17 Mei 2026

Facebook
WhatsApp
Inhoud
WOON EN WANDEL DEUR DIE WOORD

Handelinge 1:6-14; Psalm 68:1-10; 32-35; 1 Petrus 4:12-14; 5:6-11; Joh 17:1-11

GEBEDSKERS

Help ons om met liefde te dien en U lig na ander uit te dra. Amen.

SONDAG, 17 MEI

SEWENDE PAASSONDAG
BAIE WELKOM BY DIE EREDIENS!
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Arbeidsbediening Plaaslik

• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens -Prediker: Ds Brits Janse van Rensburg
Kleuterkerk (4 jaar tot graad R) en graad 1-3 woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag daarna na hul lokale:
4 jaar tot graad R: in dieWaenhuis  
Graad 1: in die Kerksentrum (Moria)
Graad 2: in die Stalle en Kerksentrum
Graad 3: Kerksentrum (Karmel)
Graad 4 tot 11 woon die erediens soos gewoonlik by en het kategese ná die diens.
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal na die erediens– Kom kuier gesellig saam!
• 18:30 Pinkster (Moedergemeente)
18:30 Kinderpinkster (Moedergemeente)

SONDAG, 24 MEI

PINKSTERFEES
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Gemeente Ondersteuning

• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Pinkster -Prediker: Ds Petri Coetzee
Kleuterkerk (4 jaar tot graad R) en graad 1-3 woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag daarna na hul lokale:
4 jaar tot graad R: in dieWaenhuis  
Graad 1: in die Kerksentrum (Moria)
Graad 2: in die Stalle en Kerksentrum
Graad 3: Kerksentrum (Karmel)
Graad 4 tot 11 woon die erediens soos gewoonlik by en het kategese ná die diens.
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal na die erediens – Kom kuier gesellig saam!

BESOEKERS

Welkom in ons gemeente. Mag jy vandag God se vrede, liefde en teenwoordigheid op ’n besondere manier beleef. Ons is dankbaar dat jy saam met ons kom aanbid.

GEBED

Kan ons saam met jou bid?

Stuur jou gebedsversoek (anoniem of met jou naam) per WhatsApp na: 082 256 6669.

Alle versoeke word streng vertroulik hanteer.

Indien jy graag deel wil wees van ons gebedsbediening, stuur asseblief jou naam en nommer met die woord “medegelowige”.

SENIOR LIDMATE

HERFSGENOTE – 28 MEI

Ons senior volwassenes vergader op 28 Mei om 10:00 in Die Ou Waenhuis vir ’n heerlike musiekoggend saam met Willie Traut, wat ons gaan vermaak met geliefde liedjies van Neil Diamond en Paul Simon.
Alle pensioenarisse, mans en dames, word hartlik uitgenooi.
Skakel asseblief vir Suselna – 083 232 4163.

STILWORD-GELEENTHEID 

Kom breek weg van die alledaagse gejaagde lewe en word stil voor God. Ds. Petri Coetzee gaan ons begelei om te leer wat die ‘’woestynbelewenis’’ beteken. Kom geniet die naweek saam met ons. Almal is baie welkom! 

Wat:Geestesverdieping-naweek (Retreat)
Wanneer:24–26 Julie 2026
Waar: Swartriet, Jacobsbaai
Koste:R1700.00p/p – verblyf en etes ingesluit

Kontak vir Juanita da la Harpe Coetzee by 079 881 0690 vir meer inligting. 

GEMEENTE-ETE

Kom woon gerus ons Gemeente-ete by. Op 24 Mei 2026, om 12:00, verkeer ons gesellig by Togryersvlei, Jacobsbaai. Die koste van die kaartjies beloop:

  • R220 p/volwassene (driegangmaaltyd), en
  • R120 p/kind. Kaartjies kan gereserveer word by Lydia – 081 817 2054.

Die ete sluit onder andere ’n sherry met ontvangs, sop & broodjies, braaivleis & wors, gebraaide aartappels in.

Vermaak deur Ashley Louwskietter en ’n spesiale fotohoekie deur Mellapix in.

Elke persoon moet asseblief eie drinkgoed saambring.
Daar is nog plek beskikbaar. Besprekings sluit op 18 Mei 2026.

Kontak Lydia by 081 817 2054 om kaartjies te bespreek.

BARMHARTIGHEID

Brood en blikkie-projek: Ons gemeente ondersteun maandeliks ’n projek saam met Badisa deur ± 50 papiersakke met brood en proteïenryke kos te voorsien.
Skenkings van blikkies kan in die boksies by die kerkdeure geplaas word. Kom ons help om die nood te verlig waar dit waarlik nodig is.

