21 September 2025

Facebook
WhatsApp
Inhoud

Woon en wandel deur die Woord
Jeremia 8:18-9:1 en Psalm 79:1-9; Amos 8:4-7; 1 Timoteus 2:1-7; Lukas 16:1-13

Gebedskers:

Here, gee vir ons wysheid, liefde en moed om U naam oral te verkondig.

BAIE WELKOM BY DIE EREDIENS!
SONDAG, 21 September:
(Ds Petri Coetzee bedien by Huis Wittekruin)
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
VCSV

• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens – Prediker: Ds Brits Janse van Rensburg
† 40 DAE REEKS – Saam is ons beter †
Die Kleuterkerk-kinders sowel as die Graad 1-3 kinders woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag dan na hulle lokale: 4 jaar tot Gr R – Die Ou Waenhuis. Gr 1 – Anneks en Pastoriesaal. Gr 2 + 3 – Ou Stalle.
Die Gr 4’s – 11’e woon die erediens soos gewoonlik by en het daarna kategese.
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal – Almal is hartlik welkom!
• 18:30 Jubelaand by Moedergemeente – Almal word hartlik daarheen uitgenooi!

SONDAG, 28 September: BIDDAG VIR BEDIENING AAN DIE JODE
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Bediening aan die Jode

• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens – Prediker: Ds Petri Coetzee
† 40 DAE REEKS EINDIG †
Die Kleuterkerk-kinders sowel as die Graad 1-3 kinders woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag dan na hulle lokale: 4 jaar tot Gr R – Die Ou Waenhuis. Gr 1 – Anneks en Pastoriesaal. Gr 2 + 3 – Ou Stalle.
Die Gr 4’s – 11’e woon die erediens soos gewoonlik by en het daarna kategese.
Geen Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal as gevolg van basaar opruimings

MOEDERGEMEENTE DANKFEES
🍔🍰🍬🎉🎤 !!B A S A A R – B A S A A R!!🎤🎉🍬🍰🍔
Vrydag 26 September en Saterdag 27 September op ons kerkterrein

🎉🎉 Die wag is byna verby! 🎉🎉

Programhoogtepunte:
• Heerlike eetgoed & varsgebakte produkte
• Braaivleisvure
• Gesellige teetuin
• Boeke
• Kindervermaak en aktiwiteite
• Basaar Sokkie
• Pretstap vir oud en jonk

Kom kuier saam! Bring jou familie en vriende, jy wil dit nie misloop nie! Ons het iets vir die hele gesin!

BESOEKERS
Welkom by ons erediens! As dit jou eerste keer by ons gemeente is, is ons so opgewonde om jou hier te hê. Jy is deel van ‘n familie waar liefde, geloof en gemeenskap bymekaar kom. Mag vandag se diens jou hart ophef, vir jou vrede bring, en jou inspireer op jou reis met God. Ons nooi jou uit, om na die diens saam met ons ‘n koppie tee/koffie te geniet in die pastoriesaal by die Kerk Sentrum. Ons sal graag met jou wil kennis maak. Daar is ‘n boek by die ingange waar jy jou besonderhede kan inskryf, en die Kerk Kantoor sal met jou kontak maak.

BARMHARTIGHEID
Goeie tweedehandse klere teen billike pryse – Word gerus deel van ons WhatsApp-groep, Van my na jou, en kry goeie tweedehandse klere, wat ons as skenkings ontvang het, teen baie billike pryse te koop. Foto’s van die klere word elke Sondag opgesit.
➔ Stuur ‘n WhatsApp na Anne-Marie Laubscher (Barmhartigheidspan) by 082 327 1683 as jy deel wil word van die groep!

Brood en blikkie-projek: Ons is betrokke by ’n projek waar ons gemeente eenmaal per maand ±50 papiersakke met ’n halwe brood en ’n blikkie proteïenryke kos na Badisa neem om daar uitgedeel te word. Indien u ’n blikkie of twee vir dié doel wil bydra, kan dit asb in die boksies by die kerkdeure geplaas word.

Huis Wittekruin wegneem-etes: Huis Wittekruin verskaf heerlike wegneem-etes van Maandag tot Vrydag teen R40 ‘n ete. Woensdae se ete sluit nagereg in en kos dan R45. Prys verhoging vanaf 1 Julie – Maandag tot Vrydag teen R50 ‘n ete, en Woensdae se ete wat nagereg insluit sal R55 beloop. Kontak hulle gerus vir verdere inligting by 022 713 2230/9.

