24 Mei 2026

Facebook
WhatsApp
Inhoud
WOON EN WANDEL DEUR DIE WOORD

Handelinge 2:1-21; Psalm 104:24-34; 35b; 1 Korintïers 12:3b-13; Joh 20:19-23

GEBEDSKERS

Here, seën ons gemeente deur elke woord, bediening en ontmoeting. Amen.

SONDAG, 24 MEI

PINKSTERFEES
BAIE WELKOM BY DIE EREDIENS!
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Gemeente Ondersteuning

• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens -Prediker: Ds Petri Coetzee
Kleuterkerk (4 jaar tot graad R) en graad 1-3 woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag daarna na hul lokale:
4 jaar tot graad R: in dieWaenhuis  
Graad 1: in die Kerksentrum (Moria)
Graad 2: in die Stalle en Kerksentrum (Ararat)
Graad 3: Kerksentrum (Karmel)
Graad 4 tot 11 woon die erediens soos gewoonlik by en het kategese ná die diens.
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal na die erediens– Kom kuier gesellig saam!

SONDAG, 31 MEI

Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Badisa Weskus

• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Pinkster -Prediker: Ds Brits Janse van Rensburg
Kleuterkerk (4 jaar tot graad R) en graad 1-3 woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag daarna na hul lokale:
4 jaar tot graad R: in dieWaenhuis  
Graad 1: in die Kerksentrum (Moria)
Graad 2: in die Stalle en Kerksentrum
Graad 3: Kerksentrum (Karmel)
Graad 4 tot 11 woon die erediens soos gewoonlik by en het kategese ná die diens.
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal na die erediens – Kom kuier gesellig saam!

BESOEKERS

Welkom in ons gemeente. Mag jy vandag God se vrede, liefde en teenwoordigheid op ’n besondere manier beleef. Ons is dankbaar dat jy saam met ons kom aanbid.

GEBED

Kan ons saam met jou bid?

Stuur jou gebedsversoek (anoniem of met jou naam) per WhatsApp na: 082 256 6669.

Alle versoeke word streng vertroulik hanteer.

Indien jy graag deel wil wees van ons gebedsbediening, stuur asseblief jou naam en nommer met die woord “medegelowige”.

SENIOR LIDMATE

HERFSGENOTE – 28 MEI

Ons senior volwassenes vergader op 28 Mei om 10:00 in Die Ou Waenhuis vir ’n heerlike musiekoggend saam met Willie Traut, wat ons gaan vermaak met geliefde liedjies van Neil Diamond en Paul Simon.
Alle pensioenarisse, mans en dames, word hartlik uitgenooi.
Reserveer asseblief met Suselna by 083 232 4163 om jou teenwoordigheid te bevestig.

STILWORD-GELEENTHEID 

Kom breek weg van die alledaagse gejaagde lewe en word stil voor God. Ds. Petri Coetzee gaan ons begelei om te leer wat die ‘’woestynbelewenis’’ beteken. Kom geniet die naweek saam met ons. Almal is baie welkom! 

Wat:Geestesverdieping-naweek (Retreat)
Wanneer:24–26 Julie 2026
Waar: Swartriet, Jacobsbaai
Koste:R1700.00p/p – verblyf en etes ingesluit

Kontak vir Juanita da la Harpe Coetzee by 079 881 0690 vir meer inligting. 

BARMHARTIGHEID

Brood en blikkie-projek: Ons gemeente ondersteun maandeliks ’n projek saam met Badisa deur ± 50 papiersakke met brood en proteïenryke kos te voorsien.
Skenkings van blikkies kan in die boksies by die kerkdeure geplaas word. Kom ons help om die nood te verlig waar dit waarlik nodig is.

Huis Wittekruin wegneem-etes: Huis Wittekruin verskaf heerlike wegneemetes:

  • Maandag tot Vrydag teen R50 ’n ete.
  • Woensdae se ete sluit nagereg in en kos dan R55. Kontak hulle gerus by 022 713 2230/9.
KATEGESE KOSPAKKIES EN TOILETWARE

Ons nooi al ons kategesekinders om op 24 Mei saam te help om ons noodspens aan te vul deur nie-bederfbare kos of toiletware kerk toe te bring.
Elke kind sal ’n lysie ontvang waaruit 4–5items gekies kan word. Onthou asseblief om jou naam op ’n papiertjie binne-in die sak te sit vir ’n spesiale gelukkige trekking!
Baie dankie dat julle met oop harte help om vir ander om te gee.

