Ons gemeente is geseënd met ’n verskeidenheid bedieninge waarin lidmate hul gawes kan uitleef en ander tot seën kan wees. Elke bediening het ’n unieke fokus, maar saam vorm hulle die hart van ons geloofsgemeenskap.
Die Ekologiebediening is gebore uit die hart van omgee. Omgee vir die skepping, omgee vir mense, omgee vir onsself en ten diepste omgee vir God. Daarmee saam is hierdie bediening gebore vanuit ’n verwondering en bewondering vir God se hande werk. Ons doel is om saam te dink oor ons verantwoordelikheid as gelowiges rondom God se skepping en ons saamleef daarmee en om prakties iets rondom dit te doen.
Kontak die kerkkantoor by 022 713 1724 vir meer inligting.
Ons skep die ruimte vir ons jeug om hulle geloof uit te leef deur bedieninge gefokus op hulle spesifieke ouderdomsvoorkeure
Kontak vir Christine Dixon by 084 510 5678 vir meer inligting.
Ons jong volwassenes se eiesoortige lus vir die lewe word ondersteun met omgeegroepe en ander geleenthede.
Kontak vir Ds. Brits by 073 008 6732 vir meer inligting.
Ons skep geleenthede om vroue se unieke behoeftes en vreugdes te vier.
Kontak vir Colleen Kotze by 083 963 8120 vir meer inligting.
Senior volwassenes het eiesoortige behoeftes wat ons aanspreek met byeenkomste en gesellighede. Ons wil ons senior volwassenes ondersteun en begelei om hulle besondere talente uit te leef in ons gemeenskap tot seën van mekaar en ander.
Herfsgenote
Herfsgenote is ’n lewendige groep senior mans en dames wat gereeld saamkom vir kuier, musiek, en geselligheid. Elke byeenkoms bied ’n spesiale program – van vermaak tot bemoedigende gesprekke. Almal is welkom om deel te wees van hierdie warm en uitnodigende pensioenariskring.
Kontak vir Suselna Theart by 083 232 4163 vir meer inligting.
Silwer Vleuels
Silwer Vleuels is ’n senior volwassenes klub wat Woensdagoggende in Die Ou Waenhuis saamkuier. Hierdie groep bied ‘n plek vir vriendskap, geloof en ondersteuning, met ’n fokus op saamwees en geestelike verdieping.
Kontak vir Corlene Van Der Merwe by 084 715 1169 vir meer inligting.
Ons skep geleenthede vir mense op ’n praktiese manier ’n verskil te maak in ander se lewens deur nood te verlig en die Evangelie te bemiddel.
Ons verlig die nood in ons gemeente deur aktief nood te identifiseer en aan te spreek deur volhoubare oplossings te skep in samewerking met ander rolspelers in ons gemeenskap.
Kontak vir Anne-Marie Laubscher by 082 327 1683 vir meer inligting.
Ons skep ’n warm, hartlike atmosfeer in ons gemeente deur die skep van ruimtes en geleenthede waar mense mekaar kan ontmoet en geniet sodat hulle welkom en deel van die gemeente voel.
Kontak vir Junius Minnaar by 071 860 8029 vir meer inligting.
Ons reël en ko-ordineer gemeente funksies en feeste om God se seën saam te vier en Hom te eer.
Kontak vir Marius Coetzee by 082 978 4407 vir meer inligting.
Ons ondersteun lidmate in hulle unieke uitlewing en interaksie met God tydens ons eredienste en ander tye van toewyding en stilword.
Kontak die kerkkantoor by 022 713 1724 vir meer inligting.
Ons ondersteun ons boere en besighede met spesifieke geleenthede gemik op hulle eiesoortige behoeftes
Kontak die kerkkantoor by 022 713 1724 vir meer inligting.
Ons versorg ons gemeente se eiendomme en ontplooi tegnologie om die bediening te ondersteun.
Kontak die kerkkantoor by 022 713 1724 vir meer inligting.
Ons kyk na ons amptenare en skep ’n omgewing vir ons mense wat hulle toerus en ondersteun.
Kontak vir Lizette Lock by 082 876 4890 vir meer inligting.
Die gemeente se finansies word met verantwoordelikheid bestuur en geleenthede om te woeker met ons bates word ondersoek en ontwikkel.
Kontak vir Heinrich Nel by 073 290 7531 vir meer inligting.
Ons voorsien die gemeente met relevante inligting vanuit die gemeente, met die gebruik van alle platvorms tot ons beskikking.
Kontak die kerkkantoor by 022 713 1724 vir meer inligting.