14 September 2025

Facebook
WhatsApp
Inhoud

Woon en wandel deur die Woord
Jeremia 4:11-12, 22-28 en Psalm 14; Eksodus 32:7-14 en Psalm 51:1-10; 1 Timoteus 1:12-17; Lukas 15:1-10

Gebedskers:

Here, versterk die mense in U diens. Vul hulle met U liefde en gee vir hulle moed en sagtheid.

SONDAG, 14 September: OUPA- EN OUMADAG / TOERUSTINGSONDAG
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Hospitaalbearbeiding

• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens – Prediker: Ds Petri Coetzee
† 40 DAE REEKS – Saam is ons beter †
Die Kleuterkerk-kinders sowel as die Graad 1-3 kinders woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag dan na hulle lokale: 4 jaar tot Gr R – Die Ou Waenhuis. Gr 1 – Anneks en Pastoriesaal. Gr 2 + 3 – Ou Stalle.
Die Gr 4’s – 11’e woon die erediens soos gewoonlik by en het daarna kategese.
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal – Almal is hartlik welkom!

BAIE WELKOM BY DIE EREDIENS!
SONDAG, 21 September:
(Ds Petri Coetzee bedien by Huis Wittekruin)
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
VCSV

• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens – Prediker: Ds Brits Janse van Rensburg
† 40 DAE REEKS – Saam is ons beter †
Die Kleuterkerk-kinders sowel as die Graad 1-3 kinders woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag dan na hulle lokale: 4 jaar tot Gr R – Die Ou Waenhuis. Gr 1 – Anneks en Pastoriesaal. Gr 2 + 3 – Ou Stalle.
Die Gr 4’s – 11’e woon die erediens soos gewoonlik by en het daarna kategese.
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal – Almal is hartlik welkom!
• 18:30 Jubelaand by Moedergemeente – Almal word hartlik daarheen uitgenooi!

MOEDERGEMEENTE DANKFEES
Vrydag 26 September en Saterdag 27 September op ons kerkterrein.
Die hele gemeente word uitgenooi om te kom deel in dié Feesgeleentheid!!!
Kom kuier saam by ons gemeente basaar! Lekker eetgoed, speletjies, ‘n mandjie-dans, pretstap en nog vele meer! Bring jou familie en vriende, jy wil dit nie misloop nie!

BESTANDELE, PRODUKTE EN KONTANT – Ons sal dit baie waardeer indien u ons, soos in die verlede, kan help deur die bring van bestandele, te wete kookolie, koekmeel, suiker, versiersuiker, margerien (nie “Lite”), kakao, jelliepoeier, Ultra Mel vla, Ideal melk, volroom kondensmelk, karamel kondensmelk, ingelegde vrugte, eiers.
Kontantbydraes – Kan asb in ons gemeente-rekening inbetaal word, met verwysing – BASAAR

BESOEKERS
Welkom by ons erediens! As dit jou eerste keer by ons gemeente is, is ons so opgewonde om jou hier te hê. Jy is deel van ‘n familie waar liefde, geloof en gemeenskap bymekaar kom. Mag vandag se diens jou hart ophef, vir jou vrede bring, en jou inspireer op jou reis met God. Ons nooi jou uit, om na die diens saam met ons ‘n koppie tee/koffie te geniet in die pastoriesaal by die Kerk Sentrum. Ons sal graag met jou wil kennis maak. Daar is ‘n boek by die ingange waar jy jou besonderhede kan inskryf, en die Kerk Kantoor sal met jou kontak maak.

BARMHARTIGHEID
Goeie tweedehandse klere teen billike pryse – Word gerus deel van ons WhatsApp-groep, Van my na jou, en kry goeie tweedehandse klere, wat ons as skenkings ontvang het, teen baie billike pryse te koop. Foto’s van die klere word elke Sondag opgesit.
➔ Stuur ‘n WhatsApp na Anne-Marie Laubscher (Barmhartigheidspan) by 082 327 1683 as jy deel wil word van die groep!

Brood en blikkie-projek: Ons is betrokke by ’n projek waar ons gemeente eenmaal per maand ±50 papiersakke met ’n halwe brood en ’n blikkie proteïenryke kos na Badisa neem om daar uitgedeel te word. Indien u ’n blikkie of twee vir dié doel wil bydra, kan dit asb in die boksies by die kerkdeure geplaas word.

Huis Wittekruin wegneem-etes: Huis Wittekruin verskaf heerlike wegneem-etes van Maandag tot Vrydag teen R40 ‘n ete. Woensdae se ete sluit nagereg in en kos dan R45. Prys verhoging vanaf 1 Julie – Maandag tot Vrydag teen R50 ‘n ete, en Woensdae se ete wat nagereg insluit sal R55 beloop. Kontak hulle gerus vir verdere inligting by 022 713 2230/9.

STILWORDDIENS (ADORAMUSDIENS)
U word uitgenooi na ons Stilword- of Adoramusdienste, Woensdae 17:45-18:15. Dit is ’n geleentheid waar jy op ’n gestruktureerde wyse in die teenwoordigheid van God kan stil word, en toelaat dat sy Woord iets in jou hart kom doen. Gebruik die geleentheid om by God te kom rus. Dit vind plaas in ons kapel (konsistorie) by die Kerk.

