31 Augustus 2025

Facebook
WhatsApp
Inhoud

Woon en wandel deur die Woord
Jeremia 2:4-13 en Psalm 81:1, 10-16, Spreuke 25:6-7 en Psalm 112, Hebreërs 13:1-8, 15-16, Lukas 14:1, 7-14

Gebedskers:

Dankie Here vir U woord wat lig bring in donker tye, en hoop gee aan elke hart.

BAIE WELKOM BY DIE EREDIENS!
SONDAG, 31 Augustus: Bybelsondag / Barmhartigheidsondag
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Bybelgenootskap

• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens – Prediker: Ds Petri Coetzee
† 40 DAE REEKS – Saam is ons beter †
Die Kleuterkerk-kinders sowel as die Graad 1-3 kinders woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag dan na hulle lokale: 4 jaar tot Gr R – Die Ou Waenhuis. Gr 1 – Anneks en Pastoriesaal. Gr 2 + 3 – Ou Stalle.
Die Gr 4’s – 11’e woon die erediens soos gewoonlik by en het daarna kategese.
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal – Almal is hartlik welkom!

SONDAG, 7 September: Bybelsondag / Barmhartigheidsondag
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Bediening aan die Dowes

• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens – Prediker: Ds Brits Janse van Rensburg
† 40 DAE REEKS – Saam is ons beter †
Die Kleuterkerk-kinders sowel as die Graad 1-3 kinders woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag dan na hulle lokale: 4 jaar tot Gr R – Die Ou Waenhuis. Gr 1 – Anneks en Pastoriesaal. Gr 2 + 3 – Ou Stalle.
Die Gr 4’s – 11’e woon die erediens soos gewoonlik by en het daarna kategese.
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal – Almal is hartlik welkom!

KLEINGROEPE
Indien jy graag by ‘n kleingroep wil aansluit, kontak asseblief die kerkkantoor by 022 713 1724 of skryf jou naam op die lyste wat voor in die kerk beskikbaar is.

MOEDERGEMEENTE DANKFEES
Vrydag 26 September en Saterdag 27 September op ons kerkterrein.
Die hele gemeente word uitgenooi om te kom deel in dié Feesgeleentheid!!!

BESTANDELE, PRODUKTE EN KONTANT – Ons sal dit baie waardeer indien u ons, soos in die verlede, kan help deur die bring van bestandele, te wete kookolie, koekmeel, suiker, versiersuiker, margerien (nie “Lite”), kakao, jelliepoeier, Ultra Mel vla, Ideal melk, volroom kondensmelk, karamel kondensmelk, ingelegde vrugte, eiers.
Kontantbydraes – Kan asb in ons gemeente-rekening inbetaal word, met verwysing – BASAAR

BESOEKERS
Welkom by ons erediens! As dit jou eerste keer by ons gemeente is, is ons so opgewonde om jou hier te hê. Jy is deel van ‘n familie waar liefde, geloof en gemeenskap bymekaar kom. Mag vandag se diens jou hart ophef, vir jou vrede bring, en jou inspireer op jou reis met God. Ons nooi jou uit, om na die diens saam met ons ‘n koppie tee/koffie te geniet in die pastoriesaal by die Kerk Sentrum. Ons sal graag met jou wil kennis maak. Daar is ‘n boek by die ingange waar jy jou besonderhede kan inskryf, en die Kerk Kantoor sal met jou kontak maak.

BARMHARTIGHEID
Goeie tweedehandse klere teen billike pryse – Word gerus deel van ons WhatsApp-groep, Van my na jou, en kry goeie tweedehandse klere, wat ons as skenkings ontvang het, teen baie billike pryse te koop. Foto’s van die klere word elke Sondag opgesit.
➔ Stuur ‘n WhatsApp na Anne-Marie Laubscher (Barmhartigheidspan) by 082 327 1683 as jy deel wil word van die groep!

Brood en blikkie-projek: Ons is betrokke by ’n projek waar ons gemeente eenmaal per maand ±50 papiersakke met ’n halwe brood en ’n blikkie proteïenryke kos na Badisa neem om daar uitgedeel te word. Indien u ’n blikkie of twee vir dié doel wil bydra, kan dit asb in die boksies by die kerkdeure geplaas word.

Huis Wittekruin wegneem-etes: Huis Wittekruin verskaf heerlike wegneem-etes van Maandag tot Vrydag teen R40 ‘n ete. Woensdae se ete sluit nagereg in en kos dan R45. Prys verhoging vanaf 1 Julie – Maandag tot Vrydag teen R50 ‘n ete, en Woensdae se ete wat nagereg insluit sal R55 beloop. Kontak hulle gerus vir verdere inligting by 022 713 2230/9.

VROUE-ONTBYT
NG Kerk Vredenburg bied aan: Vroue-ontbyt saam met Lindie Strydom op 25 Oktober 2025 om 10:00 te NG Kerk Langebaan Kerksaal. Koste beloop R250.00 per persoon. Vir besprekings kontak Colleen Kotze by 083-963-8120. Moenie hierdie geleentheid misloop nie!

