Die Kerkraad van NG Kerk Vredenburg Moedergemeente nooi gekwalifiseerde en geesgedrewe kandidate uit om aansoek te doen vir die posisie van Musiekkoördineerder. Hulle soek iemand met ‘n passie vir gemeentemusiek en samesang, ‘n hart vir die bedieining, en die vermoë om die musiekbediening in alle fasette daarvan professioneel en in oorleg met die Spirualiteitsbediening te lei.
Primêre pligte en verantwoordelikhede
Die Musiekkoördineerder sal onder andere verantwoordelik wees vir:
1. Erediensmusiek
- Koördinering van die volledige musiekbediening tydens alle eredienste (meer as net sangbegelieding).
- Samewerking met die Spiritualiteitsbedieining oor alle musiek elemente in eredienste.
- Hierdie persoon dra die verantwoordelikheid vir die musiekbeplanning en toesig oor ander begeleiers/begeleidingsgroepe.
- Die Musiekkoördineerder sal persoonlik verantwoordelik wees vir die begeleiding tydens ‘n bepaalde hoeveelheid eredienste per jaar – alle dienste op die dag ingesluit.
- Die addisionele Sondae sal gesien word as die koördineerder se jaarlikse verlof, maar hy/sy sal steeds verantwoordelik wees om te verseker dat ‘n geskikte begeleier/groep aan diens is tydens elke erediens. Die kerkraad sal hierdie persoon(e) vergoed indien nodig.
- Indien die koördineerder meer Sondae verlof benodig kan hy met toestemming van die Kerkraad ‘n ander geskikte persoon nomineer, maar sal dan self verantwoordelik wees vir die persoon se vergoeding.
2. Kerkjaar feeste en spesiale eredienste
Beplanning en koördinering van die musiek elemente vir die volgende geleenthede – maar nie beperk tot:
- Paasfees
- Hemelvaart
- 40 dae van toewyding
- Kerssangdiens
3. Musiekgroepe en ander begeleiers
- Koördinering van diensbeurte, musiekkeuses, opleiding en kwaliteit van begeleiding
- Bywoning van oefensessies
- Die persoon mag self deel wees van ‘n begeleidingsgroep, maar moet verseker dat groepe selfstandig kan funksioneer
4. Repertorium en Kwaliteit van begeleiding
- Vestiging en instandhouding van ‘n repertorium van aanvaarbare/geskikte liedere
- Verseker dat teks, begeleiding, tempo en ander elemente van die begeleiding konsekwent en van hoë standaard is.
5. Addisionele pligte
- Begrafnisse, troues en ander ad hoc dienste val nie onder die amptelike verantwoordelikhede van die koördineerder nie. Persone wat die koördineerder se dienste daarvoor wil gebruik, kan dit direk onderhandel.
- Enige addisionele dienste moet nie inbreek maak op die verantwoordelikhede teenoor die gemeente nie.
Kwalifikasies
- Ten minste Graad 6 (Musiek) UNISA of gelykwaardige kwalifikasie
- Bewese rekord van ondervinding as begeleier/orrelis/musiekkoördineerder
Vergoeding
Die vergoedingspakket sal met die geskikte kandidaat onderhandel word voor aanstelling.
Belangstellendes kan hul CV en ‘n kort motiveringsbrief stuur of inhandig by die Kerkkantoor – vredngk@imaginet.co.za – h/v Kerk- en Hoofstraat, Vredenburg.
Kontakpersoon: Lydia Botha – Tel: 022 713 1724
Sluitingsdatum 13 Februarie 2026