15 Februarie 2026

Facebook
WhatsApp
Inhoud
WOON EN WANDEL DEUR DIE WOORD

Eksodus 24:12-18; Psalm 2 or Psalm 99;
2 Petrus 1:16-21; Matteus 17:1-9  

GEBEDSKERS

Here, seën asseblief elke hand wat gee en elke hart wat ontvang. 

SONDAG, 15 FEBRUARIE

BAIE WELKOM BY DIE EREDIENS!
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Noodspens (Moeder) 

• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens – Prediker: Ds Petri Coetzee
Die Kleuterkerk-kinders sowel as die Graad 1-3 kinders woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag dan na hulle lokale: 4 jaar tot Gr R – Die Ou Waenhuis. Gr 1 – Anneks. Gr 2 – Ou Stalle en Kerksentrum (Ararat). Gr 3 – Kerksentrum (Karmel). 
Die Gr 4’s – 11’e woon die erediens soos gewoonlik by en het daarna kategese.  
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal – Kom kuier gesellig saam!
• 18:30 Jubelaand by Moedergemeente – Almal word hartlik daarheen uitgenooi! 

SONDAG, 22 FEBRUARIE

EERSTE LYDENSONDAG 
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Vrouebegeleiding   

• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens – Prediker: Ds Brits Janse van Rensburg 
Die Kleuterkerk-kinders sowel as die Graad 1-3 kinders woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag dan na hulle lokale: 4 jaar tot Gr R – Die Ou Waenhuis. Gr 1 – Anneks. Gr 2 – Ou Stalle en Kerksentrum (Ararat). Gr 3 – Kerksentrum (Karmel). 
Die Gr 4’s – 11’e woon die erediens soos gewoonlik by en het daarna kategese.   
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal – Kom kuier gesellig saam! 

BARMHARTIGHEID

Brood en blikkie-projek: Ons is betrokke by ’n projek waar ons gemeente eenmaal per maand ± 50 papiersakke met ’n halwe brood en ’n blikkie proteïenryke kos na Badisa neem om daar uitgedeel te word. Indien u ’n blikkie of twee vir dié doel wil bydra, kan dit asb in die boksies by die kerkdeure geplaas word. 

Huis Wittekruin wegneem-etes: Huis Wittekruin verskaf heerlike wegneem-etes van Maandag tot Vrydag teen R50 ‘n ete. Woensdae se ete sluit nagereg in en kos dan R55. Wegneemetes kan weer verkry word vanaf 2 Februarie 2026. Kontak hulle gerus vir verdere inligting by 022 713 2230/9. 

Huis Wittekruin hou basaar op Vrydag 6 Maart om 15:00 tot 18:00. Kom kuier saam, snuffel vir winskopies en geniet ‘n heerlike aandete. 

SENIOR LIDMATE

Silwer Vleuels Senior Klub: Hulle kuier saam op Woensdae-oggende vanaf 09:00 in Die Ou Waenhuis. Alle senior dames wat belangstel om by hulle aan te sluit, kan gerus vir Corlene van der Merwe kontak by 084 715 1169. 

Senior Volwassene Bederfmiddag:  Al die senior volwassenes (±55 jaar en ouer) in ons gemeente word hartlik uitgenooi na ‘n heerlike bederfmiddag op Saterdag, 21 Maart, om 14:30 vir 15:00 by die pragtige Togryersvlei (op pad na Jakobsbaai). Die sangeres en motiveringspreker by dié geleentheid is Sanet Groenewald. Die bederfmiddag sal verseker ‘n verrykende ervaring vir liggaam, siel en gees wees! Moenie dit misloop nie! Die koste beloop R30. 

Bespreek asb vroegtydig jou plek by Suselna – 083 232 4163. Kaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor, asook elke Sondag by die teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal.

HERFSGENOTE-Byeenkoms:  Ons senior volwassenes vergader op 26 Februarie om 10:00 in die Die Ou Waenhuis. Tydens dié geleentheid kom gesels suster Bendine Joubert met ons oor die dienste wat Hospice lewer en die behoeftes wat hulle het. Al ons pensioenarisse – mans en dames – word vriendelik daarheen uitgenooi! Vir meer inligting kontak gerus vir Suselna by 083 232 4163. 

Bevestig asb voor die tyd jou teenwoordigheid by dié geleentheid sodat ons kan weet vir hoeveel persone om voor te berei.  

BESOEKERS

Welkom by ons erediens! As dit jou eerste keer by ons gemeente is, is ons so opgewonde om jou hier te hê. Jy is deel van ‘n familie waar liefde, geloof en gemeenskap bymekaar kom. Mag vandag se diens jou hart ophef, vir jou vrede bring, en jou inspireer op jou reis met God. Ons nooi jou uit, om na die diens saam met ons ‘n koppie tee/koffie te geniet in die pastoriesaal by die Kerk Sentrum. Ons sal graag met jou wil kennis maak. Daar is ‘n boek by die ingange waar jy jou besonderhede kan inskryf, en die Kerk Kantoor sal met jou kontak maak.

