WOON EN WANDEL DEUR DIE WOORD
Handelinge 17:22-31; Psalm 93; 1 Petrus 3:13–22; Joh 14:15-21

GEBEDSKERS
Here, laat u lig en vrede in ons harte bly brand. Amen.
SONDAG, 10 MEI
SESDE PAASSONDAG
BAIE WELKOM BY DIE EREDIENS!
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Zimbabwe, Malawi &Mosambiek
• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens -Prediker: Ds Petri Coetzee
Kleuterkerk (4 jaar tot graad R) en graad 1-3 woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag daarna na hul lokale:
→ 4 jaar tot graad R: in dieWaenhuis
→ Graad 1: in die Kerksentrum (Moria)
→ Graad 2: in die Stalle en Kerksentrum
→ Graad 3: Kerksentrum (Karmel)
→ Graad 4 tot 11 woon die erediens soos gewoonlik by en het kategese ná die diens.
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal na die erediens– Kom kuier gesellig saam!
• 18:30 Jubelaand by Moedergemeente – Almal word hartlik daarheen uitgenooi.
SONDAG, 17 MEI
SEWENDE PAASSONDAG
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Arbeidsbediening Plaaslik
• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens -Prediker: Ds Brits Janse van Rensburg
Kleuterkerk (4 jaar tot graad R) en graad 1-3 woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag daarna na hul lokale:
→ 4 jaar tot graad R: in dieWaenhuis
→ Graad 1: in die Kerksentrum (Moria)
→ Graad 2: in die Stalle en Kerksentrum
→ Graad 3: Kerksentrum (Karmel)
→ Graad 4 tot 11 woon die erediens soos gewoonlik by en het kategese ná die diens.
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal na die erediens – Kom kuier gesellig saam!
BESOEKERS
Welkom by ons erediens! Ons is bly jy is hier. Jy is deel van ’n geloofsfamilie waar liefde en gemeenskap saamkom. Mag vandag se diens jou hart aanraak en jou versterk op jou pad met God.
GEBED
Kan ons vir jou bid? Stuur jou gebedsversoek (anoniem of met jou naam) per WhatsApp na 082 256 6669. Alle versoeke word streng vertroulik hanteer. As jy graag saam met ons wil bid, stuur jou naam en nommer met die woorde “medegelowige”.
SENIOR LIDMATE
Silwer Vleuels Senior Klub: Hulle kuier saam op Woensdagoggende vanaf 09:00 in die Waenhuis. Alle senior dames wat belangstel om aan te sluit, kan vir Corlene van der Merwe kontak by 084 715 1169.
STILWORD-GELEENTHEID
Kom breek weg van die alledaagse gejaagde lewe en word stil voor God. Ds. Petri Coetzee gaan ons begelei om te leer wat die ‘’woestynbelewenis’’ beteken. Kom geniet die naweek saam met ons. Almal is baie welkom!
• Wat:Geestesverdieping-naweek (Retreat)
• Wanneer:24–26 Julie 2026
• Waar: Swartriet, Jacobsbaai
• Koste:R1700.00p/p – verblyf en etes ingesluit
Kontak vir Juanita da la Harpe Coetzee by 079 881 0690 vir meer inligting.
GEMEENTE-ETE
Kom woon gerus ons Gemeente-ete by. Op 24 Mei 2026, om 12:00, verkeer ons gesellig by Togryersvlei, Jacobsbaai. Die koste van die kaartjies beloop:
- R220 p/volwassene (driegangmaaltyd), en
- R120 p/kind. Kaartjies kan gereserveer word by Lydia – 081 817 2054.
BARMHARTIGHEID
Brood en blikkie-projek: Ons gemeente ondersteun maandeliks ’n projek saam met Badisa deur ± 50 papiersakke met brood en proteïenryke kos te voorsien.
Skenkings van blikkies kan in die boksies by die kerkdeure geplaas word. Kom ons help om die nood te verlig waar dit waarlik nodig is.
Huis Wittekruin wegneem-etes: Huis Wittekruin verskaf heerlike wegneemetes:
- Maandag tot Vrydag teen R50 ’n ete.
- Woensdae se ete sluit nagereg in en kos dan R55. Kontak hulle gerus by 022 713 2230/9.