HOSPITAAL-TEE EN TOEBROODJIES
Ons benodig nog gewillige lidmate om betrokke te raak by hierdie projek, wat Woensdae oggende by Vredenburg Hospitaal gedurende die skoolkwartale plaasvind. Kontak asseblief vir Elsa Meiring 082-499-3209 vir meer besonderhede.

AANDGODSDIENS – HUIS WITTEKRUIN
Indien u betrokke wil raak om ‘n kort boodskappie en gebed te kom doen by Huis Wittekruin, kontak gerus vir Elsa Meiring by 082-499-3209. Hierdie aandgodsdiens vind plaas Maandae tot Donderdae om 17:45 gedurende skoolkwartale.

SENIOR LIDMATE
HERFSGENOTE-Byeenkoms: Ons senior volwassenes vergader op 28 Augustus om 10:00 in die Waenhuis. Ons gaan die koue verdryf en die stywe ledemate’n bietjie losmaak met stoeljoga! Moenie hierdie pret-geleentheid misloop nie! Al ons pensioenarisse – mans en dames – word vriendelik daarheen uitgenooi! Vir meer inligting, kontak gerus vir Suselna by 083 232 4163.


Hulpverlening aan senior volwassenes: Ons is besig om ‘n databasis tot stand te bring van persone in ons gemeente wat bereid is om uit te reik na die senior volwassenes in ons gemeente. Manne wat bereid is om klein “handyman”-werkies te gaan doen of dames wat kan help met vervoer na die winkel of die dokter of om net ‘n besoekie by ‘n eensame persoon te gaan aflê, word vriendelik versoek om hulle name by Suselna (083 232 4163) op te gee. Senior volwassenes wat bogenoemde hulp benodig, kan ook vir Suselna kontak.

Silwer Vleuels Senior Klub: Hulle kuier saam op Woensdag-oggende vanaf 9:30 in Die Ou Waenhuis. Alle senior dames wat belangstel om by hulle aan te sluit, kan gerus vir Corlene van der Merwe kontak by 084 715 1169.

GEBED
Kan ons vir jou bid? Stuur gerus ‘n gebedsversoek na 082 256 6669 en ons sal saam met jou die saak aan ons hemelse Vader opdra in gebed. Dit kan anoniem wees of as jy sou verkies, kan jy jou naam byvoeg. Ons onderneem dat alle inligting as streng vertroulik hanteer sal word. Indien jy wil aansluit by die groep as ‘n gelowige wat saam met ons bid, kan jy ook jou naam en nommer na hierdie nommer stuur. Voeg net die woord “mede-gelowige” by. Ons benodig ook jou gebed tot ons Vader.

GASVRYHEIDSBEDIENING
‘n Bring-en-Braai is só eg Suid-Afrikaans en ’n wonderlike manier om ’n seisoen mee af te sluit, met warmte en gemeenskap. Ons nooi die gemeente hartlik uit na ‘n Bring-en-Braai geleentheid, waar ons saam gaan kuier, lag en die Here gaan dank vir die pad wat ons saam gestap het – ‘n ware viering van Sy goedheid en die gemeenskap wat Hy onder ons gebou het. 🔥 Bring jou vleisie en jou stories, ons voorsien die kole en die geselskap! Laat ons hierdie seisoen afsluit met dankbaarheid, vreugde en ’n bord vol lekkerte. Kontak die kerkkantoor by 022-713-1724 of vir Junius Minnaar by 071-860-8029 as jy saam wil deel in hierdie spesiale geleentheid van feesviering!

🗓 Datum: 29 November 2025 om 14h00|
📍 Plek: NGK Vredenburg Kerkgronde

VERJAARSDAE EN LIEF EN LEED
Baie geluk en seënwense aan almal wat in die volgende week verjaar

31 Augustus: Hanno Hickman, Hanneli Denner, Hano van Eck, Ben Nel, Jana Payne
1 September: Martha Calitz, Evan la Grange, Marlene Goosen, André van Dyk, Schalk Steenkamp, Katryn Dixon, Nelmari Bezuidenhout, Vian van Heerden
2 September: Sorita Coetzee, Anneline Niemand, Frikkie Oosthuizen, André Laubscher, Nina van Zyl
3 September: Okkie le Roux, Ewan Dames, Zak Smit
4 September: Marie Tredoux, Gesa Rix
5 September: Stefan Badenhorst, Gerrit Reinertz
6 September: Hester Mitchell, Nicolene Wilkinson, Johann Kohn, Dwayne Bezuidenhout, Raymond van Eck

* Ons vra asb voorbidding vir lidmate en hulle gesinne / families wat worstel met siekte en ander buitengewone uitdagings

* Ons loof en prys die Here vir getuienisse van verhoorde gebede.

* Ons dink met leedwese aan diegene wat in die afgelope tyd ‘n geliefde aan die dood afgestaan het – Marlene Croxford, Elna Erlank en Familie