Woon en wandel deur die Woord
Spreuke 8:1-4, 22-31 en Psalm 8, Romeine 5:1-5,
Johannes 16:12-15

Gebedskers:
Ons bid vir persone met visuele gestremdhede.
Here, dankie dat U hulle ook dra deur die lewe se uitdagings.
BAIE WELKOM BY DIE EREDIENS!
SONDAG, 15 Junie: VADERSDAG
(Nasionale Biddag vir Blindes)
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by Instituut vir Blindes
• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens – Prediker Ds Brits Janse van Rensburg
GEEN Kinderkerk en Kategese as gevolg van langnaweek
• 10:00 Teedrinkgeleenheid in die Pastoriesaal – Almal is hartlik welkom!
SONDAG, 22 Junie: (Rehabilitasie-afhanklikes)
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by Jakhalsfontein Ministries
• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens – Prediker Ds Petri Coetzee
Die Kleuterkerk-kinders sowel as die Graad 1-3 kinders woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag dan na hulle lokale: 4 jaar tot Gr R – Die Ou Waenhuis. Gr 1 – Anneks en Pastoriesaal. Gr 2 + 3 – Ou Stalle.
Die Gr 4’s – 11’e woon die erediens soos gewoonlik by en het daarna kategese.
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal – Almal is hartlik welkom!
• 18:30 Jubelaand by Moedergemeente – Almal word hartlik daarheen uitgenooi!
SKOLE SLUIT 27 JUNIE
Geniet die Winter-skoolvakansie!
BESOEKERS
Welkom by ons erediens! As dit jou eerste keer by ons gemeente is, is ons so opgewonde om jou hier te hê. Jy is deel van ‘n familie waar liefde, geloof en gemeenskap bymekaar kom. Mag vandag se diens jou hart ophef, vir jou vrede bring, en jou inspireer op jou reis met God. Ons nooi jou uit, om na die diens saam met ons ‘n koppie tee/koffie te geniet in die pastoriesaal by die Kerk Sentrum. Ons sal graag met jou wil kennis maak. Daar is ‘n boek by die ingange waar jy jou besonderhede kan inskryf, en die Kerk Kantoor sal met jou kontak maak.
UITREIK NA VIOOLSDRIF
Ons gaan vanjaar weer uitreik na die gemeenskap van Vioolsdrif. Ons vertrek op 16 Julie 2025 en keer op 20 Julie 2025 terug. Jou enigste koste is jou vervoer, etes en billike verblyf.
Kontak gerus vir Koos Meiring, 083 240 5743, vir meer inligting. Oorweeg dit biddend en word deel van ons span!
BARMHARTIGHEID
Goeie tweedehandse klere teen billike pryse – Word gerus deel van ons WhatsApp-groep, Van my na jou, en kry goeie tweedehandse klere, wat ons as skenkings ontvang het, teen baie billike pryse te koop. Foto’s van die klere word elke Sondag opgesit.
➔ Stuur ‘n WhatsApp na Anne-Marie Laubscher (Barmhartigheidspan) by 082 327 1683 as jy deel wil word van die groep!
Brood en blikkie-projek: Ons is betrokke by ’n projek waar ons gemeente eenmaal per maand ±50 papiersakke met ’n halwe brood en ’n blikkie proteïenryke kos na Badisa neem om daar uitgedeel te word. Indien u ’n blikkie of twee vir dié doel wil bydra, kan dit asb in die boksies by die kerkdeure geplaas word.
Huis Wittekruin wegneem-etes: Huis Wittekruin verskaf heerlike wegneem-etes van Maandag tot Vrydag teen R40 ‘n ete.
Woensdae se ete sluit nagereg in en kos dan R45. Kontak hulle gerus vir verdere inligting by 022 713 2230/9.
SENIOR LIDMATE
Silwer Vleuels Senior Klub: Hulle kuier saam op Woensdag-oggende vanaf 9:30 in Die Ou Waenhuis. Alle senior dames wat belangstel om by hulle aan te sluit, kan gerus vir Corlene van der Merwe kontak by 084 715 1169.

VERJAARSDAE EN LIEF EN LEED
Baie geluk en seënwense aan almal wat in die volgende week verjaar
15 Junie: Carol von Wielligh, Joey Jacobs, Liam Gerber, Tiné Kraft
16 Junie: Silvia Volschenk, Johan Downing, Susan Lingervelder
17 Junie: Nicolise Carosini, Annette Smit, Shaun de Bruyn, Nadia de Vos
18 Junie: Carel Ludeke, Madri Nieuwoudt
19 Junie: Hannes Rossouw, Vivette van Wyk, James Mitchell, Riana du Preez, Lunhard Slabbert
20 Junie: Koba Jacobs, Alrene Coetzee, Evanke Hockl
* Ons vra asb voorbidding vir lidmate en hulle gesinne / families wat worstel met siekte en ander buitengewone uitdagings – Oom Johan Coetzee
* Ons loof en prys die Here vir getuienisse van verhoorde gebede.
* Ons dink met leedwese aan diegene wat in die afgelope tyd ‘n geliefde aan die dood
HUIS WITTEKRUIN
DR MOORE KERRIE & RYS
Op 4 Julie kom maak Dr Moore weer sy gewilde Kerrie & Rys (baie beesvleis en min rys). Bakkies word verkoop teen R45.00 per bakkie.
Kontak ons vir bestellings by 022 713 2230/9, en ondersteun asb hierdie projek! Bestellings kan afgehaal word by Huis Wittekruin vanaf 15:00.
DAMESOGGEND
NG KERK MOEDERGEMEENTE
NG Kerk Moedergemeente bied ‘n Damesoggend aan op Saterdag 21 Junie om 10:00 in die Pastoriesaal. Toegang is Gratis. Gassprekers is Sr Chrisna du Plessis: Die ontstaan en projekte van Siyabonga in Vredenburg en Elriza Coetzee: Hoe hou ek al die balle in die lug?
Gee jou naam by die kerkkantoor op vir getalle. Kom geniet die oggend saam met ander dames in ons kerk en gemeenskap!
LIDMAATSKAPBEWYSE
Vanaf Geref Kerk Stellenbosch & Stellenbosch: Barend L COETSEE en eggenote
Vanaf Porterville: Johan A PRINSLOO en eggenote