22 Junie 2025

Facebook
WhatsApp
Inhoud

Woon en wandel deur die Woord
1 Konings 19:1-4, (5-7), 8-15a en Psalm 42 en 43, Jesaja 65:1-9 en Psalm 22:19-28, Galasiërs 3:23-29, Lukas 8:26-39

Gebedskers:
Here, gee vir ons die vrymoedigheid om die goeie nuus van die evangelie te verkondig.

BAIE WELKOM BY DIE EREDIENS!
SONDAG, 22 Junie:
(Rehabilitasie-Afhanklikes)

Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by Jakhalsfontein Ministries

• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens – Prediker Ds Petri Coetzee
Die Kleuterkerk-kinders sowel as die Graad 1-3 kinders woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag dan na hulle lokale: 4 jaar tot Gr R – Die Ou Waenhuis. Gr 1 – Anneks en Pastoriesaal. Gr 2 + 3 – Ou Stalle.
Die Gr 4’s – 11’e woon die erediens soos gewoonlik by en het daarna kategese.
• 10:00 Teedrinkgeleenheid in die Pastoriesaal – Almal is hartlik welkom!
• 18:30 Jubelaand by Moedergemeente – Almal word hartlik daarheen uitgenooi!

Die volgende aankondigingsblad verskyn op 20 Julie 2025.
SKOLE SLUIT 27 JUNIE – Geniet die Winter-skoolvakansie!

SONDAG, 29 Junie
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by Herberg Kinderhuis

• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens – Prediker Ds Petri Coetzee
GEEN Kinderkerk en Kategese as gevolg van skoolvakansie
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal – Almal is hartlik welkom!

WANDEL MET DIE WOORD
Het jy al gewonder wat gaan regtig aan in die boek Openbaring? Kom Wandel saam met die Woord word Dinsdagaand 24 Junie om 18:30 in die Pastoriesaal aangebied, vir die laaste keer hierdie kwartaal. Moenie hierdie geleentheid misloop nie. Kontak vir Ds Petri Coetzee vir navrae.

HUIS WITTEKRUIN – DR MOORE KERRIE & RYS
Op 4 Julie kom maak Dr Moore weer sy gewilde Kerrie & Rys (baie beesvleis en min rys). Bakkies word verkoop teen R45.00 per bakkie. Kontak ons vir bestellings by 022 713 2230/9, en ondersteun asb hierdie projek! Bestellings kan afgehaal word by Huis Wittekruin vanaf 15:00.

BESOEKERS
Welkom by ons erediens! As dit jou eerste keer by ons gemeente is, is ons so opgewonde om jou hier te hê. Jy is deel van ‘n familie waar liefde, geloof en gemeenskap bymekaar kom. Mag vandag se diens jou hart ophef, vir jou vrede bring, en jou inspireer op jou reis met God. Ons nooi jou uit, om na die diens saam met ons ‘n koppie tee/koffie te geniet in die pastoriesaal by die Kerk Sentrum. Ons sal graag met jou wil kennis maak. Daar is ‘n boek by die ingange waar jy jou besonderhede kan inskryf, en die Kerk Kantoor sal met jou kontak maak.

UITREIK NA VIOOLSDRIF
Ons gaan vanjaar weer uitreik na die gemeenskap van Vioolsdrif. Ons vertrek op 16 Julie 2025 en keer op 20 Julie 2025 terug. Jou enigste koste is jou vervoer, etes en billike verblyf.
Kontak gerus vir Koos Meiring, 083 240 5743, vir meer inligting. Oorweeg dit biddend en word deel van ons span!

BARMHARTIGHEID

Goeie tweedehandse klere teen billike pryse – Word gerus deel van ons WhatsApp-groep, Van my na jou, en kry goeie tweedehandse klere, wat ons as skenkings ontvang het, teen baie billike pryse te koop. Foto’s van die klere word elke Sondag opgesit.
➔ Stuur ‘n WhatsApp na Anne-Marie Laubscher (Barmhartigheidspan) by 082 327 1683 as jy deel wil word van die groep!

Brood en blikkie-projek: Ons is betrokke by ’n projek waar ons gemeente eenmaal per maand ±50 papiersakke met ’n halwe brood en ’n blikkie proteïenryke kos na Badisa neem om daar uitgedeel te word. Indien u ’n blikkie of twee vir dié doel wil bydra, kan dit asb in die boksies by die kerkdeure geplaas word.

Huis Wittekruin wegneem-etes: Huis Wittekruin verskaf heerlike wegneem-etes van Maandag tot Vrydag teen R40 ‘n ete.
Woensdae se ete sluit nagereg in en kos dan R45. Kontak hulle gerus vir verdere inligting by 022 713 2230/9.

KERKRAADSVERKIESING
Op die Kerkraadsvergadering van 9 Junie 2025 is die volgende persoon as diaken verkies:
Veroni Dicks – Kommunikasie

SENIOR LIDMATE
HERFSGENOTE-Byeenkoms: Ons senior volwassenes vergader op 26 Junie om 10:00 in die Pastoriesaal. Die sanger Marius Landman kom ons vermaak met die sing van bekende Country-liedjies. Moenie dié lekker geleentheid misloop nie! Al ons pensioenarisse – mans en dames – word vriendelik daarheen uitgenooi!
➔Bevestig asb jou bywoning by Suselna – 083 232 4163.

