WOON EN WANDEL DEUR DIE WOORD
Genesis 1:1-2:4a; Psalm 8; 2 Korintïers 13:11-13; Matteus 28:16-20

GEBEDSKERS
Here, wees naby aan elkeen wat vandag U liefde en vrede nodig het.
Amen.
SONDAG, 31 MEI
BAIE WELKOM BY DIE EREDIENS!
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Badisa Weskus
• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens -Prediker: Ds Eric Basson
Kleuterkerk (4 jaar tot graad R) en graad 1-3 woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag daarna na hul lokale:
→ 4 jaar tot graad R: in die Waenhuis
→ Graad 1: in die Kerksentrum (Moria)
→ Graad 2: in die Stalle en Kerksentrum (Ararat)
→ Graad 3: Kerksentrum (Karmel)
→ Graad 4 tot 11 woon die erediens soos gewoonlik by en het kategese ná die diens.
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal na die erediens– Kom kuier gesellig saam!
SONDAG, 7 JUNIE
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Jeugwerk
• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Pinkster -Prediker: Ds Petri Coetzee
Kleuterkerk (4 jaar tot graad R) en graad 1-3 woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag daarna na hul lokale:
→ 4 jaar tot graad R: in dieWaenhuis
→ Graad 1: in die Kerksentrum (Moria)
→ Graad 2: in die Stalle en Kerksentrum
→ Graad 3: Kerksentrum (Karmel)
→ Graad 4 tot 11 woon die erediens soos gewoonlik by en het kategese ná die diens.
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal na die erediens – Kom kuier gesellig saam!
BESOEKERS
Welkom in ons gemeente. Mag jy vandag God se vrede, liefde en teenwoordigheid op ’n besondere manier beleef. Ons is dankbaar dat jy saam met ons kom aanbid.
GEBED
Kan ons saam met jou bid?
Stuur jou gebedsversoek (anoniem of met jou naam) per WhatsApp na: 082 256 6669.
Alle versoeke word streng vertroulik hanteer.
Indien jy graag deel wil wees van ons gebedsbediening, stuur asseblief jou naam en nommer met die woord “medegelowige”.
WOORD VAN DANK
Baie dankie aan al ons bedieningsleiers wat getrou hul tyd, energie en harte gee om die gemeente te dien. Julle toewyding en bereidwilligheid om ander te ondersteun word opreg waardeer.
STILWORD-GELEENTHEID
Kom breek weg van die alledaagse gejaagde lewe en word stil voor God. Ds. Petri Coetzee gaan ons begelei om te leer wat die “woestynbelewenis” beteken. Kom geniet die naweek saam met ons. Almal is baie welkom!
• Wat: Geestesverdieping-naweek (Retreat)
• Wanneer: 24–26 Julie 2026
• Waar: Swartriet, Jacobsbaai
• Koste: R1700.00p/p – verblyf en etes ingesluit
Kontak vir Juanita da la Harpe Coetzee by 079 881 0690 vir meer inligting.
BARMHARTIGHEID
Brood en blikkie-projek: Ons gemeente ondersteun maandeliks ’n projek saam met Badisa deur ± 50 papiersakke met brood en proteïenryke kos te voorsien.
Skenkings van blikkies kan in die boksies by die kerkdeure geplaas word. Kom ons help om die nood te verlig waar dit waarlik nodig is.
Huis Wittekruin wegneem-etes: Huis Wittekruin verskaf heerlike wegneemetes:
- Maandag tot Vrydag teen R50 ’n ete.
- Woensdae se ete sluit nagereg in en kos dan R55. Kontak hulle gerus by 022 713 2230/9.
DR. MOORE SE GEWILDE BEESVLEIS KERRIE & RYS
Dr. Moore se gewilde Kerrie & Rys is terug. Kom geniet heerlike tradisionele Kerrie & Rys, gemaak met sagte beesvleis en baie geur.
