25 Januarie 2026

Facebook
WhatsApp
Inhoud
WOON EN WANDEL DEUR DIE WOORD

Jesaja 9:1-4; Psalm 27:1, 4-9; 1 Korintiërs 1:10-18; Matteus 4:12-23      

GEBEDSKERS

Here, ons bid dat U Gees die bearbeiders sal lei met wysheid, geduld en liefde.   

SONDAG, 25 JANUARIE

BAIE WELKOM BY DIE EREDIENS!
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Studentebearbeiding 

• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens – Prediker: Ds Brits Janse van Rensburg 
Die Kleuterkerk-kinders sowel as die Graad 1-3 kinders woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag dan na hulle lokale: 4 jaar tot Gr R – Die Ou Waenhuis. Gr 1 – Anneks. Gr 2 – Ou Stalle en Kerksentrum (Ararat). Gr 3 – Kerksentrum (Karmel). 
Die Gr 4’s – 11’e woon die erediens soos gewoonlik by en het daarna kategese.   
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal – Kom kuier gesellig saam! 

SONDAG, 1 FEBRUARIE

Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Seelui Saldanha 

• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens KANSELRUILING – Prediker: Ds Quentin Minnaar (VGK Malmesbury)
Die Kleuterkerk-kinders sowel as die Graad 1-3 kinders woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag dan na hulle lokale: 4 jaar tot Gr R – Die Ou Waenhuis. Gr 1 – Anneks. Gr 2 – Ou Stalle en Kerksentrum (Ararat). Gr 3 – Kerksentrum (Karmel). 
Die Gr 4’s – 11’e woon die erediens soos gewoonlik by en het daarna kategese.  
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal – Kom kuier gesellig saam!

BARMHARTIGHEID

Goeie tweedehandse klere teen billike pryse: Word gerus deel van ons WhatsApp-groep, Van my na jou, en kry goeie tweedehandse klere, wat ons as skenkings ontvang het, teen baie billike pryse te koop. Foto’s van die klere word elke Sondag opgesit.
➔ Stuur ‘n WhatsApp na Anne-Marie Laubscher (Barmhartigheidspan) by 082 327 1683 as jy deel wil word van die groep!

Brood en blikkie-projek: Ons is betrokke by ’n projek waar ons gemeente eenmaal per maand ± 50 papiersakke met ’n halwe brood en ’n blikkie proteïenryke kos na Badisa neem om daar uitgedeel te word. Indien u ’n blikkie of twee vir dié doel wil bydra, kan dit asb in die boksies by die kerkdeure geplaas word. 

Huis Wittekruin wegneem-etes: Huis Wittekruin verskaf heerlike wegneem-etes van Maandag tot Vrydag teen R50 ‘n ete. Woensdae se ete sluit nagereg in en kos dan R55. Wegneemetes kan weer verkry word vanaf 2 Februarie 2026. Kontak hulle gerus vir verdere inligting by 022 713 2230/9. 

SENIOR LIDMATE

Silwer Vleuels Senior Klub: Hulle kuier saam op Woensdae-oggende vanaf 09:00 in Die Ou Waenhuis. Alle senior dames wat belangstel om by hulle aan te sluit, kan gerus vir Corlene van der Merwe kontak by 084 715 1169. 

HERFSGENOTE-Byeenkoms:  Ons senior volwassenes vergader op 29 Januarie om 10:00 in die Pastoriesaal. Tydens dié geleentheid kom praat dr Thys Smith van Wellington met ons oor sy boek Anderkant 65–Oor aftrede en daarna. Dr Smith gee erkenning aan die aftreeleeftyd as ‘n volwaardige lewensfase met unieke geleenthede, uitdagings en genietinge. Hierdie is beslis ‘n praatjie wat nie misgeloop moet word nie! Al ons pensioenarisse – mans en dames – word vriendelik daarheen uitgenooi! Vir meer inligting en om jou teenwoordigheid te bevestig, kontak asb vir Suselna by 083 232 4163. 

Senior Volwassene Bederfmiddag:  Al die senior volwassenes (±55 jaar en ouer) in ons gemeente word hartlik uitgenooi na ‘n heerlike bederfmiddag op Saterdag, 21 Maart, om 14:30 vir 15:00 by die pragtige Togryersvlei (op pad na Jakobsbaai). Die sangeres en motiveringspreker by dié geleentheid is Sanet Groenewald. Die bederfmiddag sal verseker ‘n verrykende ervaring vir liggaam, siel en gees wees! Moenie dit misloop nie! Die koste beloop R30. 