Silwer Vleuels Senior Klub: Hulle kuier saam op Woensdag-oggende vanaf 9:30 in Die Ou Waenhuis. Alle senior dames wat belangstel om by hulle aan te sluit, kan gerus vir Corlene van der Merwe kontak by 084 715 1169.

GEBED
Kan ons vir jou bid? Stuur gerus ‘n gebedsversoek na 082 256 6669 en ons sal saam met jou die saak aan ons hemelse Vader opdra in gebed. Dit kan anoniem wees of as jy sou verkies, kan jy jou naam byvoeg. Ons onderneem dat alle inligting as streng vertroulik hanteer sal word. Indien jy wil aansluit by die groep as ‘n gelowige wat saam met ons bid, kan jy ook jou naam en nommer na hierdie nommer stuur. Voeg net die woord “mede-gelowige” by. Ons benodig ook jou gebed tot ons Vader.

WIL JY BETROKKE RAAK?
Ons is so dankbaar vir die gees van eenheid en liefde wat ons byeenkomste vul. Soos ons aanhou groei en saam dien, nooi ons gemeentelede uit om ‘n meer aktiewe rol binne die diens te speel – hetsy deur verwelkoming by die deure, opneem van kollekte, bediening van nagmaal of bediening van tee/koffie. As jy geroepe voel om deel hiervan te wees, sal ons jou graag betrokke wil hê. Jou teenwoordigheid en deelname verryk ons tyd saam en help om ‘n verwelkomende, Geesvervulde atmosfeer te bevorder. Kontak asb die kerkkantoor by 022 713 1724 of vir Junius by 071 860 8029 indien jy beskikbaar en gewillig is.

VERJAARSDAE EN LIEF EN LEED
Baie geluk en seënwense aan almal wat in die volgende week verjaar

Baie geluk en seënwense aan almal wat in die volgende 4 weke verjaar:
22 Junie: Sonet Engelbrecht, Jan-Harm Burger, Gerbrand Burger, Esther Strydom, Petro Pieters, Kiani Murphy, Mpho Rapitsi, Anel Coetzee
23 Junie: Nicola Faasen
24 Junie: Kobus du Preez, Ilse-Mari Esterhuizen
25 Junie: Emily Burrows, Jean-Pierre Loubser, Amanda Heydenrych, Patricia v Zyl
26 Junie: Blackie Swarts, Brian Bowles, Cassie Carstens, Enrie Carosini (jr), Sarah van Dyk, Johan Coetzee (Nieuwe Rust)
27 Junie: Marieta Coetzee (Albatrossingel), Ihan Drotskie
28 Junie: Pierre Heydenrych, Andries du Toit
29 Junie: Koos Meiring,Wino van der Merwe, Annemari Pienaar, Jacques Payne, Ariana West
30 Junie: Tiaan le Roux (Vredenzicht)
1 Julie: Charmaine Retief, Danielle Carstens, Peppie Müller, Coenraad Visser (sr), Ronell Visser, Marie Venter, Kenny Groenewald
2 Julie: Zibby Matthee, Minnie von Zeuner, Anna-Marie Bester, Lara le Roux
3 Julie: Fernando Gomes, Jocelyn Rossouw, Demi Wilkinson
4 Julie: Anna-Maria Fourie, Hennie Smit, Sus Botes, Reghardt Kloppers, Maretha Wessels
5 Julie: Eugene le Roux, Sofia Meissenheimer, Millie van Dyk, Monja Boonzaaier, Michelle Wilkinson
6 Julie: Arnaldo Anker, Annshula Swartz
7 Julie: Elianah Bredenhann
8 Julie: Jaundé Thiart, Juanita Badenhorst, Koch Brand
9 Julie: Elmarie Vermaak, Juan Nel, Sebastiaan Esterhuizen, Luks van Nieuwenhuizen
10 Julie: Emma Joubert, Catherine de Jongh
11 Julie: Ian Hanekom, Bettie Lochner, Miencke Tredoux
12 Julie: Celesté Pienaar
13 Julie: Elna Laubscher, Yolanda la Grange, Louise Moag, Riaan Coetzee, Liesl Schwartz, Hennie Smit
14 Julie: Johnny Truter, Corrie Lochner, Mariska Wiid, Alex Pieters, Elizma Niemand, Nicolai Myburgh
15 Julie: Lourens van Wyk, Chantal van der Merwe
16 Julie: Berdine Schröder, Baba de Beer, Jorieka van Tonder, Annalize van Zyl, Marlize Grobbelaar
18 Julie: Joey Human, Mari Sinclair
19 Julie: Pieter Jonck, Jolina van Zyl, Jaco Carstens, Adéle van Schalkwyk, Minette Stofberg, Zilke Dames

Ons vra asb voorbidding vir lidmate en hulle gesinne / families wat worstel met siekte en ander buitengewone uitdagings – Talana Steyn

Ons loof en prys die Here vir getuienisse van verhoorde gebede.

* Ons dink met leedwese aan diegene wat in die afgelope tyd ‘n geliefde aan die dood afgestaan het – Johan Lotter