12 Oktober 2025

Facebook
WhatsApp
Inhoud

Woon en wandel deur die Woord
Jeremia 29:1, 4-7 en Psalm 66:1-12; 2 Konings 5:1-3, 7-15c en Psalm 111;
2 Timoteus 2:8-15; Lukas 17:11-19

Gebedskers:

Here, laat die vrug van hul werk, U naam verheerlik en U koninkryk bevorder.

SONDAG, 12 Oktober:
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Arbeidsbediening Plaaslik

• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens – Prediker: Ds Petri Coetzee
GEEN Kinderkerk en Kategese as gevolg van skoolvakansie.
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal – Almal is hartlik welkom!
SKOLE OPEN 13 OKTOBER – Baie sterkte vir die nuwe en laaste kwartaal!

BAIE WELKOM BY DIE EREDIENS!
SONDAG, 19 Oktober: BIDDAG VIR GESONDHEIDSDIENSTE
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Gemeentebediening

• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens, KINDERDIENS en DOOPDIENS – Prediker: Ds Brits Janse van Rensburg
➔ Kleuters tot Gr 3 bly in die kerk, en het nie kategese nie.
Die Gr 4’s – 11’e woon die erediens soos gewoonlik by en het daarna kategese.
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal – Almal is hartlik welkom!
• 18:30 Jubelaand by Moedergemeente – Almal word harlik daarheen uitgenooi!

BESOEKERS
Welkom by ons erediens! As dit jou eerste keer by ons gemeente is, is ons so opgewonde om jou hier te hê. Jy is deel van ‘n familie waar liefde, geloof en gemeenskap bymekaar kom. Mag vandag se diens jou hart ophef, vir jou vrede bring, en jou inspireer op jou reis met God. Ons nooi jou uit, om na die diens saam met ons ‘n koppie tee/koffie te geniet in die pastoriesaal by die Kerk Sentrum. Ons sal graag met jou wil kennis maak. Daar is ‘n boek by die ingange waar jy jou besonderhede kan inskryf, en die Kerk Kantoor sal met jou kontak maak.

BARMHARTIGHEID
Goeie tweedehandse klere teen billike pryse – Word gerus deel van ons WhatsApp-groep, Van my na jou, en kry goeie tweedehandse klere, wat ons as skenkings ontvang het, teen baie billike pryse te koop. Foto’s van die klere word elke Sondag opgesit.
➔ Stuur ‘n WhatsApp na Anne-Marie Laubscher (Barmhartigheidspan) by 082 327 1683 as jy deel wil word van die groep!

Brood en blikkie-projek: Ons is betrokke by ’n projek waar ons gemeente eenmaal per maand ±50 papiersakke met ’n halwe brood en ’n blikkie proteïenryke kos na Badisa neem om daar uitgedeel te word. Indien u ’n blikkie of twee vir dié doel wil bydra, kan dit asb in die boksies by die kerkdeure geplaas word.

Huis Wittekruin wegneem-etes: Huis Wittekruin verskaf heerlike wegneem-etes van Maandag tot Vrydag teen R50 ‘n ete. Woensdae se ete sluit nagereg in en kos dan R55. Kontak hulle gerus vir verdere inligting by 022 713 2230/9.

STILWORDDIENS (ADORAMUSDIENS)
Neem ‘n blaaskans uit die gejaag van die week en kom vind rus in die Here se teenwoordigheid.

Ons nooit u hartlik uit na ons Woensdae Stilword- Adoramusdienste om 17:45-18:15. Dit is ’n geleentheid waar jy op ’n gestruktureerde wyse in die teenwoordigheid van God kan stil word, en toelaat dat sy Woord iets in jou hart kom doen. Gebruik die geleentheid om by God te kom rus. Dit vind plaas in ons kapel (konsistorie) by die Kerk.

SENIOR LIDMATE

Silwer Vleuels Senior Klub: Hulle kuier saam op Woensdag-oggende vanaf 9:30 in Die Ou Waenhuis. Alle senior dames wat belangstel om by hulle aan te sluit, kan gerus vir Corlene van der Merwe kontak by 084 715 1169.

GEBED
Kan ons vir jou bid? Stuur gerus ‘n gebedsversoek na 082 256 6669 en ons sal saam met jou die saak aan ons hemelse Vader opdra in gebed. Dit kan anoniem wees of as jy sou verkies, kan jy jou naam byvoeg. Ons onderneem dat alle inligting as streng vertroulik hanteer sal word. Indien jy wil aansluit by die groep as ‘n gelowige wat saam met ons bid, kan jy ook jou naam en nommer na hierdie nommer stuur. Voeg net die woord “mede-gelowige” by. Ons benodig ook jou gebed tot ons Vader.