LEIERSKAPVERGADERING (KOöRDINERING EN TOERUSTING)
Ons nooi alle leiers wat êrens betrokke is in die Gemeente, om hierdie leierskapvergadering by te woon in die Pastoriesaal op Maandag 15 September om 18h30.

EKOLOGIE BEDIENING
Word deel van ’n opwindende bediening! Ons skop Dinsdagaand 16 September om 17:30 af met ’n gesprek oor ons nuwe Ekologie bediening. Ons kom in die Pastoriesaal bymekaar. Hierdie bediening fokus op ons roeping wat ons van die Here ontvang het om na die omgewing en ons woonplek om te sien. Enige persoon is welkom om deel van hierdie opwindende bediening te word. Daag net op!


GOEIE NUUS VIR GR 7’S BYBELPROJEK

Graag wil die Kategeseskool almal hartlik bedank vir al die bydraes wat ons ontvang het vir hierdie verdienstelike projek! Dit stel ons in staat om R37 500 aan die Bybelgenootskap oor te betaal vir die borg van 300 Bybels! Alle eer aan ons hemelse Vader! Ons bid dat die Woord ‘n groot impak sal hê op elke Graad 7-kind wat ‘n Bybel gaan ontvang.

LOKAALVERHURING BESKIKBAAR
Ons lokale is onlangs netjies en stylvol opgeknap en gereed om jou te verwelkom! Of jy nou ‘n vergadering, kursus, opleiding, of kliënte-afsprake wil hou, ons het die ruimte daarvoor.

Netjies en gerieflik
Beskikbaar in die week én oor naweke
Sentraal en toeganklik

☎ Kontak die Kerkkantoor vandag nog om plek te bespreek – 022-713-1724

SENIOR LIDMATE

Silwer Vleuels Senior Klub: Hulle kuier saam op Woensdag-oggende vanaf 9:30 in Die Ou Waenhuis. Alle senior dames wat belangstel om by hulle aan te sluit, kan gerus vir Corlene van der Merwe kontak by 084 715 1169.

HERFSGENOTE-Byeenkoms: Ons senior volwassenes vergader op 25 September om 10:00 in Die Ou Waenhuis. Ons gaan die koms van die lente vier en meer inligting kry rakende Demensie. Moenie hierdie belangrike geleentheid misloop nie! Al ons pensioenarisse – mans en dames – word vriendelik daarheen uitgenooi! Vir meer inligting, kontak gerus vir Suselna by 083 232 4163.

GEBED
Kan ons vir jou bid? Stuur gerus ‘n gebedsversoek na 082 256 6669 en ons sal saam met jou die saak aan ons hemelse Vader opdra in gebed. Dit kan anoniem wees of as jy sou verkies, kan jy jou naam byvoeg. Ons onderneem dat alle inligting as streng vertroulik hanteer sal word. Indien jy wil aansluit by die groep as ‘n gelowige wat saam met ons bid, kan jy ook jou naam en nommer na hierdie nommer stuur. Voeg net die woord “mede-gelowige” by. Ons benodig ook jou gebed tot ons Vader.

GASVRYHEIDSBEDIENING
‘n Bring-en-Braai is só eg Suid-Afrikaans en ’n wonderlike manier om ’n seisoen mee af te sluit, met warmte en gemeenskap. Ons nooi die gemeente hartlik uit na ‘n Bring-en-Braai geleentheid, waar ons saam gaan kuier, lag en die Here gaan dank vir die pad wat ons saam gestap het – ‘n ware viering van Sy goedheid en die gemeenskap wat Hy onder ons gebou het. 🔥 Bring jou vleisie en jou stories, ons voorsien die kole en die geselskap! Laat ons hierdie seisoen afsluit met dankbaarheid, vreugde en ’n bord vol lekkerte. Kontak die kerkkantoor by 022-713-1724 of vir Junius Minnaar by 071-860-8029 as jy saam wil deel in hierdie spesiale geleentheid van feesviering!

🗓 Datum: 29 November 2025 om 14h00|
📍 Plek: NGK Vredenburg Kerkgronde

VERJAARSDAE EN LIEF EN LEED
Baie geluk en seënwense aan almal wat in die volgende week verjaar

14 September: Ds Jurie van Zyl, Marlien Spamer, Tokkie Brown
15 September: Rohan Joubert, Marc de Bruin, Jani Dreyer
16 September: Chrisca Groenewald, Natalie Joubert, Aletta de Jager
17 September: Marilize Janse van Rensburg, Marina Massyn, Kathy Avenant, Edgar Junior Hockly, Christo Pienaar
18 September: Sonja van Zyl
19 September: Frieda du Toit, Alida Pienaar, Stefan Steyn, Ria Nippold, Mariette le Roux, Annora Mostert
20 September: Gertjie Bal, Camiel de Vleeschauwer, Doreen Dunn, Kobus Boonzaaier, Leandro Novella

* Ons vra asb voorbidding vir lidmate en hulle gesinne / families wat worstel met siekte en ander buitengewone uitdagings Wim en Annemarie van der Merwe

* Ons loof en prys die Here vir getuienisse van verhoorde gebede.

* Ons dink met leedwese aan diegene wat in die afgelope tyd ‘n geliefde aan die dood afgestaan het – Juanita Badenhorst