Woon en wandel deur die Woord
Jesaja 5:1-7 en Psalm 80:1-2, 8-19, Jeremia 23:23-29 en Psalm 82, Hebreërs 11:29-12:2, Lukas 12:49-56

Gebedskers:
Ons bid vir die werk wat in ons hawens onder die Seelui gedoen word.
BAIE WELKOM BY DIE EREDIENS!
SONDAG, 17 Augustus:
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Seelui Saldanha
• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens – Prediker: Ds Petri Coetzee
➔Die Kleuterkerk-kinders sowel as die Graad 1-3 kinders woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag dan na hulle lokale: 4 jaar tot Gr R – Die Ou Waenhuis. Gr 1 – Anneks en Pastoriesaal. Gr 2 + 3 – Ou Stalle.
➔ Die Gr 4’s – 11’e woon die erediens soos gewoonlik by en het daarna kategese.
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal – Almal is hartlik welkom!
• 18:30 Jubelaand by Moedergemeente – Almal word hartlik daarheen uitgenooi!
SONDAG, 24 Augustus:
Dankie dat u met u offer by die deure inhaak by
Ringsake
• 8:40 Gebedsgeleentheid in die konsistorie – Almal is hartlik welkom!
• 9:00 Oggenddiens NAGMAAL – Prediker Ds Brits Janse van Rensburg
† 40 DAE REEKS – Saam is ons beter †
➔Die Kleuterkerk-kinders sowel as die Graad 1-3 kinders woon die Kindermoment aan die begin van die erediens by en verdaag dan na hulle lokale: 4 jaar tot Gr R – Die Ou Waenhuis. Gr 1 – Anneks en Pastoriesaal. Gr 2 + 3 – Ou Stalle.
➔ Die Gr 4’s – 11’e woon die erediens soos gewoonlik by en het daarna kategese.
• 10:00 Teedrinkgeleentheid in die Pastoriesaal – Almal is hartlik welkom!
KLEINGROEPE
Indien jy graag by ‘n kleingroep wil aansluit, kontak asseblief die kerkkantoor by 022 713 1724 of skryf jou naam op die lyste wat voor in die kerk beskikbaar is.
MOEDERGEMEENTE DANKFEES
Vrydag 26 September en Saterdag 27 September op ons kerkterrein.
Die hele gemeente word uitgenooi om te kom deel in dié Feesgeleentheid!!!
➡ BESTANDELE, PRODUKTE EN KONTANT – Ons sal dit baie waardeer indien u ons, soos in die verlede, kan help deur die bring van bestandele, te wete kookolie, koekmeel, suiker, versiersuiker, margerien (nie “Lite”), kakao, jelliepoeier, Ultra Mel vla, Ideal melk, volroom kondensmelk, karamel kondensmelk, ingelegde vrugte, eiers.
➡ Kontantbydraes – Kan asb in ons gemeente-rekening inbetaal word, met verwysing – BASAAR
GOEIE NUUS VIR GR 7’S BYBELPROJEK
Vanjaar haak die Kategeseskool in by een van die projekte van die Bybelgenootskap, te wete die beskikbaarstelling van Bybels aan Graad 7-leerders in skole in die armste dele van ons land. Graad 7-leerders is die teikengroep vir hierdie projek omdat hulle reeds met begrip kan lees en aan die begin van hulle tienerjare staan. Die Bybelse boodskap kan help met die vorming van ‘n vaste waardestelsel wat hulle kan help om die regte keuses te maak en wanneer hulle hoërskool toe gaan getrou aan hierdie beginsels te bly. ‘n Bybel kos R125 en ons mikpunt is om ten minste 100 Bybels te borg, dws R12 500 in te samel. Ons maak staat op elkeen in die gemeente se ondersteuning van dié verdienstelike projek!
BESOEKERS
Welkom by ons erediens! As dit jou eerste keer by ons gemeente is, is ons so opgewonde om jou hier te hê. Jy is deel van ‘n familie waar liefde, geloof en gemeenskap bymekaar kom. Mag vandag se diens jou hart ophef, vir jou vrede bring, en jou inspireer op jou reis met God. Ons nooi jou uit, om na die diens saam met ons ‘n koppie tee/koffie te geniet in die pastoriesaal by die Kerk Sentrum. Ons sal graag met jou wil kennis maak. Daar is ‘n boek by die ingange waar jy jou besonderhede kan inskryf, en die Kerk Kantoor sal met jou kontak maak.
BARMHARTIGHEID
Goeie tweedehandse klere teen billike pryse – Word gerus deel van ons WhatsApp-groep, Van my na jou, en kry goeie tweedehandse klere, wat ons as skenkings ontvang het, teen baie billike pryse te koop. Foto’s van die klere word elke Sondag opgesit.
➔ Stuur ‘n WhatsApp na Anne-Marie Laubscher (Barmhartigheidspan) by 082 327 1683 as jy deel wil word van die groep!
Brood en blikkie-projek: Ons is betrokke by ’n projek waar ons gemeente eenmaal per maand ±50 papiersakke met ’n halwe brood en ’n blikkie proteïenryke kos na Badisa neem om daar uitgedeel te word. Indien u ’n blikkie of twee vir dié doel wil bydra, kan dit asb in die boksies by die kerkdeure geplaas word.