DR. MOORE SE GEWILDE BEESVLEIS KERRIE & RYS 

Dr. Moore se gewilde Kerrie & Rys is terug. Kom geniet heerlike tradisionele Kerrie & Rys, gemaak met sagte beesvleis en baie geur.

Datum:
5 Junie 2026

Prys:
R45 per bakkie

Bestellings:
Kontak Huis Wittekruin by: 022 713 2230/9

Afhaal:
Bakkies kan vanaf 15:00 afgehaal word. Ondersteun gerus hierdie mooi projek en kom geniet ’n smaakvolle bord Kerrie & Rys.

HUIS WITTEKRUIN VAKATURE 

Daar is ‘n posisie vir Hoof Verpleegkundige beskikbaar by Huis Wittekruin indien iemand die vaardighede het om daarvoor aansoek te doen.
Kontakpersoon: Ronel, by 022 713 2230/9.

UITREIK NA VIOOLSDRIFT (15-19 JULIE 2026) 

Ons nooi gemeentelede om deel te word van ons jaarlikse uitreik na Vioolsdrif. Die fokus is op praktiese hulp, gemeenskapsbetrokkenheid en geestelike bediening.
Daar is ook tyd vir saamkuier langs die Oranjerivier.

  • Koste: eie vervoer en etes. Verblyf: tente (ander opsies beskikbaar).
  • Kontak: Koos Meiring (083 240 5743) of;
  • Ds. Koos Greeff (083 651 5686).

Kom ons gryp die geleentheid aan om saam as ‘n gemeente die gemeenskap met liefde te bedien.

DANKIE AAN ONS TEGNIESE BEDIENINGSPAN

Baie dankie aan al die lidmate wat getrou help met die klank, regstreekse uitsending, rekenaar en voorsang tydens ons eredienste. Julle bereidwilligheid, tyd en toewyding agter die skerms maak ’n groot verskil en help om elke diens ordelik, toeganklik en betekenisvol te laat verloop. Ons waardeer elkeen van julle se betrokkenheid en toewyding opreg.
Indien jy die behoefte het om ook betrokke te raak, kontak ons gerus.

Kontakpersoon: Dawie Mans by 082 331 3048.

PASTORALE BEDIENING

Voel jy geroep om ander te ondersteun en hoop te bring? Sluit aan by ons Pastorale Bediening en help om mense deur moeilike tye te dra.

Wat behels dit?

  • Ondersteuning en besoeke
  • Luister en emosionele versorging
  • Gebed en geestelike ondersteuning
  • Bystand tydens siekte, verlies en uitdagings

Wie kan aansluit?

Enige lidmaat met ’n hart vir mense. Opleiding en leiding word voorsien.

Waarom betrokke raak?

  • Groei geestelik en persoonlik
  • Dien ander met liefde
  • Wees deel van ’n omgee-span

“Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus.”
– Galasiërs 6:2

Stel jy dalk belang?
Kontak die kerkkantoor of Annari Engelbrecht by 083 313 5514 of skryf jou naam op by die inligtingsblaadjie in elke bank.

LIDMAATSKAPBEWYSE

Vanaf Lourensrivier – Strand: Wilana VERSTER

VERJAARSDAE EN LIEF EN LEED

Baie geluk en seënwense aan almal wat in die volgende week verjaar

24 Mei: Lienka Engelbrecht
25 Mei: Marlene Engelbrecht, Jan Koch
26 Mei: Gema Carosini
27 Mei: Michelle Steyn, Wilna Vollgraaf, Kayla van Tonder, Liza-Marié Dames
28 Mei: Annatjie Baard, Bertus Vorster, Adriaan Briel
29 Mei: Barbara Loubser, Millie Koekemoer
30 Mei: Steven J. van Rensburg, Lizette van Zyl, Paul Pretorius, Carel Cronjé

* Ons vra asb voorbidding vir lidmate en hulle gesinne / families wat worstel met siekte en ander buitengewone uitdagings.

* Ons loof en prys die Here vir getuienisse van verhoorde gebede.

* Ons dink met leedwese aan diegene wat in die afgelope tyd ‘n geliefde aan die dood afgestaan het.