WOON EN WANDEL DEUR DIE WOORD
Jeremia 23:1-6 en Lukas 1:68-79; Jeremia 23:1-6 en Psalm 46; Kolossense 1:11-20; Lukas 23:33-43

GEBEDSKERS
Here, ons dra vandag Kinder- en Jeugsorgsentrums aan U op. Gee aan die personeel wysheid en geduld. Mag hierdie sentrums plekke van genesing en nuwe beginne wees.
SONDAG, 23 NOVEMBER
BAIE WELKOM BY DIE EREDIENS!
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Durbanville Kinderhuis
• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens – Prediker: Ds Petri Coetzee
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal – Almal is hartlik welkom!
SONDAG, 30 NOVEMBER
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Badisa Sinodaal
• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens – Prediker: Ds Brits Janse van Rensburg
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal – Almal is hartlik welkom!
• 19:00 Kerssangdiens by NG Kerk Akkerdyk – Almal word hartlik uitgenooi!
BESOEKERS
Welkom by ons erediens! As dit jou eerste keer by ons gemeente is, is ons so opgewonde om jou hier te hê. Jy is deel van ‘n familie waar liefde, geloof en gemeenskap bymekaar kom. Mag vandag se diens jou hart ophef, vir jou vrede bring, en jou inspireer op jou reis met God. Ons nooi jou uit, om na die diens saam met ons ‘n koppie tee/koffie te geniet in die pastoriesaal by die Kerk Sentrum. Ons sal graag met jou wil kennis maak. Daar is ‘n boek by die ingange waar jy jou besonderhede kan inskryf, en die Kerk Kantoor sal met jou kontak maak.
BARMHARTIGHEID
Goeie tweedehandse klere teen billike pryse – Word gerus deel van ons WhatsApp-groep, Van my na jou, en kry goeie tweedehandse klere, wat ons as skenkings ontvang het, teen baie billike pryse te koop. Foto’s van die klere word elke Sondag opgesit.
➔ Stuur ‘n WhatsApp na Anne-Marie Laubscher (Barmhartigheidspan) by 082 327 1683 as jy deel wil word van die groep!
Brood en blikkie-projek: Ons is betrokke by ’n projek waar ons gemeente eenmaal per maand ±50 papiersakke met ’n halwe brood en ’n blikkie proteïenryke kos na Badisa neem om daar uitgedeel te word. Indien u ’n blikkie of twee vir dié doel wil bydra, kan dit asb in die boksies by die kerkdeure geplaas word.
Huis Wittekruin wegneem-etes: Huis Wittekruin verskaf heerlike wegneem-etes van Maandag tot Vrydag teen R50 ‘n ete. Woensdae se ete sluit nagereg in en kos dan R55. Kontak hulle gerus vir verdere inligting by 022 713 2230/9.
JEUGKOMMISSIE
Is dit jou passie om die Woord met ons jeug te deel? Die Jeugkommissie nooi jou uit om deel te raak van ons span, en een van ons Kategete te word. Kontak vir Ds. Brits direk vir meer inligting by 073-008-6732.
SENIOR LIDMATE
Silwer Vleuels Senior Klub: Hulle kuier saam op Woensdag-oggende vanaf 9:00 in Die Ou Waenhuis. Alle senior dames wat belangstel om by hulle aan te sluit, kan gerus vir Corlene van der Merwe kontak by 084 715 1169.
HERFSGENOTE-Byeenkoms: Herfsgenote se Kersfeesafsluiting vind plaas op 27 November om 10:00 in Die Ou Waenhuis. By dié geleentheid gaan ons heerlik Kersliedere saamsing en die jaar op ‘n hoogtepunt afsluit! Al ons pensioenarisse – mans en dames – word vriendelik daarheen uitgenooi! Vir meer inligting, kontak gerus vir Suselna by 083 232 4163.
KERKRAADSVERKIESING
Op die Kerkraadsvergadering van 17 November 2025 is die volgende persone verkies as:
Diaken:
Renier Faasen – Mannebediening
Ouderlinge:
Annari Engelbrecht – Pastorale Bediening
Juanita De La Harpe-Coetzee – Spiritualiteitsbediening
LIDMAATSKAPBEWYSE
Vanaf Steynsrus: Susanna Magdalena Elizabeth WESSELS (Nou PELSER)
Vanaf Bothaville-Noord: Eurika PELSER (Nou MULLER)
GEBED
Kan ons vir jou bid? Stuur gerus ‘n gebedsversoek na 082 256 6669 en ons sal saam met jou die saak aan ons hemelse Vader opdra in gebed. Dit kan anoniem wees of as jy sou verkies, kan jy jou naam byvoeg. Ons onderneem dat alle inligting as streng vertroulik hanteer sal word. Indien jy wil aansluit by die groep as ‘n gelowige wat saam met ons bid, kan jy ook jou naam en nommer na hierdie nommer stuur. Voeg net die woord “mede-gelowige” by. Ons benodig ook jou gebed tot ons Vader.
PASTORALE SORG
Soms gebeur dit dat iemand in die verbygaan vir die dominee sê hy moet kom kuier, en dan glip dit ongelukkig by hom verby. As jy graag ‘n besoek van die dominees wil hê, laat weet asseblief vir die kerkkantoor, of stuur vir die dominees ‘n whatsapp. So maak ons seker dat niemand misgeloop word nie, en dat elkeen die sorg ontvang wat hulle nodig het. Kerkkantoor – 022 713 1724; Ds Brits Janse van Rensburg – 073 008 6732; Ds Petri Coetzee – 084 207 3508
KOFFIE KUIERS – CAFÉ GRAZE
Ds Petri & Ds Brits sal op Vrydae tussen 8h00 en 9h00 by Café Graze wees. Hierdie is ‘n oop-geleentheid vir enige een wat wil kom gesels – oor geloof, die lewe, of sommer net oor koffie. Kom loer gerus in, kom sit saam en gesels ‘n bietjie. Almal is baie welkom.

VERJAARSDAE EN LIEF EN LEED
Baie geluk en seënwense aan almal wat in die volgende week verjaar
23 November: Johanda Jansen, Esther Kotze, GD Murphy
24 November: Corné van der Merwe, Frikkie van der Merwe,
25 November: Erna Lombard, Kéan du Plessis, Adéle Gomes, Babs Combrink, Karlien Hanekom, Jano Tolken, Gert Loubser, Stephan de Vos
26 November: Mariette du Toit, Hentie Novella, André Schröder, Ewald von Wielligh Alta van Zyl
27 November: Zander Burger
28 November: Kobus Fourie
29 November: Jean Kotze, Gideon Nieuwoudt, Toenkie Myburgh, Niané du Preez
30 November: Karla van Zyl
* Ons vra asb voorbidding vir lidmate en hulle gesinne / families wat worstel met siekte en ander buitengewone uitdagings – Magda de Lange, Isobel van Deventer, Ester Schoeman, Christine Dixon, Rudi Brits
* Ons loof en prys die Here vir getuienisse van verhoorde gebede.
* Ons dink met leedwese aan diegene wat in die afgelope tyd ‘n geliefde aan die dood afgestaan het – Marius Lochner, Jan Koch