die afgelope tyd ‘n geliefde aan die dood afgestaan het – Marlene Croxford, Elna Erlank en Familie