Datum:
5 Junie 2026
Prys:
R45 per bakkie
Bestellings:
Kontak Huis Wittekruin by: 022 713 2230/9
Afhaal:
Bakkies kan vanaf 15:00 afgehaal word. Ondersteun gerus hierdie mooi projek en kom geniet ’n smaakvolle bord Kerrie & Rys.
HUIS WITTEKRUIN VAKATURE
Daar is ‘n posisie vir Hoof Verpleegkundige beskikbaar by Huis Wittekruin indien iemand die vaardighede het om daarvoor aansoek te doen.
Kontakpersoon: Ronel, by 022 713 2230/9.
UITREIK NA VIOOLSDRIFT (15-19 JULIE 2026)
Ons nooi gemeentelede om deel te word van ons jaarlikse uitreik na Vioolsdrif. Die fokus is op praktiese hulp, gemeenskapsbetrokkenheid en geestelike bediening.
Daar is ook tyd vir saamkuier langs die Oranjerivier.
- Koste: eie vervoer en etes. Verblyf: tente (ander opsies beskikbaar).
- Kontak: Koos Meiring (083 240 5743) of;
- Ds. Koos Greeff (083 651 5686).
Kom ons gryp die geleentheid aan om saam as ‘n gemeente die gemeenskap met liefde te bedien.
EIENDOMME BEDIENING VRA HULP
Ons Eiendomme Bediening bestaan tans uit slegs twee lede wat verantwoordelik is vir die beplanning, koördinering en ondersteuning van die instandhouding van ons gemeente se geboue, terrein en tuine.
Hoewel Christo Bouwer die dag-tot-dag instandhouding hanteer en reël, is daar steeds baie ander take waarby die bediening betrokke is.
Indien jy kennis, ervaring of ’n hart het om te help met geboue, terrein of algemene instandhouding, nooi ons jou graag om deel te word van die span.
Kontak gerus die Kerkkantoor of Frikkie van der Merwe by 083 298 7638.
PASTORALE BEDIENING
Voel jy geroep om ander te ondersteun en hoop te bring? Sluit aan by ons Pastorale Bediening en help om mense deur moeilike tye te dra.
Wat behels dit?
- Ondersteuning en besoeke
- Luister en emosionele versorging
- Gebed en geestelike ondersteuning
- Bystand tydens siekte, verlies en uitdagings
Wie kan aansluit?
Enige lidmaat met ’n hart vir mense. Opleiding en leiding word voorsien.
Waarom betrokke raak?
- Groei geestelik en persoonlik
- Dien ander met liefde
- Wees deel van ’n omgee-span
“Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus.”
– Galasiërs 6:2
Stel jy dalk belang?
Kontak die kerkkantoor of Annari Engelbrecht by 083 313 5514 of skryf jou naam op by die inligtingsblaadjie in elke bank.
HULP BENODIG: WEBBLAD & SOSIALE MEDIA
Ons gemeente is op soek na iemand wat kan help met die bestuur van ons webblad en sosiale media. Indien jy belangstel of oor die nodige vaardighede beskik, sal ons dit baie waardeer.
Kontak: Heleen Heydenreich
Nommer: 082 567 0582
Opleiding is beskikbaar vir enigeiemand wat die vaardighede graag sou wou ontwikkel.

VERJAARSDAE EN LIEF EN LEED
Baie geluk en seënwense aan almal wat in die volgende week verjaar
31 Mei: Elmarie Hockly
1 Junie: Kallie Calitz (sr), JJ Nel, Christo Vlok, Carl Enslin, Denzil Holloway
2 Junie: Marlisa Williams
3 Junie: Brenda Barnes, Wim van der Merwe, Theron du Preez
4 Junie: Marianne Engelbrecht, André Kleynhans, Derrick van Wyk, Isabelle Eksteen
6 Junie: Jaco Thiart, Steven Bowles, Maejune Vorster
* Ons vra asb voorbidding vir lidmate en hulle gesinne / families wat worstel met siekte en ander buitengewone uitdagings.
* Ons loof en prys die Here vir getuienisse van verhoorde gebede.
* Ons dink met leedwese aan diegene wat in die afgelope tyd ‘n geliefde aan die dood afgestaan het.