Huis Wittekruin wegneem-etes: Huis Wittekruin verskaf heerlike wegneemetes:

  • Maandag tot Vrydag teen R50 ’n ete.
  • Woensdae se ete sluit nagereg in en kos dan R55. Kontak hulle gerus by 022 713 2230/9.
KATEGESE KOSPAKKIES EN TOILETWARE

Ons nooi al ons kategesekinders om op 24 Mei saam te help om ons noodspens aan te vul deur nie-bederfbare kos of toiletware kerk toe te bring.
Elke kind sal ’n lysie ontvang waaruit 4–5items gekies kan word. Onthou asseblief om jou naam op ’n papiertjie binne-in die sak te sit vir ’n spesiale gelukkige trekking!
Baie dankie dat julle met oop harte help om vir ander om te gee.

DR. MOORE SE GEWILDE BEESVLEIS KERRIE & RYS 

Dr. Moore se gewilde Kerrie & Rys is terug. Kom geniet heerlike tradisionele Kerrie & Rys, gemaak met sagte beesvleis en baie geur.

Prys:
R45 per bakkie

Bestellings:
Kontak Huis Wittekruin by: 022 713 2230/9

Afhaal:
Bakkies kan vanaf 15:00 afgehaal word. Ondersteun gerus hierdie mooi projek en kom geniet ’n smaakvolle bord Kerrie & Rys.

PINKSTER 2026 

Hoe vind mens weer hoop en God se teenwoordigheid tussen die seerkry van die lewe? Kom luister hierdie Pinkster hoe God mense herstel, optel en nuwe betekenis gee te midde van die uitdagings van die lewe. Seerkry hoef nie die laaste woord te hê nie.

  • NG Gemeente Vredenburg
  • 17–21 Mei 2026
  • Elke aand om 18:30

Bring gerus ’n geldjie saam vir iets lekkers om ná die tyd te eet.

Dieselfde Pinkstertema word ook by Huis Wittekruin aangebied:

  • Sondag 17 Mei om 09:00
  • Maandag–Donderdag (18–21 Mei) om 09:30 elke oggend.
UITREIK NA VIOOLSDRIFT (15-19 JULIE 2026) 

Ons nooi gemeentelede om deel te word van ons jaarlikse uitreik na Vioolsdrif. Die fokus is op praktiese hulp, gemeenskapsbetrokkenheid en geestelike bediening.
Daar is ook tyd vir saamkuier langs die Oranjerivier.

  • Koste: eie vervoer en etes. Verblyf: tente (ander opsies beskikbaar).
  • Kontak: Koos Meiring (083 240 5743) of;
  • Ds. Koos Greeff (083 651 5686).

Kom ons gryp die geleentheid aan om saam as ‘n gemeente die gemeenskap met liefde te bedien.

OM OOR NA TE DINK

God ontmoet mense dikwels juis in die gebroke plekke.
Dit is dikwels daar waar ons Hom die diepste beleef. Wanneer die lewe swaar raak, wanneer moed min word en antwoorde ontbreek, bly God steeds naby. Hy sien die seer raak. Hy hoor die stil gebede van die hart. Hy los nie mense alleen in moeilike tye nie.
Soms begin genesing juis in die plekke waar ons die swakste voel. Soms groei nuwe hoop stadig, een tree op ’n slag.
Pinkster herinner ons daaraan dat God steeds herstel bring, nuwe betekenis gee en lig laat deurbreek, selfs in donker seisoene van die lewe.

LIDMAATSKAPBEWYSE

Vanaf NHK Klerksdorp: Wilhelmina M OLIVIER (Nou DROTSKY)
Vanaf NHK Klerksdorp: Anna E DROTSKY (Nou BLAKE)
Vanaf NHK Weskus: Johannes LK LINDEQUE
Vanaf AP Kerk Olifantshoek: Adriana LAMPRECHT

VERJAARSDAE EN LIEF EN LEED

Baie geluk en seënwense aan almal wat in die volgende week verjaar

17 Mei: Ronel Stander, Anita van Wyk
18 Mei: Elza’B van der Watt
19 Mei: Wijan Kotze, Elzaan Hanekom, Lizeri Visagé, Magda Horn, Marlene du Preez, Milan Pieters, Hannes Bredenhann
20 Mei: Eugene Uys
21 Mei: Wian de Jongh, Loraine Hanekom
22 Mei: Hennie Steenkamp
23 Mei: Marlene van Rensburg

* Ons vra asb voorbidding vir lidmate en hulle gesinne / families wat worstel met siekte en ander buitengewone uitdagings.

* Ons loof en prys die Here vir getuienisse van verhoorde gebede.

* Ons dink met leedwese aan diegene wat in die afgelope tyd ‘n geliefde aan die dood afgestaan het.