WOON EN WANDEL DEUR DIE WOORD
1 Samuel 16:1-13, Psalm 23, Efesiërs 5:8-14, Johannes 9:1-41

GEBEDSKERS
Here, laat hulle ’n lig van hoop wees vir almal wat hulp en ondersteuning nodig het.
SONDAG, 15 MAART
VIERDE LYDENSONDAG
BAIE WELKOM BY DIE EREDIENS!
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Badisa Weskus
• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens – DOOP/BELYDENISAFLEGGING Prediker: Ds Petri Coetzee
→ Die Kleuterkerk-kinders sowel as die Graad 1-3 kinders woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag dan na hulle lokale: 4 jaar tot Gr R – Die Ou Waenhuis. Gr 1 – Kerksentrum (Moria). Gr 2 – Ou Stalle en Kerksentrum (Ararat). Gr 3 – Kerksentrum (Karmel).
→ Die Gr 4’s – 11’e woon die erediens soos gewoonlik by en het daarna kategese.
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Waenhuis – Kom kuier gesellig saam!
• 18:30 Jubelaand by Moedergemeente – Almal word hartlik daarheen uitgenooi!
SONDAG, 22 MAART
VYFDE LYDENSONDAG
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Straatwerk
• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens – Prediker: Ds Petri Coetzee
→ Die Kleuterkerk-kinders sowel as die Graad 1-3 kinders woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag dan na hulle lokale: 4 jaar tot Gr R – Die Ou Waenhuis. Gr 1 – Kerksentrum (Moria). Gr 2 – Ou Stalle en Kerksentrum (Ararat). Gr 3 – Kerksentrum (Karmel).
→ Die Gr 4’s – 11’e woon die erediens soos gewoonlik by en het daarna kategese.
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal – Kom kuier gesellig saam!
MOEDERGEMEENTE PATERNOSTER BASAAR
Dit vind plaas op 28 Maart 2026 in Paternoster Hotel se saal. Ons vra vriendelik vir skenkings in die vorm van bestandele en produkte. Bestandele soos meel, suiker, eiers, margarine, olie, jelliepoeier, kondensmelk, ingedampte melk en vla kan asb nou reeds by die kerkkantoor afgegee word. Kontantbydraes is ook welkom. Kontak ons asseblief indien jy ons kan help met gebak en klaargemaakte poedings (warm of koud).
BARMHARTIGHEID
Brood en blikkie-projek: Ons is betrokke by ’n projek waar ons gemeente eenmaal per maand ± 50 papiersakke met ’n halwe brood en ’n blikkie proteïenryke kos na Badisa neem om daar uitgedeel te word. Indien u ’n blikkie of twee vir dié doel wil bydra, kan dit asb in die boksies by die kerkdeure geplaas word.
Huis Wittekruin wegneem-etes: Huis Wittekruin verskaf heerlike wegneem-etes van Maandag tot Vrydag teen R50 ‘n ete. Woensdae se ete sluit nagereg in en kos dan R55. Wegneemetes kan weer verkry word vanaf 2 Februarie 2026. Kontak hulle gerus vir verdere inligting by 022 713 2230/9.
Huis Wittekruin hou basaar op Vrydag 6 Maart om 15:00 tot 18:00. Kom kuier saam, snuffel vir winskopies en geniet ‘n heerlike aandete.
SENIOR LIDMATE
Silwer Vleuels Senior Klub: Hulle kuier saam op Woensdae-oggende vanaf 09:00 in Die Ou Waenhuis. Alle senior dames wat belangstel om by hulle aan te sluit, kan gerus vir Corlene van der Merwe kontak by 084 715 1169.
BESOEKERS
Welkom by ons erediens! As dit jou eerste keer by ons gemeente is, is ons so opgewonde om jou hier te hê. Jy is deel van ‘n familie waar liefde, geloof en gemeenskap bymekaar kom. Mag vandag se diens jou hart ophef, vir jou vrede bring, en jou inspireer op jou reis met God. Ons nooi jou uit, om na die diens saam met ons ‘n koppie tee/koffie te geniet in die pastoriesaal by die Kerk Sentrum. Ons sal graag met jou wil kennis maak. Daar is ‘n boek by die ingange waar jy jou besonderhede kan inskryf, en die Kerk Kantoor sal met jou kontak maak.
LIDMAATSKAPBEWYSE
Vanaf Goudini: Dirk LE LAUBSCHER en eggenote
Vanaf Sonstraal Durbanville: Annami BRINK (Nou SIMON)
JEUG
#imagine: Hierdie onvergeetlike Christelike kamp vir tieners van 13 tot 18 jaar vind plaas van 28-30 Maart by Bredasdorp Park, Bredasdorp. Die koste is R780.00 (uitsluitend vervoer). Ons wil graag so veel as moontlik van ons tieners laat deel in hierdie ervaring. Borge is beskikbaar. Kontak asb vir ds Brits in hierdie verband.
