1 Maart 2026

Facebook
WhatsApp
Inhoud
WOON EN WANDEL DEUR DIE WOORD

Genesis 12:1-4a; Psalm 121; Romeine 4:1-5, 13-17; Johannes 3:1-17 of Matteus 17:1-9    

GEBEDSKERS

Here, seën hulle dae met vreugde, gee rus vir hulle liggame en laat hulle weet hoe geliefd en waardeer hulle is.  

SONDAG, 1 MAART

TWEEDE LYDENSONDAG
BAIE WELKOM BY DIE EREDIENS!
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Huis Wittekruin

• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens – Prediker: Ds Brits Janse van Rensburg
Die Kleuterkerk-kinders sowel as die Graad 1-3 kinders woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag dan na hulle lokale: 4 jaar tot Gr R – Die Ou Waenhuis. Gr 1 – Anneks. Gr 2 – Ou Stalle en Kerksentrum (Ararat). Gr 3 – Kerksentrum (Karmel). 
Die Gr 4’s – 11’e woon die erediens soos gewoonlik by en het daarna kategese.  
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal – Kom kuier gesellig saam!

SONDAG, 8 MAART

DERDE LYDENSONDAG 
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Arbeidsbediening Plaaslik 

• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens – Prediker: Ds Brits Janse van Rensburg 
Die Kleuterkerk-kinders sowel as die Graad 1-3 kinders woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag dan na hulle lokale: 4 jaar tot Gr R – Die Ou Waenhuis. Gr 1 – Anneks. Gr 2 – Ou Stalle en Kerksentrum (Ararat). Gr 3 – Kerksentrum (Karmel). 
Die Gr 4’s – 11’e woon die erediens soos gewoonlik by en het daarna kategese.   
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal – Kom kuier gesellig saam! 

MOEDERGEMEENTE PATERNOSTER BASAAR 

Dit vind plaas op 28 Maart 2026 in Paternoster Hotel se saal. Ons vra vriendelik vir skenkings in die vorm van bestandele en produkte. Bestandele soos meel, suiker, eiers, margarine, olie, jelliepoeier, kondensmelk, ingedampte melk en vla kan asb nou reeds by die kerkkantoor afgegee word. Kontantbydraes is ook welkom. Kontak ons asseblief indien jy ons kan help met gebak en klaargemaakte poedings (warm of koud)

BARMHARTIGHEID

Brood en blikkie-projek: Ons is betrokke by ’n projek waar ons gemeente eenmaal per maand ± 50 papiersakke met ’n halwe brood en ’n blikkie proteïenryke kos na Badisa neem om daar uitgedeel te word. Indien u ’n blikkie of twee vir dié doel wil bydra, kan dit asb in die boksies by die kerkdeure geplaas word. 

Huis Wittekruin wegneem-etes: Huis Wittekruin verskaf heerlike wegneem-etes van Maandag tot Vrydag teen R50 ‘n ete. Woensdae se ete sluit nagereg in en kos dan R55. Wegneemetes kan weer verkry word vanaf 2 Februarie 2026. Kontak hulle gerus vir verdere inligting by 022 713 2230/9. 

Huis Wittekruin hou basaar op Vrydag 6 Maart om 15:00 tot 18:00. Kom kuier saam, snuffel vir winskopies en geniet ‘n heerlike aandete. 

SENIOR LIDMATE

Silwer Vleuels Senior Klub: Hulle kuier saam op Woensdae-oggende vanaf 09:00 in Die Ou Waenhuis. Alle senior dames wat belangstel om by hulle aan te sluit, kan gerus vir Corlene van der Merwe kontak by 084 715 1169. 

Senior Volwassene Bederfmiddag:  Al die senior volwassenes (±55 jaar en ouer) in ons gemeente word hartlik uitgenooi na ‘n heerlike bederfmiddag op Saterdag, 21 Maart, om 14:30 vir 15:00 by die pragtige Togryersvlei (op pad na Jakobsbaai). Die sangeres en motiveringspreker by dié geleentheid is Sanet Groenewald. Die bederfmiddag sal verseker ‘n verrykende ervaring vir liggaam, siel en gees wees! Moenie dit misloop nie! Die koste beloop R30. 

Bespreek asb vroegtydig jou plek by Suselna – 083 232 4163. Kaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor, asook elke Sondag by die teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal.