Bespreek asb vroegtydig jou plek by Suselna – 083 232 4163. Kaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor, asook elke Sondag by die teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal

LIDMAATSKAPBEWYSE

Vanaf Kuilsrivier Helena Hendrika HEYDENREICH      

BESOEKERS

Welkom by ons erediens! As dit jou eerste keer by ons gemeente is, is ons so opgewonde om jou hier te hê. Jy is deel van ‘n familie waar liefde, geloof en gemeenskap bymekaar kom. Mag vandag se diens jou hart ophef, vir jou vrede bring, en jou inspireer op jou reis met God. Ons nooi jou uit, om na die diens saam met ons ‘n koppie tee/koffie te geniet in die pastoriesaal by die Kerk Sentrum. Ons sal graag met jou wil kennis maak. Daar is ‘n boek by die ingange waar jy jou besonderhede kan inskryf, en die Kerk Kantoor sal met jou kontak maak.

GEBED

Kan ons vir jou bid? Stuur gerus ‘n gebedsversoek na 082 256 6669 en ons sal saam met jou die saak aan ons hemelse Vader opdra in gebed. Dit kan anoniem wees of as jy sou verkies, kan jy jou naam byvoeg. Ons onderneem dat alle inligting as streng vertroulik hanteer sal word. Indien jy wil aansluit by die groep as ‘n gelowige wat saam met ons bid, kan jy ook jou naam en nommer na hierdie nommer stuur. Voeg net die woord “mede-gelowige” by. Ons benodig ook jou gebed tot ons Vader.

PASTORALE SORG 

Soms gebeur dit dat iemand in die verbygaan vir die dominee sê hy moet kom kuier, en dan glip dit ongelukkig by hom verby. As jy graag ‘n besoek van die dominees wil hê, laat weet asseblief vir die kerkkantoor, of stuur vir die dominees ‘n whatsapp. So maak ons seker dat niemand misgeloop word nie, en dat elkeen die sorg ontvang wat hulle nodig het. Kerkkantoor – 022 713 1724; Ds Brits Janse van Rensburg – 073 008 6732; Ds Petri Coetzee – 084 207 3508 

STIL-WORD DIENSTE 

Kom raak stil en beleef die Here se teenwoordigheid in die middel van die week. Ons stil-word of adoramus dienste begin weer Woensdag 28 Januarie om 17:45-18:15 in die kapel (die ou konsistorie). Ons gebruik die deur by die badkamers. 

WANDEL IN DIE WOORD

Ons ‘dieper delf’ in die Woord van die Here skop af op Donderdag 5 Februarie om 9:30 in die pastoriesaal. Ons kom hierdie jaar drie Donderdae per maand bymekaar (die vierde Donderdag is die Herfsgenote byeenkoms). Ons skop af met die tema: ‘Hoe kan ek die Bybel verantwoordelik lees’. Enige persoon is baie welkom. Ons kuier lekker saam om die tema en drink daarna koffie of tee.  

HOSPITAALTEE TOEBROODJIES

Ons bedien elke Woensdagoggend tee en toebroodjies by die Provinsiale Hospitaal in Vredenburg. Indien daar mense is wat graag op ‘n woensdagoggend wil help bedien, of kan bydra deur een brood se toebroodjies voor te berei, kontak asb vir Elsa Meiring by 082 499 3209. 

VERJAARSDAE EN LIEF EN LEED

Baie geluk en seënwense aan almal wat in die volgende tydperk verjaar

25 Januarie: Enrie Carosini (sr), Boeta Lochner, Liam Mostert 
26 Januarie: Amelia Kellerman 
27 Januarie: Nico Bergh 
28 Januarie: Sakkie Swart, Johan Annandale, Nelia Jonck, Freddie Boonzaaier, John Hibbert 
29 Januarie: Lozelle de Vleeschauwer, Francois Hanekom 
30 Januarie: Gerrit Myburgh, Rentia Erasmus, Freddy Laubscher, Adriaan Pienaar 
31 Januarie: Ilse Wesson, Marnus Bezuidenhout 

* Ons vra asb voorbidding vir lidmate en hulle gesinne / families wat worstel met siekte en ander buitengewone uitdagings – Esther Schoeman

* Ons loof en prys die Here vir getuienisse van verhoorde gebede.

* Ons dink met leedwese aan diegene wat in die afgelope tyd ‘n geliefde aan die dood afgestaan het.