→ Inskrywingsvorms is beskikbaar by www.imaginemovement.co.za
→ Ons is ook op soek na volwassenes wat as leiers saam met die tieners kan gaan kamp.
GEBED
Kan ons vir jou bid? Stuur gerus ‘n gebedsversoek na 082 256 6669 en ons sal saam met jou die saak aan ons hemelse Vader opdra in gebed. Dit kan anoniem wees of as jy sou verkies, kan jy jou naam byvoeg. Ons onderneem dat alle inligting as streng vertroulik hanteer sal word. Indien jy wil aansluit by die groep as ‘n gelowige wat saam met ons bid, kan jy ook jou naam en nommer na hierdie nommer stuur. Voeg net die woord “mede-gelowige” by. Ons benodig ook jou gebed tot ons Vader.
STIL-WORD DIENSTE
Kom raak stil en beleef die Here se teenwoordigheid in die middel van die week. Ons nooi u hartlik uit na ons Woensdae Stilword- of Adoramusdienste om 17:45-18:15 in die Kapel (die ou konsistorie). Ons gebruik die deur by die badkamers.
KLEINGROEPOPLEIDING
Ons nooi alle kleingroepleiers in ons gemeente uit na ons jaarlikse kleingroep-opleiding. Dit vind plaas op 9 en 23 Maart om 18:30-19:30 in die Pastoriesaal. Ons gesels tydens die geleentheid oor die verskillende elemente en dinamika binne in ’n kleingroep. Enige kleingroepleier is welkom of die hele kleingroep is ook welkom om dit by te woon.
KLANKBEDIENING
Ons is opsoek na gemeentelede wat kan help met die klank tydens eredienste. Almal is welkom – oud of jonk! Indien jy bereid is om by hierdie belangrike bediening betrokke te raak, nooi ons jou vriendelik om jou naam op te gee by die Kerkkantoor 022-713-1724 of vir Dawie Mans 082-331-3048. Jou hulp sal ‘n groot verskil maak om die eredienste glad te laat verloop.
MANNEBEDIENING
Die Mannebediening versamel leë toiletrolletjies (kartonbinneste). Hulle sal dit baie waardeer as jy joune kan bewaar, en saambring kerk toe. Los dit asseblief in ‘n sak vir hulle by die deure van die Kerk.
LYDENSTYD PADKOS
Lydenstyd herinner ons dat ware liefde dikwels opoffering vra. Jesus het nie net oor liefde gepraat nie; Hy het dit geleef. Hy het mense vergewe, die gebrokenes raakgesien en uiteindelik Sy lewe gegee. Wanneer ons hieroor nadink, vra dit ook vir ons: Hoe leef ons hierdie liefde uit in ons eie lewens?
Soms dra ons elkeen ook ons eie kruis – swaarkry, teleurstelling of bekommernisse. Lydenstyd herinner ons egter dat lyding nie die einde van die storie is nie. Die kruis lei altyd na die opstanding. Hoop lê aan die ander kant van die donker.
Mag hierdie Lydenstyd vir jou ’n tyd wees van stilte, vernuwing en hoop. En mag jy weer ontdek hoe diep God se liefde vir jou is.
“Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het…” (Johannes 3:16) ✨

VERJAARSDAE EN LIEF EN LEED
Baie geluk en seënwense aan almal wat in die volgende tydperk verjaar
15 Maart: Monique Delport, Aloma Coetzee, Alwyn Venter, Louis Oosthuizen, Freddie van Schalkwyk, Wiekus Britz, Janco Boonzaaier
16 Maart: Herine Erasmus, Susarah Vermeulen, Annaline de Beer, Marie Classen
17 Maart: Thys Louw, Chris Kotze, Riaan Bezuidenhout, Christel Steyn, Christo Gerber, Miané Jooste
18 Maart: Pieter de Kock, Helene de Wet, Altis Wiid
19 Maart: Liezel van Dorp, Henko Nieuwoudt
20 Maart: Mark Harmse , Cornel Nelson, Edgar Hockly
21 Maart: Marelie Matthee, Reinet Geustyn, Hannetjie Jones, Ria Baard
* Ons vra asb voorbidding vir lidmate en hulle gesinne / families wat worstel met siekte en ander buitengewone uitdagings.
* Ons loof en prys die Here vir getuienisse van verhoorde gebede.
* Ons dink met leedwese aan diegene wat in die afgelope tyd ‘n geliefde aan die dood afgestaan het.