BESOEKERS

Welkom by ons erediens! As dit jou eerste keer by ons gemeente is, is ons so opgewonde om jou hier te hê. Jy is deel van ‘n familie waar liefde, geloof en gemeenskap bymekaar kom. Mag vandag se diens jou hart ophef, vir jou vrede bring, en jou inspireer op jou reis met God. Ons nooi jou uit, om na die diens saam met ons ‘n koppie tee/koffie te geniet in die pastoriesaal by die Kerk Sentrum. Ons sal graag met jou wil kennis maak. Daar is ‘n boek by die ingange waar jy jou besonderhede kan inskryf, en die Kerk Kantoor sal met jou kontak maak.

LIDMAATSKAPBEWYSE


Vanaf Port Elizabeth – Sherwood:
Albertus W EKSTEEN en gesin

JEUG

#imagine: Hierdie onvergeetlike Christelike kamp vir tieners van 13 tot 18 jaar vind plaas van 28-30 Maart by Bredasdorp Park, Bredasdorp. Die koste is R780.00 (uitsluitend vervoer). Ons wil graag so veel as moontlik van ons tieners laat deel in hierdie ervaring. Borge is beskikbaar. Kontak asb vir ds Brits in hierdie verband. 
→ Inskrywingsvorms is beskikbaar by ww.imaginemovement.co.za 
→ Ons is ook op soek na volwassenes wat as leiers saam met die tieners kan gaan kamp. 

GEBED

Kan ons vir jou bid? Stuur gerus ‘n gebedsversoek na 082 256 6669 en ons sal saam met jou die saak aan ons hemelse Vader opdra in gebed. Dit kan anoniem wees of as jy sou verkies, kan jy jou naam byvoeg. Ons onderneem dat alle inligting as streng vertroulik hanteer sal word. Indien jy wil aansluit by die groep as ‘n gelowige wat saam met ons bid, kan jy ook jou naam en nommer na hierdie nommer stuur. Voeg net die woord “mede-gelowige” by. Ons benodig ook jou gebed tot ons Vader.

WÊRELDBIDDAG VIR VROUE  

Al ons dames word genooi na die Wêreldbiddag vir Vroue-geleentheid wat vanjaar by NG Kerk Vredenburg-Akkerdyk plaasvinid op 5 Maart 2026 om 19:00. Die tema is: ‘’Kom, Ek sal jou rus gee”.  

STIL-WORD DIENSTE 

Kom raak stil en beleef die Here se teenwoordigheid in die middel van die week. Ons nooi u hartlik uit na ons Woensdae Stilword- of Adoramusdienste om 17:45-18:15 in die Kapel (die ou konsistorie). Ons gebruik die deur by die badkamers.  

KLEINGROEPOPLEIDING

Ons nooi alle kleingroepleiers in ons gemeente uit na ons jaarlikse kleingroep-opleiding. Dit vind plaas op 9 en 23 Maart om 18:30-19:30 in die Pastoriesaal. Ons gesels tydens die geleentheid oor die verskillende elemente en dinamika binne in ’n kleingroep. Enige kleingroepleier is welkom of die hele kleingroep is ook welkom om dit by te woon.  


KOFFIE KUIERS – CAFÉ GRAZE 

Ds Petri & Ds Brits sal op Vrydae tussen 8h00 en 9h00 by Café Graze wees. Hierdie is ‘n oop-geleentheid vir enige een wat wil kom gesels – oor geloof, die lewe, of sommer net oor koffie. Kom loer gerus in, kom sit saam en gesels ‘n bietjie. Almal is baie welkom. 

VERJAARSDAE EN LIEF EN LEED

Baie geluk en seënwense aan almal wat in die volgende tydperk verjaar

1 Maart: Henrietta Mitchley, Johandré Schröder, Jan Coetzee, Annaré Coetzee 
2 Maart: Marieta Hickman 
3 Maart: Marie Groenewald, Johan Schoeman, Jean-Louis Steenkamp, Anne-Marié Burger 
4 Maart: Janca de Bruin 
5 Maart: Isabel Prins, Alma Potgieter 
6 Maart: Nadia Greeff 
7 Maart: Killian Smit, Marco Geustyn, Emma Vorster   

* Ons vra asb voorbidding vir lidmate en hulle gesinne / families wat worstel met siekte en ander buitengewone uitdagings.

* Ons loof en prys die Here vir getuienisse van verhoorde gebede.

* Ons dink met leedwese aan diegene wat in die afgelope tyd ‘n geliefde aan die dood afgestaan het.