MUSIEKBEDIENING
🎤 Kom wees deel van ons Musiekbediening 🎤
Het jy ‘n liefde vir sang of kan jy ‘n musiekinstrument bespeel? Ons musiekbediening is opsoek na nuwe stemme en talentvolle musikante wat graag saam wil dien deur musiek. Of jy ‘n ervare of net ‘n entoesiastiese deelnemer is – kontak vir André du Plessis by ☎ 083 680 0125 of 066 275 0344.

Ons benodig ook ‘n paar mansstemme vir ons Kerssangdiens hierdie jaar – Kom help ons om die boodskap van Christus se geboorte met vreugde te laat klink! As jy jou stem wil laat hoor tot eer van die Here, kontak vir André du Plessis by ☎ 083
680 0125 of 066 275 0344.

EKOLOGIEBEDIENING
’n Wêreld van plastiek
Ons leef in ’n wêreld waar ons amper nie meer kan leef sonder plastiek nie. Plastiek word egter die grootse besoedelingsfaktor van ons tyd, veral in die vorm van mikroplastiek wat ons nie kan sien nie. Mikroplastiek is oral teenwoordig en word groot bedreigende faktor vir ons gesondheid.

Kom kyk Maandag 20 Oktober om 18:30 in ons kerk na ’n dokumentêr “Plastiek people: The Hidden Crisis of Microplastics”, wat aangebied word deur ons Ekologiebediening. Na die tyd is daar Koffie en tee beskikbaar. Dit toegang is gratis. Hierdie dokumentêr is nêrens anders beskikbaar as deur geleenthede waar dit vertoon word nie.

Die Ekologiebediening is gebore uit die hart van omgee. Omgee vir die skepping, omgee vir mense, omgee vir onsself en ten diepste omgee vir God. Daarmee saam is hierdie bediening gebore vanuit ’n verwondering en bewondering vir God se hande werk. Ons doel is om saam te dink oor ons verantwoordelikheid as gelowiges rondom God se skepping en ons saamleef daarmee en om prakties iets rondom dit te doen.

GASVRYHEIDSBEDIENING
‘n Bring-en-Braai is só eg Suid-Afrikaans en ’n wonderlike manier om ’n seisoen mee af te sluit, met warmte en gemeenskap. Ons nooi die gemeente hartlik uit na ‘n Bring-en-Braai geleentheid, waar ons saam gaan kuier, lag en die Here gaan dank vir die pad wat ons saam gestap het – ‘n ware viering van Sy goedheid en die gemeenskap wat Hy onder ons gebou het. 🔥 Bring jou vleisie en jou stories, ons voorsien die kole en die geselskap! Laat ons hierdie seisoen afsluit met dankbaarheid, vreugde en ’n bord vol lekkerte. Kontak die kerkkantoor by 022-713-1724 of vir Junius Minnaar by 071-860-8029 as jy saam wil deel in hierdie spesiale geleentheid van feesviering!

🗓 Datum: 29 November 2025 om 14h00|
📍 Plek: NGK Vredenburg Kerkgronde

VERJAARSDAE EN LIEF EN LEED
Baie geluk en seënwense aan almal wat in die volgende week verjaar

12 Oktober: Lizette Myburgh, Renier Faasen, Isobel van Deventer, At Roux, Liana Basson, Micheal Basson
13 Oktober: Albertha Kotzee, Tiekie van Heerden, Stephan Busch, Paulette Richard, Carla Cronjé
14 Oktober: Johnny van Zyl, Ester Dippenaar, Anneen Toerien, Wikus Kotze, Robert Chapman
15 Oktober: Stephan Geldenhuys, Batie Bester, Willem Koch, Trevor Scheepers
16 Oktober: Eric Stofberg, Lian Vorster
17 Oktober: Attie Coetzee (Marsstraat 7), Manfred Stowik, Thea Calitz, Eddie van Schalkwyk, Boetie Nelson, Megan Potgieter
18 Oktober: Gerhard Coetzee

* Ons vra asb voorbidding vir lidmate en hulle gesinne / families wat worstel met siekte en ander buitengewone uitdagings – Magda Koch

* Ons loof en prys die Here vir getuienisse van verhoorde gebede.

* Ons dink met leedwese aan diegene wat in die afgelope tyd ‘n geliefde aan die dood afgestaan het