GEBED

Kan ons vir jou bid? Stuur gerus ‘n gebedsversoek na 082 256 6669 en ons sal saam met jou die saak aan ons hemelse Vader opdra in gebed. Dit kan anoniem wees of as jy sou verkies, kan jy jou naam byvoeg. Ons onderneem dat alle inligting as streng vertroulik hanteer sal word. Indien jy wil aansluit by die groep as ‘n gelowige wat saam met ons bid, kan jy ook jou naam en nommer na hierdie nommer stuur. Voeg net die woord “mede-gelowige” by. Ons benodig ook jou gebed tot ons Vader.

LIDMAATSKAPBEWYSE


Vanaf Ned Herv Kerk Weskus:
André Cornelius VAN ZYL en eggenote  

AS-WOENSDAG 

Almal word hartlik uitgenooi na ons As-Woensdag diens op 18 Februarie om 18:30 in die Kerk. Kom begin die Lydenstyd saam met ons!  

KERKRAADVERKIESING 

Op die Kerkraadsvergadeirng van 9 Februarie 2026 is die volgende persone op die Kerkraad verkies en herkies: 

Verkies:

Ouderlinge:
Chris Visser – Finansies
Heleen Heydenreich – Kommunikasie 

Herkies:

Ouderlinge:
Junius Minnaar – Gasvryheid
Koos Meiring – Uitreik 

Diaken:
Anne-Marie Laubscher – Barmhartigheid 

STIL-WORD DIENSTE 

Kom raak stil en beleef die Here se teenwoordigheid in die middel van die week. Ons nooi u hartlik uit na ons Woensdae Stilword- of Adoramusdienste om 17:45-18:15 in die Kapel (die ou konsistorie). Ons gebruik die deur by die badkamers. 

GEMEENTE KAMP

Waar koffie beter smaak, en stories langer raak. Kom stap, lag, en ontspan saam by ons gemeente kamp vanaf 20 tot 22 Maart, by Blinkwater Citrusdal. Kontak asb vir Nico du Toit by 083 419 4574 vir besprekings. Moenie dit mis nie – kom kamp saam!  

LEIERSKAPONTWIKKELING

Ons nooi alle leiers in ons gemeente uit na ons eerste opleidingsgeleentheid op 2 Maart om 18:30-19:30 in die Pastoriesaal. Tydens die geleentheid gee ons belangrike nuus deur, asook riglyne en toerusting rondom leierskap as gelowige. Ons gaan gesels oor transformasieleierskap. 

KLEINGROEPOPLEIDING

Ons nooi alle kleingroepleiers in ons gemeente uit na ons jaarlikse kleingroep-opleiding. Dit vind plaas op 9, 16, 23 Maart om 18:30-19:30 in die Pastoriesaal. Ons gesels tydens die geleentheid oor die verskillende elemente en dinamika binne in ’n kleingroep. Enige kleingroepleier is welkom of die hele kleingroep is ook welkom om dit by te woon.  


KOFFIE KUIERS – CAFÉ GRAZE 

Ds Petri & Ds Brits sal op Vrydae tussen 8h00 en 9h00 by Café Graze wees. Hierdie is ‘n oop-geleentheid vir enige een wat wil kom gesels – oor geloof, die lewe, of sommer net oor koffie. Kom loer gerus in, kom sit saam en gesels ‘n bietjie. Almal is baie welkom. 

VERJAARSDAE EN LIEF EN LEED

Baie geluk en seënwense aan almal wat in die volgende tydperk verjaar

15 Februarie: Corné du Plessis, Lenie van Zyl 
16 Februarie: Esmarie van Zyl, Jakkie Potgieter, Louise Baard 
17 Februarie: Boudewyn vd Lecq, Duroné Lewis, Pieter Kotze, Albie Sinclair, Pieter Kotze 
18 Februarie: Willie Blatt, Sussie Walters, Nic Delport, Andé de Villiers, Lu-Ané de Villiers, Adri Spies, Bertie Pool 
19 Februarie: Sonel la Grange 
20 Februarie: Kihan Beneke, Kallie Calitz(jr) 
21 Februarie: Nico Vermaak, Gerrit Truter, Liané Wiehahn  

* Ons vra asb voorbidding vir lidmate en hulle gesinne / families wat worstel met siekte en ander buitengewone uitdagings Isabelle Lochner, Antoinette Coetzee, Pottie Potgieter, Jurg le Roux, Louis Kruger 

* Ons loof en prys die Here vir getuienisse van verhoorde gebede.

* Ons dink met leedwese aan diegene wat in die afgelope tyd ‘n geliefde aan die dood afgestaan het – Jackie Moolman