STILWORDDIENS (ADORAMUSDIENS)
As gevolg van Erfenisdag op Woensdag 24 September sal daar nie ‘n Stilword- of Adoramusdiens gehou word nie., Hierdie dienste sal weer voortgaan vanaf Woensdag 1 Oktober om 17:45-18:15. Dit is ’n geleentheid waar jy op ’n gestruktureerde wyse in die teenwoordigheid van God kan stil word, en toelaat dat sy Woord iets in jou hart kom doen. Gebruik die geleentheid om by God te kom rus. Dit vind plaas in ons kapel (konsistorie) by die Kerk.

SENIOR LIDMATE

Silwer Vleuels Senior Klub: Hulle kuier saam op Woensdag-oggende vanaf 9:30 in Die Ou Waenhuis. Alle senior dames wat belangstel om by hulle aan te sluit, kan gerus vir Corlene van der Merwe kontak by 084 715 1169.

HERFSGENOTE-Byeenkoms: Ons senior volwassenes vergader op 25 September om 10:00 in Die Ou Waenhuis. Ons gaan die koms van die lente vier en meer inligting kry rakende Demensie. Moenie hierdie belangrike geleentheid misloop nie! Al ons pensioenarisse – mans en dames – word vriendelik daarheen uitgenooi! Vir meer inligting, kontak gerus vir Suselna by 083 232 4163.

GEBED
Kan ons vir jou bid? Stuur gerus ‘n gebedsversoek na 082 256 6669 en ons sal saam met jou die saak aan ons hemelse Vader opdra in gebed. Dit kan anoniem wees of as jy sou verkies, kan jy jou naam byvoeg. Ons onderneem dat alle inligting as streng vertroulik hanteer sal word. Indien jy wil aansluit by die groep as ‘n gelowige wat saam met ons bid, kan jy ook jou naam en nommer na hierdie nommer stuur. Voeg net die woord “mede-gelowige” by. Ons benodig ook jou gebed tot ons Vader.

GASVRYHEIDSBEDIENING
‘n Bring-en-Braai is só eg Suid-Afrikaans en ’n wonderlike manier om ’n seisoen mee af te sluit, met warmte en gemeenskap. Ons nooi die gemeente hartlik uit na ‘n Bring-en-Braai geleentheid, waar ons saam gaan kuier, lag en die Here gaan dank vir die pad wat ons saam gestap het – ‘n ware viering van Sy goedheid en die gemeenskap wat Hy onder ons gebou het. 🔥 Bring jou vleisie en jou stories, ons voorsien die kole en die geselskap! Laat ons hierdie seisoen afsluit met dankbaarheid, vreugde en ’n bord vol lekkerte. Kontak die kerkkantoor by 022-713-1724 of vir Junius Minnaar by 071-860-8029 as jy saam wil deel in hierdie spesiale geleentheid van feesviering!

🗓 Datum: 29 November 2025 om 14h00|
📍 Plek: NGK Vredenburg Kerkgronde

VERJAARSDAE EN LIEF EN LEED
Baie geluk en seënwense aan almal wat in die volgende week verjaar

21 September: Ina Burger, Jannie Dreyer, Neville Gray, Ester Schoeman, Mike Nippold, Elcha Truter, Swané van Wyk, Melissa Rust
22 September: Hester Bock, Rodney Brown, Riana van Tonder, Veronica Delport, Sandy van Wyk
23 September: Jean-Pierre Bekker(sr)
24 September: Pietie Loubser, Guillem van der Merwe, Carlo Novella, Marelize Gerber, Alana Huysamen
25 September: Lika Pieters
26 September: Elna Erlank, Stampies Coetzee, Henna Uys, Marina du Toit, Naomi Britz, Christine Boshoff
27 September: Desireé du Toit, Nelia Rossouw, Kobus Janse van Rensburg, Christa le Roux

* Ons vra asb voorbidding vir lidmate en hulle gesinne / families wat worstel met siekte en ander buitengewone uitdagings Elsabe Kruger

* Ons loof en prys die Here vir getuienisse van verhoorde gebede.

* Ons dink met leedwese aan diegene wat in die afgelope tyd ‘n geliefde aan die dood afgestaan het