WOON EN WANDEL DEUR DIE WOORD
Genesis 2:15-17; 3:1-7; Psalm 32; Romeine 5:12-19; Matteus 4:1-11

GEBEDSKERS
Here, skenk asseblief wysheid waar daar onsekerheid is, sagtheid waar daar seer is, en moed waar daar vrees is.
SONDAG, 22 FEBRUARIE
EERSTE LYDENSONDAG
BAIE WELKOM BY DIE EREDIENS!
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Vrouebegeleiding
• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens – DOOP Prediker: Ds Brits Janse van Rensburg
→ Die Kleuterkerk-kinders sowel as die Graad 1-3 kinders woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag dan na hulle lokale: 4 jaar tot Gr R – Die Ou Waenhuis. Gr 1 – Anneks. Gr 2 – Ou Stalle en Kerksentrum (Ararat). Gr 3 – Kerksentrum (Karmel).
→ Die Gr 4’s – 11’e woon die erediens soos gewoonlik by en het daarna kategese.
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal – Kom kuier gesellig saam!
SONDAG, 1 MAART
TWEEDE LYDENSONDAG
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Huis Wittekruin
• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens – Prediker: Ds Brits Janse van Rensburg
→ Die Kleuterkerk-kinders sowel as die Graad 1-3 kinders woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag dan na hulle lokale: 4 jaar tot Gr R – Die Ou Waenhuis. Gr 1 – Anneks. Gr 2 – Ou Stalle en Kerksentrum (Ararat). Gr 3 – Kerksentrum (Karmel).
→ Die Gr 4’s – 11’e woon die erediens soos gewoonlik by en het daarna kategese.
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal – Kom kuier gesellig saam!
• 18:30 Jubelaand by Moedergemeente – Almal word hartlik daarheen uitgenooi!
BARMHARTIGHEID
Brood en blikkie-projek: Ons is betrokke by ’n projek waar ons gemeente eenmaal per maand ± 50 papiersakke met ’n halwe brood en ’n blikkie proteïenryke kos na Badisa neem om daar uitgedeel te word. Indien u ’n blikkie of twee vir dié doel wil bydra, kan dit asb in die boksies by die kerkdeure geplaas word.
Huis Wittekruin wegneem-etes: Huis Wittekruin verskaf heerlike wegneem-etes van Maandag tot Vrydag teen R50 ‘n ete. Woensdae se ete sluit nagereg in en kos dan R55. Wegneemetes kan weer verkry word vanaf 2 Februarie 2026. Kontak hulle gerus vir verdere inligting by 022 713 2230/9.
Huis Wittekruin hou basaar op Vrydag 6 Maart om 15:00 tot 18:00. Kom kuier saam, snuffel vir winskopies en geniet ‘n heerlike aandete.
SENIOR LIDMATE
Silwer Vleuels Senior Klub: Hulle kuier saam op Woensdae-oggende vanaf 09:00 in Die Ou Waenhuis. Alle senior dames wat belangstel om by hulle aan te sluit, kan gerus vir Corlene van der Merwe kontak by 084 715 1169.
Senior Volwassene Bederfmiddag: Al die senior volwassenes (±55 jaar en ouer) in ons gemeente word hartlik uitgenooi na ‘n heerlike bederfmiddag op Saterdag, 21 Maart, om 14:30 vir 15:00 by die pragtige Togryersvlei (op pad na Jakobsbaai). Die sangeres en motiveringspreker by dié geleentheid is Sanet Groenewald. Die bederfmiddag sal verseker ‘n verrykende ervaring vir liggaam, siel en gees wees! Moenie dit misloop nie! Die koste beloop R30.
Bespreek asb vroegtydig jou plek by Suselna – 083 232 4163. Kaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor, asook elke Sondag by die teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal.
HERFSGENOTE-Byeenkoms: Ons senior volwassenes vergader op 26 Februarie om 10:00 in die Die Ou Waenhuis. Tydens dié geleentheid kom gesels suster Bendine Joubert met ons oor die dienste wat Hospice lewer en die behoeftes wat hulle het. Al ons pensioenarisse – mans en dames – word vriendelik daarheen uitgenooi! Vir meer inligting kontak gerus vir Suselna by 083 232 4163.
Bevestig asb voor die tyd jou teenwoordigheid by dié geleentheid sodat ons kan weet vir hoeveel persone om voor te berei.