Huis Wittekruin wegneem-etes: Huis Wittekruin verskaf heerlike wegneem-etes van Maandag tot Vrydag teen R40 ‘n ete. Woensdae se ete sluit nagereg in en kos dan R45. Prys verhoging vanaf 1 Julie – Maandag tot Vrydag teen R50 ‘n ete, en Woensdae se ete wat nagereg insluit sal R55 beloop. Kontak hulle gerus vir verdere inligting by 022 713 2230/9.
VROUE-ONTBYT
NG Kerk Vredenburg bied aan: Vroue-ontbyt saam met Lindie Strydom op 25 Oktober 2025 om 10:00 te NG Kerk Langebaan Kerksaal. Koste beloop R250.00 per persoon. Vir besprekings kontak Colleen Kotze by 083-963-8120. Moenie hierdie geleentheid misloop nie!
SENIOR LIDMATE
HERFSGENOTE-Byeenkoms: Ons senior volwassenes vergader op 28
Augustus om 10:00 in die Waenhuis. Ons gaan die koue verdryf en die stywe ledemate’n bietjie losmaak met stoeljoga! Moenie hierdie pret-geleentheid misloop nie! Al ons pensioenarisse – mans en dames – word vriendelik daarheen uitgenooi! Vir meer inligting, kontak gerus vir Suselna by 083 232 4163.
Hulpverlening aan senior volwassenes: Ons is besig om ‘n databasis tot stand te bring van persone in ons gemeente wat bereid is om uit te reik na die senior volwassenes in ons gemeente. Manne wat bereid is om klein “handyman”-werkies te gaan doen of dames wat kan help met vervoer na die winkel of die dokter of om net ‘n besoekie by ‘n eensame persoon te gaan aflê, word vriendelik versoek om hulle name by Suselna (083 232 4163) op te gee. Senior volwassenes wat bogenoemde hulp benodig, kan ook vir Suselna kontak.
Silwer Vleuels Senior Klub: Hulle kuier saam op Woensdag-oggende vanaf 9:30 in Die Ou Waenhuis. Alle senior dames wat belangstel om by hulle aan te sluit, kan gerus vir Corlene van der Merwe kontak by 084 715 1169.
GEBED
Kan ons vir jou bid? Stuur gerus ‘n gebedsversoek na 082 256 6669 en ons sal saam met jou die saak aan ons hemelse Vader opdra in gebed. Dit kan anoniem wees of as jy sou verkies, kan jy jou naam byvoeg. Ons onderneem dat alle inligting as streng vertroulik hanteer sal word. Indien jy wil aansluit by die groep as ‘n gelowige wat saam met ons bid, kan jy ook jou naam en nommer na hierdie nommer stuur. Voeg net die woord “mede-gelowige” by. Ons benodig ook jou gebed tot ons Vader.
WIL JY BETROKKE RAAK?
Ons is so dankbaar vir die gees van eenheid en liefde wat ons byeenkomste vul. Soos ons aanhou groei en saam dien, nooi ons gemeentelede uit om ‘n meer aktiewe rol binne die diens te speel – hetsy deur verwelkoming by die deure, opneem van kollekte, bediening van nagmaal of bediening van tee/koffie. As jy geroepe voel om deel hiervan te wees, sal ons jou graag betrokke wil hê. Jou teenwoordigheid en deelname verryk ons tyd saam en help om ‘n verwelkomende, Geesvervulde atmosfeer te bevorder. Kontak asb die kerkkantoor by 022 713 1724 of vir Junius by 071 860 8029 indien jy beskikbaar en gewillig is.
WARM ONTHAAL VOOR DIE EREDIENS
Vanaf 08:10 tot 08:40 word daar tee en koffie bedien aan diegene wat vroeg by die kerk arriveer. Die doel is om ’n gesellige atmosfeer te skep waar mense gemaklik kan saamkuier oor ’n koppie tee of koffie — ’n eenvoudige gebaar, wat ’n hartlike en verwelkomende gevoel bevorder. Die toetslopie vind plaas op 17 Augustus, en sal ook geskied elke Sondag gedurende die 40 dae reeks.
Die bediening sal vanuit ’n stasie binne die kerk plaasvind. Weggooibekers sal voorsien word, en die span sal voor die voorsang begin, vir u verwelkom en bedien. Ons fokus op die skep van ’n gasvrye en hartlike ruimte voor en tydens ons eredienste. Ons nooi u uit om ‘n lekker koppie drinkgoed saam met ons te geniet. Elkeen se betrokkenheid maak ’n verskil!

VERJAARSDAE EN LIEF EN LEED
Baie geluk en seënwense aan almal wat in die volgende week verjaar
17 Augustus: Pierre Dunn, Pierre Smith
18 Augustus: Lisbé Laubscher, Henko Jansen, Elriza Coetzee
19 Augustus: Johan Nortje, Franco du Bois, Adriandré Spies
20 Augustus: John Chalmers, Shaun Hanekom, Amelia Mostert
21 Augustus: Coenie Feyt, Helena Schnell, Mia van Niekerk, Cliffie Classen
22 Augustus: Altus Pienaar, Chris Pretorius, Reinhardt Bezuidenhout, Kyla van Heerden, Lauren Uys
23 Augustus: Jerome Laubscher, Evert la Grange, Elaine Bowles, Elize Schoeman, Mia de Kock
* Ons vra asb voorbidding vir lidmate en hulle gesinne / families wat worstel met siekte en ander buitengewone uitdagings
* Ons loof en prys die Here vir getuienisse van verhoorde gebede.
* Ons dink met leedwese aan diegene wat in die afgelope tyd ‘n geliefde aan die dood afgestaan het