KOSPAKKIES EN TOILETWARE
Ons nooi al ons kategesekinders om op 24 Mei saam te help om ons noodspens aan te vul deur nie-bederfbare kos of toiletware kerk toe te bring.
Elke kind sal ’n lysie ontvang waaruit 4–5items gekies kan word. Onthou asseblief om jou naam op ’n papiertjie binne-in die sak te sit vir ’n spesiale gelukkige trekking!
Baie dankie dat julle met oop harte help om vir ander om te gee.
HEMELVAARTSDAG
Kom beleef Hemelvaart op ’n besondere en rustige manier op 14 Mei tussen 08:00–10:00 en 17:00–18:30 by die kerk.
By die deure ontvang jy ’n begeleide stuk om jou te help stil word voor die Here. Nagmaal sal persoonlik bedien word, en daar sal ook geleentheid wees vir gebed saam met een van die leraars.
Kom wanneer dit jou pas en vertoef so lank as wat jy wil in die Here se teenwoordigheid.
PINKSTER 2026
Hoe vind mens weer hoop en God se teenwoordigheid tussen die seerkry van die lewe? Kom luister hierdie Pinkster hoe God mense herstel, optel en nuwe betekenis gee te midde van die uitdagings van die lewe. Seerkry hoef nie die laaste woord te hê nie.
- NG Gemeente Vredenburg
- 17–21 Mei 2026
- Elke aand om 18:30
Bring gerus ’n geldjie saam vir iets lekkers om ná die tyd te eet. Dieselfde Pinkstertema word ook by Huis Wittekruin aangebied:
- Sondag 17 Mei om 09:00
- Maandag–Donderdag (18–21 Mei) om 09:30 elke oggend.
MOEDERSDAG
Vandag eer ons met dankbaarheid al die ma’s, oumas, geestelike moeders en elke vrou wat met liefde, opofferingengeloof ’n verskil in ander se lewens maak. Dankie vir die sagte hande wat dra, die gebede wat nooit ophou nie, en die liefde wat selfs in moeilike tye bly vasstaan. Julle is vir baie mense ’n teken van God se sorg en genade.
Mag elke vrou vandag op ’n besondere manier geliefd, gewaardeerd en geseënd voel.
“Sy is met krag en waardigheid beklee.”
– Spr. 31:25
UITREIK NA VIOOLSDRIFT (15-19 JULIE 2026)
Ons nooi gemeentelede om deel te word van ons jaarlikse uitreik na Vioolsdrif. Die fokus is op praktiese hulp, gemeenskapsbetrokkenheid en geestelike bediening.
Daar is ook tyd vir saamkuier langs die Oranjerivier.
- Koste: eie vervoer en etes. Verblyf: tente (ander opsies beskikbaar).
- Kontak: Koos Meiring (083 240 5743) of;
- Ds. Koos Greeff (083 651 5686).
Kom ons gryp die geleentheid aan om saam as ‘n gemeente die gemeenskap met liefde te bedien.
LIDMAATSKAPBEWYSE
Vanaf Lambertsbaai: Liana Conradie (Nou Lennox)

VERJAARSDAE EN LIEF EN LEED
Baie geluk en seënwense aan almal wat in die volgende week verjaar
10 Mei: Herman Pieters, Gideon Rossouw
11 Mei: Marius Coetzee, Elna Prins, Hannes Botes
12 Mei: Madeline Steyn, Koos Pieters, Hanlie Bell, Gerhard Jonker,
13 Mei: Natasha Loubser, Hennie Laubscher, Lianel Burger, Annerie Myburgh
14 Mei: Suzette Loubser, Lorraine van Dyk, Liesbet Groenewald, Kittie Swart, Helen van Schalkwyk, Ruan van Wyk
15 Mei: Jané Muller, Lee-Ané Joubert, Beatrice van Deventer, Christo Combrink, Jimmy Green, Antoinette Holloway
16 Mei: Vicky Swanepoel, Anton Lingervelder
* Ons vra asb voorbidding vir lidmate en hulle gesinne / families wat worstel met siekte en ander buitengewone uitdagings.
* Ons loof en prys die Here vir getuienisse van verhoorde gebede.
* Ons dink met leedwese aan diegene wat in die afgelope tyd ‘n geliefde aan die dood afgestaan het.