BESOEKERS
Welkom by ons erediens! As dit jou eerste keer by ons gemeente is, is ons so opgewonde om jou hier te hê. Jy is deel van ‘n familie waar liefde, geloof en gemeenskap bymekaar kom. Mag vandag se diens jou hart ophef, vir jou vrede bring, en jou inspireer op jou reis met God. Ons nooi jou uit, om na die diens saam met ons ‘n koppie tee/koffie te geniet in die pastoriesaal by die Kerk Sentrum. Ons sal graag met jou wil kennis maak. Daar is ‘n boek by die ingange waar jy jou besonderhede kan inskryf, en die Kerk Kantoor sal met jou kontak maak.
GEBED
Kan ons vir jou bid? Stuur gerus ‘n gebedsversoek na 082 256 6669 en ons sal saam met jou die saak aan ons hemelse Vader opdra in gebed. Dit kan anoniem wees of as jy sou verkies, kan jy jou naam byvoeg. Ons onderneem dat alle inligting as streng vertroulik hanteer sal word. Indien jy wil aansluit by die groep as ‘n gelowige wat saam met ons bid, kan jy ook jou naam en nommer na hierdie nommer stuur. Voeg net die woord “mede-gelowige” by. Ons benodig ook jou gebed tot ons Vader.
LIDMAATSKAPBEWYSE
Vanaf Centurion: Hendrik J BRIEL en gesin
WÊRELDBIDDAG VIR VROUE
Al ons dames word genooi na die Wêreldbiddag vir Vroue-geleentheid wat vanjaar by NG Kerk Vredenburg-Akkerdyk plaasvinid op 5 Maart 2026 om 19:00. Die tema is: ‘’Kom, Ek sal jou rus gee”.
KERKRAADVERKIESING
Op die Kerkraadsvergadeirng van 9 Februarie 2026 is die volgende persone op die Kerkraad verkies en herkies:
Verkies:
Ouderlinge:
Chris Visser – Finansies
Heleen Heydenreich – Kommunikasie
Herkies:
Ouderlinge:
Junius Minnaar – Gasvryheid
Koos Meiring – Uitreik
Diaken:
Anne-Marie Laubscher – Barmhartigheid
STIL-WORD DIENSTE
Kom raak stil en beleef die Here se teenwoordigheid in die middel van die week. Ons nooi u hartlik uit na ons Woensdae Stilword- of Adoramusdienste om 17:45-18:15 in die Kapel (die ou konsistorie). Ons gebruik die deur by die badkamers.
LEIERSKAPONTWIKKELING
Ons nooi alle leiers in ons gemeente uit na ons eerste opleidingsgeleentheid op 2 Maart om 18:30-19:30 in die Pastoriesaal. Tydens die geleentheid gee ons belangrike nuus deur, asook riglyne en toerusting rondom leierskap as gelowige. Ons gaan gesels oor transformasieleierskap.
KLEINGROEPOPLEIDING
Ons nooi alle kleingroepleiers in ons gemeente uit na ons jaarlikse kleingroep-opleiding. Dit vind plaas op 9 en 23 Maart om 18:30-19:30 in die Pastoriesaal. Ons gesels tydens die geleentheid oor die verskillende elemente en dinamika binne in ’n kleingroep. Enige kleingroepleier is welkom of die hele kleingroep is ook welkom om dit by te woon.
KOFFIE KUIERS – CAFÉ GRAZE
Ds Petri & Ds Brits sal op Vrydae tussen 8h00 en 9h00 by Café Graze wees. Hierdie is ‘n oop-geleentheid vir enige een wat wil kom gesels – oor geloof, die lewe, of sommer net oor koffie. Kom loer gerus in, kom sit saam en gesels ‘n bietjie. Almal is baie welkom.

VERJAARSDAE EN LIEF EN LEED
Baie geluk en seënwense aan almal wat in die volgende tydperk verjaar
22 Februarie: Jan Muller, Anita van Zyl, Luan Ludeke, Bertus Mostert, Louret Young
23 Februarie: June de Kock, Sarie Koegelenberg, Jerene Tredoux, Viljoen Human(jr), Elsabé Milstein
24 Februarie: Jacqueline Faasen, Leopold van Zyl (jr), Rossouw Nelson, Carina Oosthuizen, Rozanne Hanekom
25 Februarie: Bernice Theron, Brink Human, Rida Malan, Marcelle Lennox
26 Februarie: Eileen Novella, Hugo Basson, Carina Carstens
27 Februarie: Louise Blatt, René Barnard, Chandré Bekker, Pieter Loubser (jr), Hannah Marais, Heleen Heydenreich
28 Februarie: Steve Compion, Ivan Delport, Suritha du Plessis
* Ons vra asb voorbidding vir lidmate en hulle gesinne / families wat worstel met siekte en ander buitengewone uitdagings.
* Ons loof en prys die Here vir getuienisse van verhoorde gebede.
* Ons dink met leedwese aan diegene wat in die afgelope tyd ‘n geliefde aan die dood afgestaan het.